|
Showing 1 - 7 of
7 matches in All Departments
Die digter ondersoek die slopingsproses wat op sowel fisiese as
emosionele vlak voltrek word. Dit affekteer onder andere huise en
tuine maar ook menslike verhoudings en die kort bestek van die mens
se lewe. Die tou is hier 'n betekenisvolle simbool wat hede en
verlede verbind. Teenoor aftakeling en afslyting staan die herstel
van die gees in menslike verhoudings, groei, die behoud van
herinnering en beweging deur ruimtes en ervaring om nuwe
moontlikhede oop te maak.
Hierdie bundel het nie verniet die subtitel "'n Reisjoernaal" nie,
want hier word poeties verslag gedoen van ’n reis na Europa. Byna
soos in 'n dagboek word die voorbereidings, die heen- en
terugvlugte, die besoek aan vier lande en die afloop van die reis
aan die leser voorgehou. Die verslag bestaan egter nie net oor
beskrywings van toeriste-aantreklikhede nie, maar sluit ook
boeiende interaksies met die inwoners van die ooste van Engeland,
Vlaandere, Nederland en Tsjeggie in. Die verteller is deurentyd
bewus van die lae van die geskiedenis oor hierdie plekke en die
neerslag wat dit in verskillende kunsvorme gevind het. Nuus uit
Suid-Afrika staan dikwels ook in ironiese kontras met wat die
reisigers in die vreemde ervaar. Duiwe vorm ’n deurlopende motief:
Die enigmatiese figuur van die duiwedanser stuur die verteller en
sy reisgenoot weg, maar hulle weet dat hulle soos die duif wat Noag
uitgestuur het, weer sal terugkeer. Aan die einde van die bundel
neem die duiwedanser ’n onheilspellende gedaante aan, en die
verteller besin oor die ligtheid en kortstondige vreugde van die
reis, soos ’n donsveer wat in die wolke weggeblaas word.
Liefland is in vyf afdelings verdeel. Reeds heel in die begin lees
ons "Onthou die aarde nog die krag/ wat dit gevorm het/ die berge,
onthou die berge/ die lawa/" en die vers sluit later af met die
woorde "Onthou die liefde die niks". Die digter skroom nie om
verskillende fasette van ons land en die tyd waarin ons woon te
ontgin nie, of dit gaan oor die vrou wat sterf langs die pad, 'n
moord op Bitterfontein, 'n kind wat deur bendes geskiet word in
Waterbergstraat, bergies of straatkinders, 'n bom wat ontplof.
Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van "Die afwesigheid van
berge vorm" slaan die leser met die een kragtige golf van poetiese
besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op die reis blyk die
reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met
stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n
alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die
besinnings, die fantasiee waartoe die bewussyn geskok word. Maar
die spreker is sterwend in hierdie land. Trouens, hierdie land sing
dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke,
cliches en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van
’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n
aktuele een.
|
|