Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .
In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .
As the legacy of El Nino scorches Cape Town, threatening it with drought, fire and civil disorder, the city is gripped by two horrific crimes: an explosion in the tourist centre, and the gruesome murder of a seemingly random victim. In his investigation, Colonel Vaughn De Vries of the Special Crimes Unit discovers a frightening back story and developing pattern of criminality, and comes to believe that there is more than one killer on the loose, each with a connection to a man who, as a child, drowned his sister and destroyed his family. Newly promoted investigator Lieutenant Mike Solarin, working with De Vries, discovers a trail to the perpetrators of the bomb in the city but, when he is recalled and the incident branded the work of extremists, he pursues an alternative route, calling into question the role of the political elite, the media, and the police themselves. Now sharing the single belief that there must be justice at any cost as they struggle to represent victims of so many atrocities, De Vries and Solarin fight - against gathering forces - to save their city and their country.
WINNER OF THE DINAANE DEBUT FICTION AWARD 2020. The novel is set over a hundred years ago, and chronicles a tale of migrancy very different to what we have come to expect in African literature. It incorporates myth and ritual, and the stories of extraordinary, ordinary women. What Scatterlings illustrates is that it is possible to write what you know without limiting yourself to your own actual, physical, lived experience.
Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie. Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ‘n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ‘n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ‘n tweede kans op geluk wil verloor nie. Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?
Binne ‘n kwessie van ‘n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom. Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie. Die vonk tussen hulle word vinnig ‘n vuur, en Milan wonder of sy ooit ‘n man soos Albert se hart sal kan steel.
Wanneer die lewe jou omwentel is die wéét binne-in jou. Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ʼn ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ʼn ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare? Mel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ʼn waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ʼn wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie. By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet ’n jeugwerker met tatoes en ʼn skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie. Mel ontdek haarself en ʼn wêreld buite haar eie reëls. Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?
Die donker het 'n manier om jou in te haal. Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.
Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarmmagistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg... Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meeleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.
Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ’n verhouding waar sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word. Ná jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed. Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel. Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Sonder werk of heenkome en met haar hart en toekomsplanne aan flenters, gaan kruip Annelize in haar vriendin, Jolanie, se leë woonstel op Flenterbaai weg. Sy moet nog die gebeure van die afgelope tyd verwerk en hoop dat sy by die see weer mettertyd rus en rigting sal vind. Min weet sy Jolanie se brombek van ‘n broer by die huis langs die woonstel gaan opdaag en haar vrede versteur. Hy, met sy Wiskundeboek wat klaar geskryf moet word én sy beeldskone meisie wat haar neus vir net mooi alles optrek, verál vir Annelize. Ludwig is kortaf en baasspelerig en boonop glo hy nie Annelize serede hoekom sy op Flenterbaai kuier nie. Dan gebeur daar een koue wintersmiddag iets wat veroorsaak dat Annelize nie langer kan wegsteek wié en wát sy is nie. Die vraag is: Wat gaan Ludwig maak noudat hy die waarheid weet?
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. ’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
’n Nuwe lewe wag op hom In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.
Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.
One evening in early autumn, ten people drive into a tunnel through the Cape mountains – and find themselves trapped. As their limited supplies dwindle, what do they do? Where can they go? What will they find? Tunnel burrows deep into the psychologies and coping strategies that connect and disconnect these protagonists in a dark, tense and compelling human drama. An urgent new novel, told through many eyes; a journey – terrific and mystical – through despair, memory, and love.
The stories in Once Removed traverse the theatres, artist studios and archives that characterise the world of contemporary art and performance. But they also zero in on the homes, private lives, daily journeys and emotional interiorities of the various characters that inhabit them. While the stories in Once Removed draw from the undercurrents of the South African art world, their concerns and evocations are not limited to it. “Once Removed is for readers who are familiar with the worlds of art and performance, and those for whom it is completely foreign. A reader doesn’t need to be immersed in the world of artists, critics, exhibitors, gallerists or academics to access the collection, and to enjoy the imbalances, precarity, hilarity, and possibilities represented in it,” explains Mann. Part ironic realism, part experimental surrealism, these stories will matter differently, but equally significantly, to those inside and outside the world they evoke and inhabit.
Dis 'n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf. Daar is 'n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van 'n ongelukkige huwelik: “Om 'n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.” Dis ook die verhaal van die mooi vriendskap tussen 'n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.
In 1900 reis die Britse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Daar beland beseerde Britse soldate én Boerekrygers op sy operasietafel. Klara Grootboom, ’n skoonmaker, rig ’n versoek aan hom wat teen sy beginsels indruis, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as ’n honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens en ontdek ’n onverwagse familieband . . .
Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.
Twee gewilde Weskus-romans in een.
Haar naam is Ragel:
Marta:
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.
Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn. As dit nie was vir die ongeluk met die treppie toe hy sestien word nie, het sy lewenslot dalk gelyk soos dié van die ander werksmense op die plaas. Maar ’n mens wat weet hoe om stom te wees, kry soms die hef in die hand. Tot baas Anneries weet nie aldag hoe hy dit het met Hessie se klong nie. Tijs en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat hy snags die honde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf: Nooi Hendrien se jaloesie wanneer Maria haar pa se guns wen, die dag toe Maria die Skotse beeldhouer ontmoet, en al die verkeerde paaie daarna. Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon daar minder kronkels op die pad gewees het: op syne, én Maria en die Skot, én nooi Hendrien s’n. Hierdie historiese roman speel af in ’n onstuimige era: die 1850’s tot 1914. Twee vertellers is aan die woord: Tijs Velaat en Hendrien, Andries Schoeman se vrou. |
You may like...
|