0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (659)
  • R250 - R500 (773)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Die Reis (Afrikaans, Paperback): S.D. Fourie Die Reis (Afrikaans, Paperback)
S.D. Fourie
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Mariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was.

Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed.

Die reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen.

Papierblomme (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Papierblomme (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste  ontdekking van haar lewe maak. 

Merk (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Merk (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?  

Vatmaar (Afrikaans, Paperback): A.H.M. Scholtz Vatmaar (Afrikaans, Paperback)
A.H.M. Scholtz
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.

Bos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Bos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé.

En toe is die oorlog verby. Of is dit?

Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug?

Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...

Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.

Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word.

Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.

Ink (Afrikaans, Hardcover): Ingrid Mennen Ink (Afrikaans, Hardcover)
Ingrid Mennen
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tinka word bewus van woorde en taal, boeke en lees. Sy teken haarself af op 'n vel koerantpapier. Nou het sy 'n maat en sy noem haar "Ink". Met haar lyf vol woorde, is Ink die perfekte maat vir Tinka. Sy neem Ink na haar kamer om haar beste boeke vir haar te wys, want " 'n boek is soos 'n maat, met die beste stories om te vertel". 'n Meesleurende en diepsinnige prenteboek vir lesers 5+ wat ook volwasse lesers se verbeelding sal aangryp.

Siembamba (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Siembamba (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het.

Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom?

Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.

Prooi (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Prooi (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Die Troebadoer (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Die Troebadoer (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days
Wadda van die woestyn (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Wadda van die woestyn (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind le. ’n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.” Wadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word ’n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda (’n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon ’n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy ’n leier en legende onder die inheemse bevolking. Die verhaal neem ’n onverwagse wending wanneer Wadda ’n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teekom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.

Punt Van Die Wolriem (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Johan Coetzer Punt Van Die Wolriem (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Johan Coetzer
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days
Die Begenadiges (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Die Begenadiges (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R250 R230 Discovery Miles 2 300 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risiko’s geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wêreld voort te bring.

Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Die lesse wat ons by hierdie vroue kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het.

Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus is nou in een boek beskikbaar. Tamar was ’n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeëwenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wêreld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jóú insluit.

Spieëlbeeld (Afrikaans, Paperback): Franz Marx Spieëlbeeld (Afrikaans, Paperback)
Franz Marx
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days

’n Spieel is ’n vreemde ding, want in ’n spieel leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieel lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag. Joe Minnie se lewe raak verweef met die van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, ’n opkomende vermaaklikheidster, is soos ’n emosionele en finansiele tikkende tydbom aan sy sy. Met ’n rolverdeling wat ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied – die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses – word Spieelbeeld ’n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. ’n Wereldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.

Marius se Merkwaardige Medisyne (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Marius se Merkwaardige Medisyne (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie kan uitbroei. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Ek Kom Terug (Afrikaans, Paperback): Adriaan Van Dis Ek Kom Terug (Afrikaans, Paperback)
Adriaan Van Dis; Translated by Adriaan Hugo
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 6 - 10 working days

Ons sweer saam: Ek gaan haar ’n papierlewe gee, of nog beter: ’n nuwe lewe. ’n Lewe waarin sy weer maklik kan loop, haar lippe rooi maak, wye rokke dra of haar vuurbestande baadjiepakke. Ek wil ’n dansende moeder uitbeeld, ’n vegtende moeder. Die sterk vrou van my jeug.

“Ek kry ’n lewe by,” – sy grom tevrede – “maar ek wil wel iets in ruil hê.”

“Ek sal al jou inkopies doen, die kombuisvloer mop …”

“Pille. Jy kry ’n storie, ek ’n pil.”

Ná ’n lang lewe van swye en uitsluiting begin ’n moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë. Hy, ’n romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ’n voorwaarde: Hy moet haar ’n sagte dood besorg.

Ek kom terug is ’n tragikomedie oor die onstuimige lewe van ’n vrou wat terugkyk op haar eeu.

Pad na eensaamheid (Afrikaans, Paperback): Kas Van den Bergh Pad na eensaamheid (Afrikaans, Paperback)
Kas Van den Bergh
R71 Discovery Miles 710 Ships in 6 - 10 working days

Dit is die ironie van die lewe dat die dinge waarna jy die hardste streef omdat jy meen dat jy daardeur geluk kan verwerf, jou ontgaan juis op die oomblik wanneer dit net binne jou bereik le. Dit is die pad van die lewe wat na eensaamheid lei. Willem, ’n uitgeworpene, is oortuig dat daar niks op die aarde is om na te strewe en voor te werk nie. Dan kry hy ’n nuwe geloof wanneer hy weer verantwoordelikheid kry vir plante en diere, vir lewende dinge wat van hom afhanklik is. Willem se pad kruis met Hans. Hans aanvaar al sy lewe lank dat elke mens verantwoordelikhede het en ’n plig om te werk. En wanneer hy begin vrae stel en die aanvaarding verdwyn, plaas hy nie net homself op die pad na eensaamheid nie, maar hy vernietig ook die geluk wat twee ander mense moontlik sou kon vind.

Nou's Ons In Ons Donner In (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): c. Johan Bakkes Nou's Ons In Ons Donner In (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
c. Johan Bakkes
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

c. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale.

Amper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk.

Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.

Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

So Byna Blou (Afrikaans, Paperback): Emile Joubert So Byna Blou (Afrikaans, Paperback)
Emile Joubert
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 6 - 10 working days
Ivoor (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Ivoor (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40.

Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ‘n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ‘n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help.

Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ‘n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback): Daniel Hugo Die helaasheid van die dinge (Afrikaans, Paperback)
Daniel Hugo
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ’n suipwedstryd as in ’n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ’n pragtige ode aan as ’n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.

Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Coloring A Course in Miracles Vol. 4…
Delaina J Miller, Kristin G Hatch Paperback R434 Discovery Miles 4 340
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970
Once Upon A Time In Hollywood - A Novel
Quentin Tarantino Paperback R261 Discovery Miles 2 610
Expansive - A Guide To Thinking Bigger…
John Sanei, Erik Kruger Paperback R290 R240 Discovery Miles 2 400
Everyone Is Still Alive
Cathy Rentzenbrink Paperback R401 R172 Discovery Miles 1 720
Weighing the World - The Quest to…
Edwin Danson Hardcover R1,791 Discovery Miles 17 910
Black Tax - Burden Or Ubuntu?
Niq Mhlongo Paperback  (2)
R340 R304 Discovery Miles 3 040
Views on Europe - Gender Historical and…
Lilli Riettiens, Elke Kleinau Hardcover R2,347 Discovery Miles 23 470
All Dhal'd Up - Every Day, Indian-ish…
Kamini Pather Hardcover R420 R325 Discovery Miles 3 250
Guilty
Martina Cole, Jacqui Rose Paperback R549 R510 Discovery Miles 5 100

 

Partners