0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (776)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Einde En Begin (Afrikaans, Paperback): Michele Meyer Einde En Begin (Afrikaans, Paperback)
Michele Meyer
R295 R219 Discovery Miles 2 190 Save R76 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Marié vier jaar oud is, verhuis haar ouers van Suid-Afrika na ’n sendingstasie in die destydse Rhodesië waar haar pa vir die plaaslike drukpers werk. In hierdie oënskynlike paradys beleef Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, namate sy ouer word, met groeiende ontnugtering.

Daar is die onderliggende politieke veranderinge en spanninge van die 1970’s waarvan sy net skrams bewus is en, kort voor lank, veranderinge in die dinamiek van haar eie gesinslewe wanneer sy uitvind dat haar ma swanger is. Die koms van haar boetie onderstreep haar rol as die dogter en as “vrou-in-wording”.

Wanneer Marié en haar vriendin, Hanneke, ’n omstrede dokument beetkry en lees, begin Marié se kinderlike illusies verder kraak . . .

Einde en begin is ’n roerende bildungsroman wat strek van naïewe belewing na geleidelike ontwaking, vertel deur die oë van ’n jong karakter wat diep in die leser se hart sal kruip.

Die Vuur Huil (Afrikaans, Paperback): Allen Grootboom Die Vuur Huil (Afrikaans, Paperback)
Allen Grootboom
R290 R219 Discovery Miles 2 190 Save R71 (24%) Ships in 5 - 10 working days

In die vroeë 1970’s onderneem die een-en-twintigjarige Jakob Koetaan ’n lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad ̶ ’n stad wat hom sedert sy kinderjare gelok het.

Wanneer ’n toevallige ontmoeting by die OK Bazaars hom saam met PAC-aktiviste in die tronk laat beland, raak Jakob bevriend met Sipho, ’n charismatiese leier wat sy oë oopmaak vir die stryd om vryheid.

Want Jakob wéét hoe dit is om nie vry te wees nie. Sy familie het immers hulle plaas Towerwater weens apartheid se groepsgebiedewet verloor, en hy moes ophou skool gaan om vir sy jonger suster te help sorg.

Maar die prys van ontwaking is swaar. Soos boikotte tot geweld oorgaan, word alles wat Jakob glo oor lojaliteit, liefde en die betekenis van tuiste getoets.

’n Kragtige struggleverhaal deur die oë van ’n jong man wat sy plek tussen sy mense in die stryd om vryheid ontdek.

Soetdoring In Die Ruigtes (Afrikaans, Paperback): Christiaan Bakkes Soetdoring In Die Ruigtes (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Bakkes
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

In 1916 keer Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, getraumatiseerd en geskend terug na die Oos-Kaap. Die afgryse wat hy in Frankryk beleef het, is ingebrand in sy wese.

Kort ná sy terugkeer vernietig olifante die windpomp op sy plaas.

Caleb is woedend en gereed om wraak te neem. Maar dan gebeur iets onverwags en sy toorn maak plek vir ’n vriendskap met ’n trop wat bedags tussen die ruigtes naby die plaas skuil.

Intussen word grootskaalse landbou-ontwikkeling in die Sondagsriviervallei deur die regering van stapel gestuur. Dewald Troskie word aangestel om die olifante in die omgewing uit te dun.

Deur historiese feite met fiksie te verweef neem Bakkes lesers op ’n reis vanaf 1919 tot die stigting van die Addo-olifantpark in 1931. Soetdoring in die ruigtes is meer as ’n historiese roman – dit is ’n meditasie oor trauma en genesing, oor die mensdom se vermoë tot
beide vernietiging en verlossing. Die onbreekbare band tussen Caleb en sy trop olifante sal lesers ontroer, uitdaag en inspireer.

Die Avonture Van Helga Roets (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Die Avonture Van Helga Roets (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.

Soms besoek sy vriendinne of gaan sit by ’n koffiewinkel om die mense om haar te bekyk.

Dit kom dus as ’n groot skok wanneer die oogarts makulêre degenerasie in albei haar oë diagnoseer. En vandeesweek is hoeka so ’n bedrywige week: twee begrafnisse, en Saterdag ’n troue in die Paarl.

Ten spyte van haar kinders se teenkanting, glip Helga Dinsdag suutjies uit by die aftreeoord, bagasie gepak, reg om haar reisavontuur te begin. Maar wie wag onder die lamppaal? Niemand anders nie as Stefaans de Wet, so ewe van plan om haar op haar tog te vergesel – net omdat sy nie mooi kan sién nie.

Laastegoed - Rubrieke 2020?2024 (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Laastegoed - Rubrieke 2020–2024 (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.

Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood
waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek.

Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale
periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.

Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R195 Discovery Miles 1 950 Save R75 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Die moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou na Overberg, ’n dorpie in die Suid-Kaap. Daar ontdek hy gou onheil is nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete te vind toe hy skielik gekonfronteer word met ’n
raaiselagtige verdwyning, ’n dorpenaar wat sterf weens vergifting, en ’n ou, onopgeloste saak wat lyk asof dit met die twee onlangse sake verband hou.

Drie misdade, wat oënskynlik geen raakpunte het nie – maar los jy één op, so vermoed Adriaan, word die ander los drade ook vasgeknoop . . .

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R350 R189 Discovery Miles 1 890 Save R161 (46%) In Stock

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

7 Dae (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer 7 Dae (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) In Stock

Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale word hier byeengebring:

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met 'n koerantberig oor 'n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke Zimbabwe-ruïnes, lê die antwoord.

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Böhm aan hom 'n unieke opdrag: dié aangewese "Suid-Afrikaanse James Bond" moet saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses so skandelik
gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

En in Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, ontvlug. Maar die verlede het ’n manier om 'n mens te agtervolg . . . Terreuraktiwiteite en dwelmsmokkelary vier hoogty – en kort voor lank word sy in ’n
web van misdaad vasgespin.

Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Die grafdigter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die grafdigter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R330 R285 Discovery Miles 2 850 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf, tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam sweef.

Op my boekrak staan ’n geraamde foto van hulle, geneem net voor hul laaste ruimtesending. Hul gesigte is stroef, asof hulle geweet het dit is hul laaste missie.

Of dalk het hulle net in die son gekyk.

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks.

Sy dink ook aan haar kinderjare – sprokiesagtige besoeke aan ’n afgeleë hut in ’n berkewoud saam met haar ouma Babusja. Nou is Babusja oud en verswak en Mila is verantwoordelik vir haar. Wat steek haar ouma vir haar weg? Waar is Mila se ouers? Het hulle regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn?

Intussen ontmoet Mila ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 6 - 10 working days

Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie.

Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat.

Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer.

Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.

Klipkoud - Ware Suid-Afrikaanse Verhale oor Onopgeloste Misdade (Afrikaans, Paperback): Nicole Engelbrecht Klipkoud - Ware Suid-Afrikaanse Verhale oor Onopgeloste Misdade (Afrikaans, Paperback)
Nicole Engelbrecht
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) Ships in 5 - 10 working days

In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.

In ’n poging om ’n mate van afsluiting te bied aan die slagoffers se geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van ’n onbekende vrou wie se oorskot onder ‘n swembad ontdek is tot ‘n jong man wat deur die gevangenisstelsel se krake geval het; van ‘n sakereis wat dodelik ontaard het tot ‘n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.

Engelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na die waarheid.

Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Die Volmaakte Moord (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Moord aan boord van die Leonardo

Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar.

Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweer-staanbaar raak.

Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”

Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?

Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback): Maya Fowler Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback)
Maya Fowler
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders (haar man is dood in ’n mynongeluk), is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas.

Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die “wit” strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ánder maniere is om na die wêreld te kyk as dít wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik – en ook dié wat toelaat dat hulle misbruik wórd.

Sy ontmoet ’n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wêreldjie waarin sy nog altyd geborge voel … en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom “baas” noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.

Mevrou Smit Se Reels Vir Goeie Gedrag - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Mevrou Smit Se Reels Vir Goeie Gedrag - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R260 Discovery Miles 2 600 Save R70 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef ...

’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.

Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.

Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?

Het Van Verlangekraal (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop, Johann Bekker Het Van Verlangekraal (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop, Johann Bekker
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.

Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.

Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Die Wonderwereld Van Willem Landman (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander.

Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.

Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ’n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ’n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.

Raadslid Hamersma Se Voorvinger Wys Wes (Afrikaans, Paperback): Marius Ackermann Raadslid Hamersma Se Voorvinger Wys Wes (Afrikaans, Paperback)
Marius Ackermann
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

Die winde van politieke verandering waai oor Hamerplein – daar waar die forse beeld van Raadslid Hamersma nou al so lank die rigting aanwys. Dit dwarrel oor die rivier, oor die skeidslyne van die verlede; pluk aan al wat ’n hoë boom is en laat ewe veel stof opstyg uit prominente posisies en obskure hoekies: Die burgemeester. Marumo. Snor de Beer. Rian Roux. Kryg Roelofse. John Oudemann. Bos Fourie. Mal Mary. Maryville. Die Wishbone. Die kloktoring …

Tien jaar later moet die joernalis Wessel Wessels ’n storie aanmekaarsit uit die legkaartstukkies van dié revolusie in die kleine, en leer hy vinnig dat dit nie noodwendig demokrasie is wat die dorpsinwoners tot vrees of stilswye gedwing het nie; dis eerder die pad soontoe en terug wat die probleem is.

’n Slim, boeiende satire oor ’n land wat Suid-Afrika kon wees (maar nie noodwendig is nie) – en karakters wat jou bure kon wees (as hulle nie so pynlik op jouself getrek het nie).

Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Irma Joubert
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ’n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.

Wanneer ’n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas ’n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar ’n geesgenoot . . .

Droomjagter (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Droomjagter (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gaan hulle mekaar vind of vernietig?

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf.

Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?

Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig?

Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

Dik Dun Thick Thin - Stories (Afrikaans, Paperback): Nataniel Nataniel Dik Dun Thick Thin - Stories (Afrikaans, Paperback)
Nataniel Nataniel
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik.

Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .

'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback): Elize Davies 'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of ruimte vir romanse.

Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Maar sal hulle kan leer om mekaar te vertrou?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400

 

Partners