0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (113)
  • R100 - R250 (391)
  • R250 - R500 (827)
  • R500+ (80)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos 1
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Rut se skoonmoeder Naomi wil teruggaan na Bethlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar.

In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met almal gee. Hier triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas.

Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en ’n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.

Die Wet Van Gauteng (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Die Wet Van Gauteng (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kapteine McKelly en Mhlanga ontmoet op die misdaadtoneel van ’n mislukte plaasaanval in Muldersdrift. Nog ’n lyk met ’n gapende linkeroogkas word gevind. Dit bring die getal slagoffers wat vanaf Februarie in die Gauteng-area met dieselfde modus operandi vermoor is op ses te staan.

Die wet van Gauteng het ’n eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, korrupsie en geldwassery. Hoogs leesbaar, aksiebelaaid en meesleurend.

Polsslag (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Polsslag (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz 1
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.

Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is ’n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

’n Meesleurende spanningsroman deur Marie Lotz, die skrywer van Roofdier.

Doolhof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Doolhof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes.

’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle.

Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback): Herman Lategan Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse (Afrikaans, Paperback)
Herman Lategan
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.

In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak.

Al gewonder wat ’n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.

Vloek (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Vloek (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R454 Discovery Miles 4 540 Ships in 2 - 4 working days

In Rudie se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. In Vloek is Carl terug. Hy kan na SA kom – sy bannelingstatus uitgewis, teen ’n prys. “Ons vergeet jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n lykbesaaide saak van internasionale belang help ontrafel. Nou sal hy weer soos ’n volbloedspeurder moet redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los.

Bloedbande (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Bloedbande (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg?

Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Leeumens (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Leeumens (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R310 Discovery Miles 3 100 Save R55 (15%) Ships in 4 - 8 working days

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

Kwaaiwater (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Kwaaiwater (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R365 R342 Discovery Miles 3 420 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Speuradjudant Storm van der Merwe is terug vir die grootste uitdaging van haar loopbaan. Al is sy steeds besig om haar pa se dood twee jaar tevore te verwerk.

Intussen hou Hermanus ’n eerste skrywersfees. Deel van Storm se afgesaagde verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid-regulasies uiteindelik opgehef word. Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie. Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind. Vier en twintig uur later kom ’n visterman af op nóg ’n lyk – weer ’n vrou, dié keer jonk en swart. En dan is daar ’n derde slagoffer, ’n belangrike kulturele rolspeler op die dorp. Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom hierdie drie?

Storm is so toegegooi onder werk, sy is skoon bly oor oudkollega Andreas Moerdyk se knaende aanbod om haar te help. En al sukkel sy om dit aan haarself te erken, is dit nogals lekker om ’n slag weer spanmaats te wees . . .

Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...

Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel.

Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen.

Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype. Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel.

Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 4 - 8 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Die verdwyning van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback): Zuretha Roos Die verdwyning van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback)
Zuretha Roos
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Ships in 5 - 7 working days

Op ’n winterdag in 1945 ontferm ’n kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ’n driejarige halwe weeskind – Mina Afrika. Hulle wil haar graag ’n kans in die lewe gee. Terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan dryf die verraderlike daad van ’n ryk jong wit man haar weg uit die Vallei, laat haar beland in ’n eindelose spiraal van bedrog. ’n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses.

Katvis (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Katvis (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes 1
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Na ’n huwelik van twaalf jaar wat sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp was, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, ’n koff er en haar viool in die kar. Sy wil die deur fi naal toetrek op ’n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister.

Nie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om ’n nuwe begin te maak nie. Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, ’n gastehuis op ’n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind.

Maar binne minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net ’n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van ontgogeling. Hier, in ’n donker kelder, gekatvis deur ’n gewetenlose bedrieër, is elke oorlewingsminuut suiwer grasie.

Die Verevrou (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Verevrou (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Monster (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Monster (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer.

Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

Moederland (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moederland (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang, voorheen bekend as Bloemfontein. Maar swangerskap sonder ’n genetiese toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig, ’n robot wat ontwerp is om ongewenste lewens te beëindig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Jenesis is hartgebroke. Met haar hele hart smag sy daarna om vir Adam te vertel van die twee seuntjies wat nes hý lyk. Maar Adam is weg. Haar halsstarrige siening oor die huidige bewind en haar onvermoë om in te sien dat slegs die elite in die slimstede floreer, het hom verdryf. Vir haar bestaan gewone burgers nie, diegene wat na die buitewyke van die oorloggeteisterde ou stede uitgewerp word om van honger te sterf.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Verkeerde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 1
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Liela Oloffson se ouers is in ’n huisbrand oorlede toe sy tien jaar oud was, maar vandag het sy alles wat meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag spoorloos en kaptein Kgomotso vra gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo se hulp.

Soos ’n bloedhond volg Ami Liela se spoor van waar sy laas by ’n Engen-garage in Johannesburg gesien is. Maar waarom lyk dit op die CCTV-kamera of Liela alleen van die garage wegry? Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou volg op Minder As Niks, maar kan ook alleen gelees word.

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van Billy Foster En Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R399 R374 Discovery Miles 3 740 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die roman is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster se dogter, Helena; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns.

’n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.

Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk): Marita van der Vyfer Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk)
Marita van der Vyfer
R297 Discovery Miles 2 970 Ships in 4 - 8 working days

Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ’n verwaarloosde huis op ’n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ’n vakansiehuis. ’n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen.

Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander.

Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.

Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback): PJO Jonker Die Onsigbare (Afrikaans, Paperback)
PJO Jonker
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

“Die Onsigbare is ’n rare spin van die tradisionele plaasroman . . . bevestigend, andersmakend en uiteindelik vierend.” – Frederik de Jager

“’n Mens moet dit verwelkom as ’n profetiese roman van ons tyd.” – Kerneels Breytenbach

Droomjagter (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Droomjagter (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Gaan hulle mekaar vind of vernietig?

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf.

Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?

Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig?

Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 8 working days

Dit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks.

Hierdie keer word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ’n courtisane wat eens op ’n tyd betrokke was by ’n mensehandelsindikaat.

Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ’n groter monster is.

Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Leon van Nierop Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Leon van Nierop
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 8 working days

’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie.

Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word.

’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie.

Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Dolos
Jaco Wolmarans Paperback R370 R347 Discovery Miles 3 470
Vuurvoel
Elmarie Viljoen-Massyn Paperback R335 R314 Discovery Miles 3 140
Koors
Deon Meyer Paperback  (4)
R375 R352 Discovery Miles 3 520
Rooigety
Bets Smith Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Laaste Kanariegeel Notaboek
Anchien Troskie Paperback R350 R328 Discovery Miles 3 280
Jagter
Bettina Wyngaard Paperback R300 R277 Discovery Miles 2 770
Help, Help - Stories
Nataniel Paperback R310 R291 Discovery Miles 2 910
Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings
Rudie van Rensburg Paperback R295 R277 Discovery Miles 2 770
Geheim Van Die Gruwel Sand
Zirk van den Berg Paperback R360 R337 Discovery Miles 3 370

 

Partners