0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (589)
  • R250 - R500 (799)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Joan of Arc, vol.1 - The Authorized Uniform Edition (Afrikaans, Hardcover): Samuel Clemens, Mark Twain Joan of Arc, vol.1 - The Authorized Uniform Edition (Afrikaans, Hardcover)
Samuel Clemens, Mark Twain
R808 Discovery Miles 8 080 Ships in 10 - 15 working days

This fictionalized "biography" told by an intimate companion of Joan of Arc was thought by Mark Twain to be his finest work. It was hugely popular in its time, and while the tastes of subsequent generations may have elevated HUCKLEBERRY FINN and THE MYSTERIOUS STRANGER to a higher level, JOAN OF ARC still remains one of Twain's most colorful and passionately-imagined books.

Die Laaste Jagtog (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Die Laaste Jagtog (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R80 Discovery Miles 800 Ships in 4 - 8 working days

'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer. En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met ’n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend. Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore – vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.

Fred Se Storie (Afrikaans, Paperback): Lien Roux-de Jager Fred Se Storie (Afrikaans, Paperback)
Lien Roux-de Jager
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days
Skadustemme (Afrikaans, Paperback): Joanne Macgregor Skadustemme (Afrikaans, Paperback)
Joanne Macgregor
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days

In die debuutroman (wat in Engels publiseer is as Dark whispers) onthul een van Megan Wright, 'n sielkundige, se kliente dat sy deur 'n snydokter wat in ginekologiese operasies spesialiseer, geskend is. Dit word duidelik dat die gewraakte operasie geen ongeluk was nie. Die vrywaringsbrief wat die pasient vooraf moes teken, maak dit egter onmoontlik om die betrokke dokter te laat vervolg. Toe Megan haar kom kry, is sy daarop uit om die dokter te ontbloot en te keer dat hy nog vrouelewens vernietig. Veral toe sy uitvind dat hy 'n hele paar ander pasiente ook geskend het, soms so erg dat hulle nooit sal kan kinders he nie. Nie een van die klagtes wat teen die dokter gele is, was suksesvol nie. Verwikkelinge in Megan se persoonlike lewe word meesterlik met die verhaal se hoofspanningslyn vervleg.

Vir altyd (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Vir altyd (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R227 Discovery Miles 2 270 Ships in 5 - 7 working days

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is?

Afstande (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh Afstande (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh 1
R427 Discovery Miles 4 270 Ships in 4 - 8 working days

Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire.

He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet.

Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.

Tirza (Afrikaans, Paperback): Arnon Grunberg Tirza (Afrikaans, Paperback)
Arnon Grunberg; Translated by Lina Spies
R92 Discovery Miles 920 Ships in 4 - 8 working days

Terwyl voorberei word vir die partytjie wat hy gereel het om sy oogappel-jongste, Tirza, se laaste skooldag te vier, leer die leser gaandeweg dat alles nie pluis is in Jurgen Hofmeester se skynbare rykmansbestaan nie, en dat Hofmeester eintlik verbete vasklou aan die laaste bietjie wat hy nog van sy skyngeluk oorhet.

Dubbelfoto (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Dubbelfoto (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

'n Versameling kortverhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld en strek van die ernstige tot die komiese. Met uiteenlopende verhale wat sowat 'n eeu bestryk (beginnende op 'n plaas in die Kamdeboo en eindigend in die stad) word byna kaleidoskopies gekyk na lewens, plekke, indrukke en ervarings. Deurlopende motiewe soos die bentwood-stoel, familiefoto's en 'n driewel bind die verhale tot 'n boeiende eenheid.

Soek die koek! (Afrikaans, Hardcover): Soek die koek! (Afrikaans, Hardcover)
1
R68 Discovery Miles 680 Ships in 4 - 8 working days
Taxi Staanplek-Stories (Afrikaans, Paperback): G.A. Jooste Taxi Staanplek-Stories (Afrikaans, Paperback)
G.A. Jooste
R461 Discovery Miles 4 610 Ships in 5 - 8 working days

Taxi is 'n versameling stories uit en vir Afrika. Met die makorakora-taxi van die storie as voertuig word daar deur Suid-Afrika gereis: deur herinneringe aan vervloe jare en oor kontoere van die eietydse landskap; verby landelike uitsigte op grasbulte, beeste en kaalgeveegde werfies tot die dekor van die grootstad, voorstad en township; langs die stasies van vreugde en pyn op die lewenspaaie van die land se mense. Op reis word daar telkens aangedoen by 'n nuwe staanplek: feestelike byeenkoms, stokvel, boereplaas, straatkafee, township square of sjebien. Die eindbestemming: leesplesier in 'n taal wat self soos 'n landskap ontplooi.

Noodvlug vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback): Jaco Versfeld Noodvlug vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback)
Jaco Versfeld
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock

Dokter Isabelle Cronjé geniet haar loopbaan as vlugdokter, al bevind sy haar dikwels in die skadu van haar pa, die hospitaalgroep se grootbaas.

Dan rig een van haar ekskêrels sy visier op haar pa se pos en skielik is Isabelle se loopbaan en lewe in gevaar. Haar enigste bondgenoot is die lugambulans se dodelik aantreklike instaanvlieënier, Benjamin, maar hy het sy eie bagasie.

Gaan Benjamin haar deur hierdie onstuimige vlug kan stuur of is hy inderwaarheid die oorsaak van haar probleme?

Onder Hoe Sterre (Afrikaans, Hardcover): Abraham H. De Vries Onder Hoe Sterre (Afrikaans, Hardcover)
Abraham H. De Vries
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 8 working days

Stories bevat die enigste waarhede waarvan 'n mens seker kan wees, se die gevierde storieverteller Abraham H. de Vries. In hierdie bundel verhale vra hy telkens wat die waarheid van wonderbaarlike gebeure rondom Kersfees is: Wie het soveel deernis met die mens? Wie weet so goed van ons diepste nood? Waar pas ons in? Wie sorg so sorgvuldig vir alles? Wie is die groot regisseur, wie het die script van die lewensdrama van 'n clown en sy redder geskryf? Maar hierdie verhale wil ons eintlik weer van die misterie van Kersfees bewus maak, of dit nou Kersgebeure in die Klein Karoo of in die verre berge van Assisi is. Die verhale wil ook diegene gedenk wat "die ware gees van Kersfees, die vrede op aarde en die welbehae in die mens wakker hou". Onder hoe sterre is eg Suid-Afrikaanse verhale binne die groot Kerstradisie wat ’n plek op elke boekrak verdien.

Ena Murray Keur 16 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 16 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R245 R227 Discovery Miles 2 270 Save R18 (7%) Ships in 5 - 7 working days

In Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man wil skei. In Skaduwees van gister veroorsaak nuwe maatreëls dat matrone Anmar Cloete se pos oorbodig raak. Boonop word haar gewese verloofde as ’n nuwe dokter aangestel. Karen Viljoen is melaats verklaar. Dié oordeel dryf haar uit haar huis – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan in Plekkie in die son?

T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze T'sats Se Wraak (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R71 Discovery Miles 710 Ships in 4 - 8 working days
Tussen middernag en dagbreek (Afrikaans, Paperback): Japie Bogaards Tussen middernag en dagbreek (Afrikaans, Paperback)
Japie Bogaards
R170 R109 Discovery Miles 1 090 Save R61 (36%) Ships in 5 - 7 working days

Marco Verkerk is die seun van Nederlandse immigrante en word groot op 'n plattelandse dorpie. Hy is 'n buitestander en 'n dwelmslaaf wat, ten spyte van sy familie se ondersteuning, telkens weer terugval en desperaat soek na verlossing. Hottie kom na jare uit die tronk na sy aandeel in 'n gewapende roof. Hy dra pynlike herhinneringe van diskriminasie en onreg teen hom saam. Sam, Hottie se beskermengel in die tronk, het die doodstraf gekry het na 'n plaasmoord. Hy word op parool vrygelaat. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef. In een verskriklike nag verstrengel hierdie lewens in 'n orgie van bloed en geweld – 'n nag van katarsis vir Sam, Hottie en Marco.

Kersfees In Carmona  - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback, Revised edition): Doc Immelman Kersfees In Carmona - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
Doc Immelman 1
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

In ’n oorloggeteisterde Angola, word kaptein Piet Prinsloo gekonfronteer met meer as terroriste uit die Kongo wanneer sy verlede hom op Oukersaand inhaal.

’n Span bankrowers kom hul moses teë in die Chuosberge. ’n Veldwagter is op sy hoede toe twee uiters verdagte karakters by Etosha opdaag. Drie boesemvriende raak verlief op een meisie. En ’n skrywer en ’n beeldskone filmster is gestrand op die Kaitschavlei.

In vyf stories skets Doc Immelman wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en kameeldoringbome arabesk teen die laaste bietjie lig van die dag geëts is.

Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Hardcover): Thea Swan Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Hardcover)
Thea Swan
R728 Discovery Miles 7 280 Ships in 12 - 19 working days

Christelle Contreau, wereldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wereld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christelle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?

Twee Vir 'n Stuiwer (Afrikaans, Paperback): W.A. Hickey Twee Vir 'n Stuiwer (Afrikaans, Paperback)
W.A. Hickey 1
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi.

Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse.

Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …”

Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.

Bottelnek Breek Bek (Afrikaans, Paperback): Dianne Du Toit Albertze Bottelnek Breek Bek (Afrikaans, Paperback)
Dianne Du Toit Albertze
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie.

Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander.

Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.

Unwabu (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Unwabu (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 4 - 8 working days

Na vele mislukte verhoudings, staan privaatspeurder Willem Vasbyt Loriet uiteindelik op trou.

Dankbaar dat hy die groot stao kan neem viirdat hy 40 is, pak hy die taak aan om van seker aandenkings ontslae te raak. Dan gebeur daar skielik 'n klompie dinge bykans tegelyk.

Hy sien 'n man raak wat hy nie kan plaas nie, maar glo dis ;n skelm wat hy tevore teëgekom het en wil hom graag identifiseer en weer ondersoek.

Matilda (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Matilda (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . . Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Die sideboard (Afrikaans, Paperback): Simon Bruinders Die sideboard (Afrikaans, Paperback)
Simon Bruinders
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Dis die jaar 1939 - 'n jaar wat die wereld geskiedenis onherroeplik sou verander. Nasies - ook hier in die Unie van Suid-Afrika - oorweeg hul deelname aan wat sou word die mees verwoestende oorlog in mense heugenis. 1939 is ook 'n waterskeidingsjaar vir die Afrikaner waartydens hy na die depressiejare homself wil her posisioneer ten opsigte van skolastiese opvoeding, die ekonomie en die politiek. En hier aan die suidpunt van die land by George onder die Outenikwaberg, word Abraham tot die besef geruk dat boekgelerentheid belangrik gaan word vir sy onmiddellike nageslag. Hy het drome oor 'n lewe saam met Stella, die jong onderwyseres op wie hy verlief is. En 'n familie met kinders wat hy een dag op sy eie grond sal kan grootmaak. So begin Abraham se lewensreis, wat hom sal neem deur vreugde en moeilike tye, deur Sentraal en Noord Afrika, tot by Egipte. 'n Reis wat hom weer terugbring na George, na die vrugbare grond waar hy patats, bone en blomme kan plant. Waar die bosse teen die berg swarthout en geelhout lewer, waaruit hy 'n sideboard vir Stella wil maak. Die sideboard word uiteindelik meer as net 'n meubelstuk as geskenk aan sy vrou. Dit word 'n soort huisaltaar - 'n simbool van geloof. Maar die sideboard word - soos Abraham - voortdurend bedreig en byna deur die vuur vernietig. Op Abraham se reis ontmoet ons mense wat 'n bestaan uit die grond maak, hout uit die bos aandra. Ook die jongmense van die sestigs met 'n nuwe kultuur - die Ducktails en die Island Eagles - en die krismiskore wat sing deur die feestye. Die sideboard is 'n liefdesverhaal, van 'n man se liefde vir sy familie, sy gemeenskap en vir houtwerk. Maar dis veral 'n verhaal oor Abraham se stryd vir grond, na afloop van 'n belofte wat aan hom gemaak word. En van 'n kinderlike geloof, al woed die lewenstorme om jou. Dis ook die verhaal van Abraham se vriendskap met Kobus, die jong Afrikaner wie sy eie probleme het met sy familie, wat anders as hy oor die lewe dink. Die leser sal hierdie reis van Abraham van begin tot end wil meemaak.

Geknelde land (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Geknelde land (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 4 - 8 working days

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek?

In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.

Jan Leendert (Afrikaans, Paperback): Lategan P. Bredenkamp Jan Leendert (Afrikaans, Paperback)
Lategan P. Bredenkamp
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days
Wonderdade Van Staal Burger En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Fanus Rautenbach Wonderdade Van Staal Burger En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Fanus Rautenbach
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Staal Burger – baasspeurder en minnaar van formaat – is altyd onberispelik geklee in 'n aandpak, met 'n swart strikdassie lyk asof dit op sy haelwit hemp geverf is. Nie ’n haartjie is uit sy plek uit nie, en sy bruingebrande gesig verraai ’n gesonde buitelewe. Suid-Afrika se 007? Watwou! Hy's dapperder as 007! In hierdie tweede bundel met Staal Burger-stories hanteer die superheld verskeie netelige sake: bedreiging van die nasionale sport, ’n prima donna wat vals sing, verlee doedies en diamante wat dodelik is. ’n Bonus in hierdie bundel is ander stories uit Fanus se pen, oor babas en bikini’s, die man met die motors en Vader Jors.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R360 R299 Discovery Miles 2 990
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R370 R347 Discovery Miles 3 470
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R361 Discovery Miles 3 610
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R360 R337 Discovery Miles 3 370
Leeumens
Rudie van Rensburg Paperback R365 R342 Discovery Miles 3 420
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R365 R342 Discovery Miles 3 420
Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin
Julio Agrella Paperback R333 Discovery Miles 3 330

 

Partners