0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (648)
  • R250 - R500 (785)
  • R500+ (109)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R300 R225 Discovery Miles 2 250 Save R75 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy van mense splinternuwe skepsels maak.

Leah en Schalk leef die voorstedelike droom, hulle is gelukkig getroud, het baie vriende, 'n goeie ondersteuningsnetwerk en alles wat hul hart begeer.

Schalk is Leah se beste vriend en ’n wonderlike pa vir hul twee dogtertjies. Terwyl Schalk meer betrokke raak by die kerk en minder tyd saam met haar en die kinders deurbring, waardeer en aanvaar Barend Lubbe haar net soos sy is. Schalk verander as hy ’n
Bybelstudiegroep begin bywoon. Maar Schalk se lewe begin uitmekaar val: Sy ou vriende vermy hom; hy weet nie hoe om die kloof tussen hom en Leah te oorbrug nie en hy verloor sy inkomste. Uiteindelik ontdek Leah en Schalk om God se leiding van dag tot dag te vertrou en dat Hy hulle nie wil straf nie, maar sy liefde aan hulle wil bewys.

Juanita Aggenbach se vyfde roman is ’n roerende verhaal van tweede kanse, vergifnis en die krag van God se liefde en genade.

Aan Die Hemeltrans (Afrikaans, Paperback): Anton Roodt Aan Die Hemeltrans (Afrikaans, Paperback)
Anton Roodt
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler, gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.

Die klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ’n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het onverklaarbaar verdwyn en Dapper is desperaat om hom
op te spoor. Die moederowerste is ontwykend, die personeel onbehulpsaam en Broeder P, die newelagtige leier van die klooster, is ontoeganklik.

Om sy lewe verder te kompliseer moet Dapper boonop chaperone speel vir ’n beeldskone onderwyser wat met ernstige vraagstukke worstel en vir wie hy gevoelens ontwikkel het wat dreig om sy ewewig te laat kantel.

’n Verbeeldingryke, onthutsende roman wat die leser sal wegvoer na ’n ander – dog totaal geloofwaardige! – wêreld.

Wild Klop Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Frida Z. Wild Klop Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Frida Z.
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie.

Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary.

Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?

Grensloos (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Grensloos (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R260 Discovery Miles 2 600 Save R90 (26%) Pre-order

Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.

Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat. Nou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?

Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.

Grensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.

'n Knippie Moord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Knippie Moord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R290 R219 Discovery Miles 2 190 Save R71 (24%) Pre-order

Klara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae ’n gastehuis en blommeplaas op Somersee naby Hermanus.

Sy is heldersiende en kan onheil in haar nek voel kriewel wanneer dit op haar drempel staan. Soos die oggend toe Dewald Rademeyer sonder ’n bespreking by die gastehuis sy opwagting maak. ’n Dag later daag ’n misterieuse Siamese kat met ’n oënskynlik verskerpte
sesde sintuig ook by die gastehuis op en enkele minute later word Dewald se lyk met ’n naaldwerkskêr in sy nek gevind.

Kolonel Mack Biesenbach van Kaapstad en kaptein Schalk Mocke is eerste op die misdaadtoneel waar hulle ’n geskokte Klara met bloed op haar hande kry. Schalk is simpatiek, maar Mack, met wie Klara se pad al voorheen gekruis het, glo nie haar weergawe nie. Om haar onskuld te bewys, begin Klara self na leidrade soek. En dít dryf Biesenbach nog verder teen die mure uit.

’n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels, kleurryke karakters en ’n kat genaamd Judi Dench. En natuurlik ook ’n tikkie romanse!

Leeumens (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Leeumens (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

My Skaduwee Loop Los (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg My Skaduwee Loop Los (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R300 R225 Discovery Miles 2 250 Save R75 (25%) Pre-order

Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy 'n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue.

Dit lei tot 'n speurtog wat hom na uiteenlopende mense op sy broer se lewenspad neem—elkeen met 'n verrassende storie om te vertel. Gou begin 'n prentjie vorm van iemand wat heel anders is as André self, al word hy tydens sy soektog voortdurend vir sy broer aangesien.

Hoe meer hy oor sy broer uitvind, hoe meer begin hy sy eie lewenskeuses bevraagteken.

My skaduwee loop los is 'n meesleurende, veelvlakkige verhaal oor die soeke na wat werklik die waardevolste lewe is, en die antwoord op die tergende vraag: Wat as?

Kompoun (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Kompoun (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word.

Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.

Die Dag Toe Ek My Hare Losgemaak Het (Afrikaans, Paperback): Willemien Brummer Die Dag Toe Ek My Hare Losgemaak Het (Afrikaans, Paperback)
Willemien Brummer
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong moeder.

Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos ’n Bildungsroman.

Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback): Dalena Theron Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Dalena Theron
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer.

Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol?

In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Die Lys (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Lys (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou lysie afhaal nie.”

Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”

“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.

“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so uitkyk!”

Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”

“Met die ys en als?” vra sy.

“Ja … veral met die als.”

“O, ek het dit op YouTube gesien.”

Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”

Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.

“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.

Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”

Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag.

’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …

Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.

Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.

Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Dit is 1905. Helmut, ’n Duitse mediese student, gaan ’n professor te lyf wat seksuele toenadering by hom soek. Dié neem wraak hom deur vir Helmut ’n druippunt toe te ken.

Helmut se verontwaardigde ouers straf hom deur hom sy studie te laat beëindig en sy vader maak sy handtekening na op ’n kontrak waarin Helmut verbind word om vir twee jaar die Duitse mediese korps in die destydse DuitsSuidwes (Namibië) by te staan as mediese ordonnans.

Só word hy getuie van die dokter in bevel wat hom verdiep in ’n studie van Afrikamense deur hulle lyke te onthoof, die skedels te laat skoonskraap en die breine te weeg, ’n berugte praktyk wat later wyd veroordeel is.

By Die Brandende Berg (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen By Die Brandende Berg (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug.

Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.

Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring.

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R149 Discovery Miles 1 490 Save R141 (49%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Maalkolk (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Maalkolk (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus.

Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Eugene (Afrikaans, Paperback): Kirby van der Merwe Eugene (Afrikaans, Paperback)
Kirby van der Merwe
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.

'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

Skorpio (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Skorpio (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .

Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick
R320 R249 Discovery Miles 2 490 Save R71 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry.

Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos nie en die moordenaar is nog op vrye voet.

Wie het vir Asher vermoor en hoekom? En waarom voel dit asof iemand Lola dophou en wag vir die regte oomblik om toe te slaan?

In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die spoke ter ruste te lê móét sy die geheim van Asher se moord ontrafel – sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede leer ken.

Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee. Die gebeure vind plaas voor dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.

Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.

Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Nagdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Nagdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer doodgeskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.

Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Moederland
Madelein Rust Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Gebeente
Etienne Van Heerden Paperback R380 R339 Discovery Miles 3 390
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Een Of Ander Held
Zirk van den Berg Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000

 

Partners