![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as
groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n
saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy
binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders,
aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om
hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons
geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.
Afrika is ’n plek vol swerwersiele. In die versameling stories van P.J. Schoeman word hierdie swerwerfigure se stories vertel. Die bekroonde skrywer P.J. Schoeman, wat op sy dag ook veldwagter was, het in sy leeftyd 'n rits jeugboeke die lig laat sien wat steeds tot nuwe generasies Afrikaanse lesers bly spreek. Sy verhale beeld nie net die wonder van die buitelewe uit nie, maar ook die broosheid van verhoudings: tussen mens en mens, maar ook tussen die mens en sy omgewing.
‘n Spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik. Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas. Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop - hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure. As hy maar net vroeër rigti ng gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom? Sekondêre temas van belang is ekologiese aangeleenthede, kultuurhistoriese kwessies binne rasverband en geleentheid vir versoening. Die teenwoordigheid van die legendariese mamba vorm ʼn belangrike simbool in die verhaal. Mamba is ’n roman wat die leser gaan oorrompel en enduit geboei gaan hou.
Die kamferkis is 'n liefdesroman. Mien de Jager se ouers het haar gewaarsku teen die euwels en gevare van "vreemde jongetjies". Hulle het ideale gehad vir haar: die kunsjuffrou het Mien se talent raakgesien en haar plek was bespreek vir die kunsskool in Stellenbosch. Sy sou beslis nie agter die kasregister staan in die kooperasie nie. Toe ontmoet Mien die aantreklike Johan du Toit op hulle gesin se jaarlikse seevakansie op Eersterivier. In Soete Inval, die ouetehuis waarheen haar dogter haar gepos het, besluit Mien dis tyd om haar herinneringe op te skryf. Sy sal dit in haar kamferkis bere. En dan sal sy sorg dat die kamferkis aan die regte persoon nagelaat word.
’n Beter lewe iewers anders?
Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australië toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word.
Wanneer oom Fanie, ’n pa van nege lewenslustige seuns, se plaas te klein word, gee hy die opdrag: “Uitspring, kêrels!”. Vir die ouer broers wat moet “uitspring” en hul eie potjie moet gaan krap, is hierdie woorde die begin van ’n groot avontuur. Maar om uit te spring is nie vir sommerso nie. Waar gaan die seuns plase kry? Wat moet hulle op hulle waens laai? En sal hulle alles onthou wat oom Fanie hulle geleer het?
Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ’n kleindorpse joernalis, is dit ’n kans om eindelik ’n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ’n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna. Sy hoop om ’n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie. Gou bevind Phoebe haar in die middel van ’n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ’n bloeddorstige reeksmoordenaar.
Die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.
Wanneer Wynand Senekal op Piet Ludeke se plaas aankom om 'n onlangs aankoop van 'n groot hoeveelheid ammunisie te ondersoek, voel dit of hy teruggereis het in tyd. Ses ossewaens, bebaarde perderuiters in kakie en ferweel en gewere en bandeliers kan net een ding beteken: dat daar veel meer hier aan die broei is as wat die Suid-Afrikaanse Geheime Diens vaagweg sou kon raai.
Waarom skryf skrywers waaroor hulle skryf – of hoegenaamd? Is die letterkunde nie maar ’n saak van humorlose erns, soos die karakter Chris Fourie in die titelverhaal van hierdie weldeurdagte kortverahaalbundel beweer nie? Met Skrywersblok sleep Jaco Fouche sy net deur verskeie alledaagse ruimtes – kroee, koffiewinkels, hospitale, treine, kerke – en ontdek hy karakters wat vanuit onverwagse oorde eerlike en ongekunstelde weergawes van die werklikheid voorhou. Want polisieman of misdadiger, gesiene sakeman of sukkelende skrywer – elkeen het uiteindelik dit in gemeen: die behoefte om sin te maak, vreugde te ervaar en iets na te laat wat eendag aan ’n ander kan se “Ek was hier”.
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit. ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)
In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel. Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom. Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.
Vroeg een oggend, toe die maroelas nog swart teen die lug afsteek, neem Hans Wagner sy blou Mauser om 'n leeu te gaan skiet wat in 'n slagyster op sy Suidwes-plaas gevang is. Die ongedierte word maklik van kant gemaak, maar onverwags verskyn daar 'n jong leeutjie wat Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na die leeu geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se veertienjarige seun, sweer wraak. Petrus groei intussen tot 'n jongman. Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van "daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal kan weerstaan?
De tienduizend dingen (1955) is Maria Dermoût se beroemdste boek en is in vyftien tale vertaal. Dit is die sintuiglike en kaleidoskopiese verhaal van Felicia, “mevrou van Kleyntjies”, wat woon op 'n oënskynlik paradyslike Molukse eiland, in 'n huis aan die binnebaai. Die titel is ontleen aan 'n uitspraak van Ts'ên Shên: “Wanneer die 'tienduisend dinge' in hulle eenheid gesien is, keer ons terug na die begin en bly waar ons altyd was.” Hieruit blyk Dermoût se Boeddhistiese ingesteldheid: 'n sprankelende viering van die natuur en die lewe, en tegelyk 'n gelatenheid oor die verbygaan van tyd. Die opvallendste tema in Dermoût se werk is verlies: verdriet oor die dood en die afwesigheid van geliefdes, oor geweld en wreedheid, en oor eensaamheid. Verdriet word getemper deur 'n omvattende liefde vir 'dinge': plante, skulpe, korale, golfies wat breek. Én deur berusting en aanvaarding van jou lot.
Die Kameraadskap van die Ring is uiteengedryf. Party berei hulle
sonder hoop voor vir oorlog teen die oeroue boosheid van Sauron.
Ander kry te kampe met die verraderlikheid van die towenaar
Saruman. Slegs Frodo en Sam bly oor om die vervloekte Ring van Mag
na Mordor – die donker koninkryk waar Sauron heers – te neem en te
vernietig.
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
Sagmoedige Neelsie se lewe word weereens versuur – hierdie keer nie deur die bure nie, maar deur Vroutjie, wat nou maar net nie kan verstaan hoekom hy nie ’n vaste werkie wil kry nie. En so saam met Vroutjie se knaende klagtes kom daar nog slegte nuus: die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat ’n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir ’n reeks lesings oor onderwerpe wat begin by toe Adam nog ’n opgeskote jongeling was (Egiptelogie, Assiriologie, die Homeriese probleem) en aanloop tot by die verdere uithoeke van die wetenskap (Moderne Kosmogonie en so ietsie oor Einstein se teorie) ... Neelsie se enigste hoop is maar om êrens in afsondering te gaan studeer aan al die hogere dinge, met die gevolg dat Herrie weer voor die trem ingespan word en die hele familie weer afsit na Meiringskloof, met etlike bewonderaars in tou.
Daar is net plek op die ark vir die boumeester en sy familie. Gam, die jonste seun, beloof aan Re Jana 'n plek op die skip. Diep in die rotswoestyn is ’n groot bouwerf, en in die middel daarvan staan dít waaroor almal in Kanaan lag: die skip in die woestyn. Die arkbouers wat almal in net een God glo, verwag 'n groot onheil. Gaandeweg kom Re Jana agter watter rampspoed hulle gaan tref: die hele wereld gaan oorstroom word. Maar dan kom die slanke Neelata daar aan. Neelata is bestem om Gam se vrou te word! Die arkvaarders is 'n spannende en diepsinnige hervertelling van die bekende Bybelverhaal oor die sondvloed.
Antwerpen 1582: Die veertienjarige dief en inbreker Gitte Niemandsdogter word deur 'n stadswagter gearresteer, en sy word ter dood veroordeel. Sy ontsnap net-net aan die galg deur die onderbalju daarvan te oortuig dat haar pa 'n Spaanse hertog is. Hy is boonop die raadgewer van koning Filips die Tweede. Die Nederlande is in oorlog met Spanje, en in ruil vir haar lewe moet Gitte spioeneer vir die Nederlandse prins van Oranje. Sy gaan na Sevilla en sal al haar lis en vernuf moet aanwend om die hertog se strategiese seekaarte te steel. Maar hoe langer Gitte in Sevilla is, hoe meer hou sy van die stad en van die hertog. Wanneer sy die elegante don Domingo ontmoet, raak sy dolverlief. Sy probeer alles in haar vermoe om van haar opdrag ontslae te raak... |
You may like...
|