![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Kort voor sy dood in die 1980’s gee Stefan Hertmans se oupa aan sy kleinseun ’n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf Hertmans dit nie oopmaak en lees nie – tot op ’n dag dat hy dit wel doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings as frontsoldaat in die Eerste Wereldoorlog en ’n vroeg gestorwe groot liefde. Na die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf van hierdie roman.
Toe leukemie in hul twintigste huweliksjaar by Marthie se man Derik gediagnoseer word, word die Mombergs se lewe onherroeplik verander. Die “vonnis” kom totaal onverwags en die prognose lyk donker: waar Derik voorheen vir geen uitdaging nee gese het nie (die Twee Oseane en die Comrades gehardloop het, entoesiasties was om sy vlieglisensie te bekom en die paartjie op die kruin gestaan het van ’n skynbaar sorgelose en geleentheidbelaaide bestaan, moet hulle nou die realiteit van hospitale, chemoterapie, en later die onafwendbaarheid van Derik se dood, leer verwerk – en ervaar hulle onder die moeilikste van omstandighede dat die kleure van liefde nie net die sonskyngeel en pastelpienk van die lewe se ligkant insluit nie – maar ook die swart van vrees, die grys van onsekerheid en die rooi van pyn help inkleur. In Kleure van liefde word met nugterheid en humor, maar ook op filosofiese en vraende trant, besin oor die lewe voor, tydens en na ’n geliefde se dood. Deur werklike dagboekinskrywings en e-posse die skrywer en haar man by die vertelling in te sluit, word die leser betrek by ’n baie persoonlike ontdekkingstog: die na aanvaarding, berusting – en hoop.
Stories bevat die enigste waarhede waarvan 'n mens seker kan wees, se die gevierde storieverteller Abraham H. de Vries. In hierdie bundel verhale vra hy telkens wat die waarheid van wonderbaarlike gebeure rondom Kersfees is: Wie het soveel deernis met die mens? Wie weet so goed van ons diepste nood? Waar pas ons in? Wie sorg so sorgvuldig vir alles? Wie is die groot regisseur, wie het die script van die lewensdrama van 'n clown en sy redder geskryf? Maar hierdie verhale wil ons eintlik weer van die misterie van Kersfees bewus maak, of dit nou Kersgebeure in die Klein Karoo of in die verre berge van Assisi is. Die verhale wil ook diegene gedenk wat "die ware gees van Kersfees, die vrede op aarde en die welbehae in die mens wakker hou". Onder hoe sterre is eg Suid-Afrikaanse verhale binne die groot Kerstradisie wat ’n plek op elke boekrak verdien.
Wat het 'n mooi Afrikanervrou in die 1950's gedoen as die lewe begin druk? As haar man 'n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met 'n asmapompie en haar pa 'n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangese word om te trek? Deur die oe van 'n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van die wereld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank.
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel. By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel. Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . .
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die jaar daarna het ’n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat. Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale – wat van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie – met Fred Mouton se kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.
In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Na ’n moordende staptog kry hulle die diamante, maar ’n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man … Trek die koffiekan nader en lees ook oor ’n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se "skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme (die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.
'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer. En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met ’n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend. Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore – vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
Plaas 'n korrelkop beroepsjagter, 'n gierige Portugese streeksoffisier en 'n beeldskone Engelse lady in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes; voeg oproerige Ovambo's, 'n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie – en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige, aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel. Die Engelse roos Elize Foxcroft is nie net beeldskoon nie – sy's ook hardkoppig en onverskrokke. Maar wanneer haar skatryk pa as gyselaar geneem en aangehou word deur die Portugese skobbejak Avaro Duarto Gomez, besef sy dat sy vroualleen waarskynlik nie hond haaraf gaan maak nie. Kan Zak Marais, die legendariese beroepsjagter en met ’n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en 'n verlede vol skimme vertrou word om haar te help? En sal die bedenklike klein trekgeselskap die boosdoeners in San Pedro kan uitoorle?
Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos ’n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook ’n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe – en só begin ’n koorsagtige tog deur ’n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In ’n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as ’n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal – en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.
In die debuutroman (wat in Engels publiseer is as Dark whispers) onthul een van Megan Wright, 'n sielkundige, se kliente dat sy deur 'n snydokter wat in ginekologiese operasies spesialiseer, geskend is. Dit word duidelik dat die gewraakte operasie geen ongeluk was nie. Die vrywaringsbrief wat die pasient vooraf moes teken, maak dit egter onmoontlik om die betrokke dokter te laat vervolg. Toe Megan haar kom kry, is sy daarop uit om die dokter te ontbloot en te keer dat hy nog vrouelewens vernietig. Veral toe sy uitvind dat hy 'n hele paar ander pasiente ook geskend het, soms so erg dat hulle nooit sal kan kinders he nie. Nie een van die klagtes wat teen die dokter gele is, was suksesvol nie. Verwikkelinge in Megan se persoonlike lewe word meesterlik met die verhaal se hoofspanningslyn vervleg. |
You may like...
Ecological and Climate-Conscious…
Alison Whybrow, Eve Turner, …
Paperback
R1,066
Discovery Miles 10 660
Socioculturally Attuned Family Therapy…
Teresa McDowell, Carmen Knudson-Martin, …
Paperback
R1,886
Discovery Miles 18 860
Superhydrophobic Polymer Coatings…
Sushanta Samal, Smita Mohanty, …
Paperback
R4,958
Discovery Miles 49 580
|