0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (581)
  • R250 - R500 (804)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom.

In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop.

Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?

Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is 1905. Helmut, ’n Duitse mediese student, gaan ’n professor te lyf wat seksuele toenadering by hom soek. Dié neem wraak hom deur vir Helmut ’n druippunt toe te ken.

Helmut se verontwaardigde ouers straf hom deur hom sy studie te laat beëindig en sy vader maak sy handtekening na op ’n kontrak waarin Helmut verbind word om vir twee jaar die Duitse mediese korps in die destydse DuitsSuidwes (Namibië) by te staan as mediese ordonnans.

Só word hy getuie van die dokter in bevel wat hom verdiep in ’n studie van Afrikamense deur hulle lyke te onthoof, die skedels te laat skoonskraap en die breine te weeg, ’n berugte praktyk wat later wyd veroordeel is.

Man In Die Maan (Afrikaans, Paperback): Etienne Fourie Man In Die Maan (Afrikaans, Paperback)
Etienne Fourie
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Sedert die dag toe die maan deur ’n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die Einde.

Tog gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort. Maar dan verdwyn Stegman, die makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos.

En terwyl Kaptein Emma Rosely die saak ondersoek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ’n klomp geheime vir mekaar wegsteek.

Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback): Dalena Theron Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Dalena Theron
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer.

Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol?

In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Kompoun (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Kompoun (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word.

Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.

Die Dag Toe Ek My Hare Losgemaak Het (Afrikaans, Paperback): Willemien Brummer Die Dag Toe Ek My Hare Losgemaak Het (Afrikaans, Paperback)
Willemien Brummer
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong moeder.

Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos ’n Bildungsroman.

Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Die Lys (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Lys (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou lysie afhaal nie.”

Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”

“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.

“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so uitkyk!”

Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”

“Met die ys en als?” vra sy.

“Ja … veral met die als.”

“O, ek het dit op YouTube gesien.”

Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”

Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.

“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.

Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”

Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag.

’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …

Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.

Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring.

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Maalkolk (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Maalkolk (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) In Stock

’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus.

Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Eugene (Afrikaans, Paperback): Kirby van der Merwe Eugene (Afrikaans, Paperback)
Kirby van der Merwe
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.

'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

Nagdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Nagdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer doodgeskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.

Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad.

Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees.

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé.

Knal (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Knal (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R320 R255 Discovery Miles 2 550 Save R65 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.

Niemand weet wie hierdie ontvoerder is of wat hy aan die vermiste vroue doen nie. Hy is ’n spook, ’n onsigbare en ontasbare skim. En hulle kan nie uitpluis hoekom die klokke so onheilspellend lui, of wat die betekenis is van die klein silwer klokkies wat die skurk op die misdaadtonele los nie.

Te midde van die sirkelende ondersoek word Nicci ook oorrompel. Sy herwin haar bewussyn in ’n afgryslike nagmerrie van haar eie ... Vir Blackie en Henk word dit ’n verbete wedloop teen tyd. Hulle moet Nicci vind voor dit te laat is, ás dit nie alreeds is nie ... Is die duiwel wat hulle jag die een wat haar geneem het, of is daar iemand selfs meer sinister agter alles?

Iemand wat hulle dalk oorgeslaan het in hulle berekeninge?

Wyngaard het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Wat die bloedstollende vraag na vore bring ... Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 4 - 8 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Die Vyf Susters (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Die Vyf Susters (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker.

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Roulette (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Roulette (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Pre-order

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak? 

Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.

Sabbatsreis (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Sabbatsreis (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes 2
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by ’n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen ’n geldgemors wat ek eiehandig geskep het. Dobbel en foreign exchange het my sewentig maal sewe keer hel toe en terug gestuur.

My sabbatsreis was ’n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar my dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag op die spieël weggewasem het, het ek agter my in die spieël ’n skare gesigte gesien. Soekers, soos ek ... Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Want dalk lê die essensie van die lewe iewers in dié menigte. As ek nie daar gaan soek het nie, sou ek nooit weet nie.

Dit was ’n ongelykpad wat my meermale té diep in myself laat verdwaal het. Algaande het ek egter my doolhof beter begryp, die ontrouheid van my lewensmaat, die aborsie. Dat ek die pad geloop het, enduit, het my verander. Uiteindelik kon my eie stem in harmonie kom met die neuriekoor, het ek besef dat elke aardling op sy eie sabbatsreis is. En kon ek uiteindelik tuiskom in die Kanaänland van melk en heuning – in myself.

Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R578 Discovery Miles 5 780 Ships in 10 - 15 working days

Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.

Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback): Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback)
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 2 - 4 working days

n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.

Deja vu (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Deja vu (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R360 R315 Discovery Miles 3 150 Save R45 (13%) Pre-order

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Castration - An Abbreviated History of…
Gary Taylor Hardcover R4,492 Discovery Miles 44 920
The Business Builder's Toolkit - A…
Nic Haralambous Paperback R385 Discovery Miles 3 850
Holbein Artists' Irodori Gouache…
R144 Discovery Miles 1 440
Prisoner 913 - The Release Of Nelson…
Riaan de Villiers, Jan-Ad Stemmet Paperback R399 R374 Discovery Miles 3 740
Turner Acrylic Gouache Paint…
R127 R119 Discovery Miles 1 190
We Are All Fireflies - Finding Your…
Travis M White Hardcover R628 R571 Discovery Miles 5 710
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R303 Discovery Miles 3 030
Moby Dick
Herman Melville Hardcover R283 Discovery Miles 2 830
Granular Geomechanics
Matthew R Kuhn Hardcover R2,244 R2,126 Discovery Miles 21 260
The Norton Anthology of American…
Robert S. Levine Paperback R1,340 Discovery Miles 13 400

 

Partners