![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
It is 2004 and it’s make or break for Spud Milton and his acting career. Having survived his ten-year school reunion and avoided becoming a shareholder in a dubious wellness start-up company, he believes he is free and clear of the Crazy Eight. Spud and his creative sidekick Fox have their sights set on the National Arts Festival to showcase their satirical sketch show, Viper. Despite needing to dodge a few potholes – including the up-ending of the Milton family dynamics, the unanticipated revival of a romance, and an encounter with an officious car guard – Spud is all set to take his chances on the road less travelled. He has not factored in Rambo’s manipulative powers. The casual idea floated at the reunion weekend about a year-end backpacking trip somewhere in South East Asia has been elevated to an odyssey. What’s more, Spud, who has never been overseas, has been designated regional manager. If Rambo has a secret agenda, he’s not about to share it with the Crazy Eight. In what Spud has dubbed the Year of the Icarus, the possibility of someone getting their wings scorched is not to be dismissed, but the lure of an all expenses-paid exotic holiday is hard to resist…
“Ek wil met Karla praat of ek skiet almal dood.” AO Karla Blanckenberg, gyselaaronderhandelaar by die SAPD, staan buite ’n dameskoshuis in Stellenbosch. Die toneel is ’n barrikade. Dooie meisies lê voor die ingang. ’n Gewapende jong man het sy pad in die gebou in geskiet, en ’n groep vrouestudente gyselaar geneem. Blanckenberg is spesifiek ontplooi. Die jong man het vir haar gevra. Hulle het al vantevore ontmoet. AO Colin Menck staan langs haar. Sy dogter is self ’n student, so die toneel voel heeltemal te persoonlik. Terwyl Blanckenberg die jong man moet leer verstaan, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir die gyselaars. Blinde Kol is ’n intense ondersoek van die donker idees van ons tyd en wat kan gebeur wanneer hulle in die verkeerde psiges posvat.
Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .
Making sure the end of the world never happens again – that is Enver Eleven’s task. A spy for the Historical Agency, Enver is based in Johannesburg, the only city to survive – thanks to its mining tunnels – when a supernova hit. In Enver’s Joburg, time-travelling agents jump between the past and future, searching for an elusive enemy plotting against the Agency. Enver’s mission starts off on shaky ground: when his mentor Shanumi Six disappears, Enver must prove that he is no double agent, an allegation as frightening as a white skin in a world where it has become vanishingly rare. But if you could go back and change the past, would the future turn out the way you want it to? Imraan Coovadia’s dazzlingly original A Spy In Time is an extraordinary tale for extraordinary times.
In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .
WINNER OF THE DINAANE DEBUT FICTION AWARD 2020. The novel is set over a hundred years ago, and chronicles a tale of migrancy very different to what we have come to expect in African literature. It incorporates myth and ritual, and the stories of extraordinary, ordinary women. What Scatterlings illustrates is that it is possible to write what you know without limiting yourself to your own actual, physical, lived experience.
Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarmmagistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg... Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meeleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.
Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.
Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.
’n Nuwe lewe wag op hom In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn. As dit nie was vir die ongeluk met die treppie toe hy sestien word nie, het sy lewenslot dalk gelyk soos dié van die ander werksmense op die plaas. Maar ’n mens wat weet hoe om stom te wees, kry soms die hef in die hand. Tot baas Anneries weet nie aldag hoe hy dit het met Hessie se klong nie. Tijs en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat hy snags die honde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf: Nooi Hendrien se jaloesie wanneer Maria haar pa se guns wen, die dag toe Maria die Skotse beeldhouer ontmoet, en al die verkeerde paaie daarna. Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon daar minder kronkels op die pad gewees het: op syne, én Maria en die Skot, én nooi Hendrien s’n. Hierdie historiese roman speel af in ’n onstuimige era: die 1850’s tot 1914. Twee vertellers is aan die woord: Tijs Velaat en Hendrien, Andries Schoeman se vrou.
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.
In 1900 reis die Britse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Daar beland beseerde Britse soldate én Boerekrygers op sy operasietafel. Klara Grootboom, ’n skoonmaker, rig ’n versoek aan hom wat teen sy beginsels indruis, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as ’n honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens en ontdek ’n onverwagse familieband . . .
Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.
Dis 'n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf. Daar is 'n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van 'n ongelukkige huwelik: “Om 'n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.” Dis ook die verhaal van die mooi vriendskap tussen 'n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.
Maré l’Abillionni het soos ʼn tak van die moederboom afgebreek. Vanaf die Dourovallei in Portugal reis sy na Madagaskar om na haar lank verlore niggie te soek. Jare later, in 1766, gaan sy aan boord van die slaweskip Meermin wanneer gevaar op die eiland dreig. Maar teëspoed volg haar en sy spoel op die strand by Struisbaai uit. Sy is sprokkelhout. Opgebreek in stukke in ’n vreemde land waar almal oor haar kan uitsprake lewer. Maré se vlam is egter nog lank nie geblus nie, soos Matthys Lourens maar te goed besef wanneer hulle paaie kruis. Hetta Uys, getaak met die opruiming en verkoop van haar ouma se “spookhuis”, beland 258 jaar later op Agulhas. Ook gebreek soos sprokkelhout omdat haar bruidegom haar voor die kansel op Struisbaai gelos het en sy haar pos as joernalis verloor het. Wanneer ’n nutsman ’n stokoue dagboek in die huis ontdek, word Hetta ingetrek in ’n lank vergete storie wat haar toekoms kan bepaal. Al lê daar eeue tussen hulle, stook al twee dié vroue ’n vuur in die Strandveld.
Captain Zara Dewane from Falls The Shadow is back, in a fast-paced crime thriller involving Cape Town bombings and high-level corruption. When a wave of Cape Town bombings uncovers rumours of a cop-run terror camp, Internal Crime Unit head Captain Zara Dewane is thrust into a deadly investigation. To survive, she must untangle a dangerous web of gang violence, political greed, and high-level police corruption.
Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? “Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.” Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf. Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.
Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy
aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde
troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue
in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg
hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte
planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek
se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.
Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes. En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.
Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.
For the first time in twenty-five years, a group of friends gathers to celebrate Adriaan’s seventieth birthday. One by one, the guests arrive at Adriaan and Yvette’s beach house on the West Coast. Some bring their children and the exuberant laughter of their grandchildren with them. In the years since they last saw each other, some have had to say goodbye to life partners and dreams; others have found new love and meaning. And then there’s Yvette, who can’t yet bring herself to tell everyone about her journey. Still Breathing is a highly readable novel about friendships that have endured through the years. Marita van der Vyver writes with her characteristic wit and flair about people who have been displaced, the complex relationship between parent and child, and the toll that time takes on being human.
From South Africa to Zanzibar, from Kenya to Britain, activists are
battling to save lion prides, today more threatened by extinction than
rhinos and elephants, as a result of illegal wildlife trading. Having
thwarted murderous poachers in The Elephant Conspiracy, the Veteran,
Thandi and Mkhize are back battling to save lion prides from being
killed for their claws, teeth and bones. As the demand for lion parts
soars, impoverished local communities are being incentivised to poach,
and the fight against this illegal plunder becomes ever more vicious.
’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas! |
You may like...
|