![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Toe Marié vier jaar oud is, verhuis haar ouers van Suid-Afrika na ’n
sendingstasie in die destydse Rhodesië waar haar pa vir die plaaslike
drukpers werk. In hierdie oënskynlike paradys beleef Marié die wêreld
om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, namate sy ouer
word, met groeiende ontnugtering.
In die vroeë 1970’s onderneem die een-en-twintigjarige Jakob Koetaan ’n
lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad ̶ ’n stad wat hom
sedert sy kinderjare gelok het.
In 1916 keer Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, getraumatiseerd en
geskend terug na die Oos-Kaap. Die afgryse wat hy in Frankryk beleef
het, is ingebrand in sy wese.
Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar
steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper
vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing
swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy
het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era
ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes,
opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel
het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit
hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om
inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
Die moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou
na Overberg, ’n dorpie in die Suid-Kaap. Daar ontdek hy gou onheil is
nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete
te vind toe hy skielik gekonfronteer word met ’n
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.
Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en
spanningsverhale word hier byeengebring:
Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word. Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.
Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat
dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels
word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf,
tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam
met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam
sweef.
Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie. Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat. Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer. Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.
In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy
heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer
het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.
Moord aan boord van die Leonardo
Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders (haar man is dood in ’n mynongeluk), is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas. Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die “wit” strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ánder maniere is om na die wêreld te kyk as dít wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik – en ook dié wat toelaat dat hulle misbruik wórd. Sy ontmoet ’n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wêreldjie waarin sy nog altyd geborge voel … en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom “baas” noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.
Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om
te oorleef ...
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy
het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat
geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het
tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.
Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies. Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ’n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ’n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.
Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit dwarrel oor die rivier, oor die skeidslyne van die verlede; pluk aan al wat ’n hoë boom is en laat ewe veel stof opstyg uit prominente posisies en obskure hoekies: Die burgemeester. Marumo. Snor de Beer. Rian Roux. Kryg Roelofse. John Oudemann. Bos Fourie. Mal Mary. Maryville. Die Wishbone. Die kloktoring … Tien jaar later moet die joernalis Wessel Wessels ’n storie aanmekaarsit uit die legkaartstukkies van dié revolusie in die kleine, en leer hy vinnig dat dit nie noodwendig demokrasie is wat die dorpsinwoners tot vrees of stilswye gedwing het nie; dis eerder die pad soontoe en terug wat die probleem is. ’n Slim, boeiende satire oor ’n land wat Suid-Afrika kon wees (maar nie noodwendig is nie) – en karakters wat jou bure kon wees (as hulle nie so pynlik op jouself getrek het nie).
’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir
Liefdesromans.
Gaan hulle mekaar vind of vernietig?
Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek. In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse. |
You may like...
|