![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
Orphan sisters chase monsters of urban legend in Bloemfontein. At a busy taxi rank, a woman kills a man with her shoe. A genomicist is accused of playing God when she creates a fatherless child. Intruders is a collection that explores how it feels not to belong. These are stories of unremarkable people thrust into extraordinary situations by events beyond their control. With a unique and memorable touch, Mohale Mashigo explores the everyday ills we live with and wrestle constantly, all the while allowing hidden energies to emerge and play out their unforeseen consequences. Intruders is speculative fiction at its best.
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era
ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes,
opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel
het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit
hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om
inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.
Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites.
Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan,
verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die
toenemende vyandelikheid in haar huwelik.
Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar
geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en
Clarabelle het saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee
gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom.
Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly
verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar
lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal
wel leer.
Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar
dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe
hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop
om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te
ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die
pad na vergifnis kom teen ’n prys.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
When bookish Winifred flees to a sleepy village to escape her past, she reluctantly partners with larger-than-life Sylvie to open a charming bookshop-café. After the slight inconvenience of a dead customer threatens their new venture, the unlikely duo discover they have a talent for creative problem-solving - and disposal. Dark, witty and deliciously macabre, this tale of murder, friendship and small-town secrets will leave you hungry for more.
Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap.
Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het
nie? ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy
nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks
haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar
daar is iets wat sy wegsteek . . .
This family saga is told through the lens of the third generation of
women who surround Lemohang Ntoi, the head of the family, as he
struggles to hold onto life as he knew it. It is the Ntoi women’s
assertiveness and drive that threaten Lemohang’s position and ideals
for this family. We see their attempts at healing past trauma while
they pursue their dreams. Fabrics of Love navigates issues
around culture, legacy, love and marriage.
Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van
Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit
haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18
afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon
nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis
kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin
die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig.
Vind jou eland, tem jou janfiskaal.
An intimate glimpse into diverse experiences, from our anxious present
to terrifying futures of climate wreckage to the brutalities of our
colonial past. These stories challenge our preconceived ideas around
queerness, mental health, family, society and loss. The Lucky Ones
champions love, kindness and connection against all odds. It is a
dazzling, poignant collection of stories that brims with unforgettable
characters and heart.
When Murphy Meyer arrives at Eden State Hospital on the first of
January 2001, driven to solve a small, personal mystery, the young
doctor has no idea she’s deposited herself into something larger and
darker than she could ever have imagined; something that has a life of
its own.
Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak.
Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken,
Rebecca, geval het. Swart. Niks.
'n Jong man op pad na 'n klooster in Frankryk word deur sy familie
aangeraai om eers 'n verlangse oom in Parys op te soek. Adelbert van
Breda was 'n senior priester in die Katolieke Kerk wat dekades gelede
Parys toe getrek en hom tot die Katolisisme bekeer het.
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n
steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel
ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met
haar ma gebeur het.
1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit
Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut
vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige
radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir
Siriese missiele.
Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar
oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy
wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste
martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy
’n metgesel saambring – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is
nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer
gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer
in die oë moet kyk!
Wat doen twee ouers ná die verlies van hul enigste kind? Mara en Bernard verloor hul tienerseun Dylan (aan selfdood) en daarmee saam hul idee van familie, van normaal, van “ons.” Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te verstaan en te ondersteun. Hulle het baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is verwyte, woede, hartseer, beskuldigings, en toe deure. Daar is die eerste Kersfees sonder Dylan, die eerste herdenking van sy dood, hul vriende wat nie weet wat om te sê nie. Opdrifsel is ’n verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind. In 2021 het die toneelstuk die Opwip-Aardklop prys gewen vir beste aanbieding.
Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie? ’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.
From bestselling South African author Penny Haw comes a new historical fiction tale inspired by the story of groundbreaking paleoanthropologist Mary Leakey, in a sweeping, dual-timeline story of intergenerational friendship, a meditation on the beauty of the natural world, and a celebration of the women who pave the way for those to come. It's 1983 and seventeen-year-old Grace Clark has just lost her mother when she begrudgingly accompanies her estranged father to an archeological dig at Olduvai Gorge on the Serengeti plains of Tanzania. Here, seventy-year-old Mary Leakey enlists Grace to sort and pack her fifty years of work and memories. Their interaction reminds Mary how she pursued her ambitions of becoming an archeologist in the 1930s by sneaking into lectures and working on excavations. When well-known paleoanthropologist Louis Leakey commissions her to illustrate a book, she's not at all expecting to fall in love with the older married man. Mary then follows Louis to East Africa, where she falls in love for a second time, this time with the Olduvai Gorge, where her work defines her as a great scientist and allows her to step out of Louis's shadow. In time, Mary and Grace learn they are more alike than they thought, which eventually leads them to the secret that connects them. They also discover a mutual deep love for animals, and when Lisa, an injured cheetah, appears at camp, Mary and Grace work together to save her. On the morning Grace is due to leave, the girl―and the cheetah―are nowhere to be found, and it becomes a race against time to rescue Grace before the African bush claims her. From the acclaimed author of The Invincible Miss Cust and The Woman at Wheel comes an adventurous, dual timeline tale that explores the consequences of our choices, wisdom that comes with retrospection, and relationships that make us who we are, based on the extraordinary real life of Mary Leakey.
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die
Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete
gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n
misdaadtoneel. |
You may like...
One Life - Short Stories
Joanne Hichens, Karina M. Szczurek
Paperback
|