Speuradjudant Storm van der Merwe is terug vir die grootste
uitdaging van haar loopbaan. Al is sy steeds besig om haar pa se
dood twee jaar tevore te verwerk.
Intussen hou Hermanus ’n eerste skrywersfees. Deel van Storm
se afgesaagde verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te
hou voor die laaste Covid-regulasies uiteindelik opgehef word.
Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op
vir haar sessie nie. Haar liggaam word dieselfde oggend nog in
Kwaaiwater se Mosselrivier gevind. Vier en twintig uur later kom ’n
visterman af op nóg ’n lyk – weer ’n vrou, dié keer jonk en swart. En
dan is daar ’n derde slagoffer, ’n belangrike kulturele rolspeler op die
dorp.
Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom hierdie drie?
Storm is so toegegooi onder werk, sy is skoon bly oor
oudkollega Andreas Moerdyk se knaende aanbod om haar te help.
En al sukkel sy om dit aan haarself te erken, is dit nogals lekker om ’n
slag weer spanmaats te wees . . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!