![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?
Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.
Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's, maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.
Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit.
Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n
Romeense bendebaas na haar?
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede – waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom? Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed?
Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risiko’s geneem
en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God
hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wêreld
voort te bring.
c. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Amper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik le. Dit is die pad van die lewe wat na eensaamheid lei. Willem, ’n uitgeworpene, is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te werk nie. Dan kry hy ’n nuwe geloof wanneer hy weer verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat van hom afhanklik is. Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en ’n plig om te werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn, plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.
Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.” “Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees? Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem? Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.
Tinka word bewus van woorde en taal, boeke en lees. Sy teken haarself af op 'n vel koerantpapier. Nou het sy 'n maat en sy noem haar "Ink". Met haar lyf vol woorde, is Ink die perfekte maat vir Tinka. Sy neem Ink na haar kamer om haar beste boeke vir haar te wys, want " 'n boek is soos 'n maat, met die beste stories om te vertel". 'n Meesleurende en diepsinnige prenteboek vir lesers 5+ wat ook volwasse lesers se verbeelding sal aangryp.
Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.
In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ’n suipwedstryd as in ’n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ’n pragtige ode aan as ’n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.
’n Beter lewe iewers anders?
Die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus van die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek. Sy vrou, sy pragtige, intelligente stiefdogters en ’n gemaklike, pastorale huis op die platteland voltooi die beeld van idille en sukses. Wanneer Sigerius egter agter die kap van die byl van sy stiefdogter Joni se duistere bedryf kom en sy misdadige seun boonop ook nog sy opwagting maak, dreig alles in sy idilliese bestaan om op katastrofiese wyse te ontplof. Die kaleidoskopiese sederoman Bonita Avenue verhaal die ondergang van die Sigerius-gesin teen die agtergrond van Enschede se vuurwerkramp in 2000. Peter Buwalda se debuutroman is ’n portret van ’n era wat die gaping tussen generasies op meesleurende wyse aanpak. |
You may like...
|