Met die publikasie van Die wegraak van Frans Joosten (2004) begewe
Barend hom op die gebied van die geskiedenis. Dit is die verhaal
van die moord op Frans Joosten waarvoor sy vrou en twee slawe
gevonnis word tot verwurging, blakering, empalering en
geledebraking. Die verhaal is ook van belang vanwee die rasse- en
maatskaplike implikasies daarvan deurdat Maria Joosten, 'n nooi
Mouton van Hugenote-afkoms, 'n intieme verhouding met een van die
slawe gehad het. Die verhaal van Joosten se verdwyning en die
eindelike ontdekking van die waarheid word feitelik oorgedra en
maak van die werk 'n boeiende historiese dokument.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!