![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
You wouldn’t know it was there, the unnumbered house behind the iron-grille gate, just below the craggy rocks of Northcliff ridge. To the untrained eye the rambling property might seem neglected, with its tangle of trees and untamed indigenous bush. But there is purpose here, and a peaceful, subterranean, focus on all that withers and dies. Five strangers – a model, a former nun, a couple in crisis, and an offender newly released from prison – have come here, to this place, to discover an end to life as they’ve known it. Placing their trust in their hosts, the Mortician and Mustafa, the five open their minds and bodies to an alternative experience. Not all of them will survive – or at least not in the way they imagined – but all of them will be shown the limits of their living. The Institute for Creative Dying is vivid and visceral, unique in its bold and imaginative exploration of mortality and the interconnectedness of all forms of being.
Huilboek is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”? Huilboek is ’n kragtoer.
Irma Mulder is 'n erkende oorlogjoernalis. Sy verhuis terug na Suid Afrika na 'n bomaanval wat die lewe van een van haar kameramanne geëis het. Nou woonagtig in 'n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. As joernalis word sy eensklaps by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel 'n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde. Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is? Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop? Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe. Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, ’n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied ’n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van ’n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop? Tom Dreyer se Dorado is ’n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.
‘What are you thinking about?’
Chris Coltrane is a successful businessman, and an alcoholic whose life has collided – sometimes disastrously – with many people. A failed intervention by his company’s board led Chris to storm off and find solace in Dimitri T’s, a neat but struggling little cocktail bar in the Cape Town suburb of Oaksworth. Julie Ross, the owner of Dimitri T’s, is doing her damnedest to crawl out from under her father’s problematic legacy. She gambles her last hope on a Christmas lunch special and happy hour trying to rake in some money before the rent becomes due in a week, and she is left without a business. Through the soundtrack of songs played on the jukebox, the intertwined backstories of Julie and six of her broken bar room heroes are revealed before the night ends unexpectedly, changing their lives forever.
Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het. Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag. Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie? Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend. Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord. Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.
In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.
The big man known as 'Tiny' has a past littered with violence and death. An assassin's past that he hopes never to face again. But when his best friend is kidnapped, Tiny suddenly finds himself on the back of a stolen motorbike, speeding away from his child and the woman he loves. Tiny has only 72 hours in which to deliver a computer disk that one group of people would kill to possess, and another would kill to destroy. If he fails, his best friend dies. HEART OF THE HUNTER is the tale of one man's struggle for survival against a corrupt government, a group of bloodthirsty killers and most of all, against his past.
Gina knows hardly anything about her father apart from the fact that he was once engaged to Koringa, a crocodile tamer, and that he is buried in an unmarked grave. In between shifts at a call centre, with Doubt always looking over her shoulder, she works on a novel about him, ultimately drawing back the curtain on a complex, sad but also funny and enchanting life. A story about love, family, fear and the banishing of fear: a celebration of strong women and a defence of a ‘nervous’ man.
Clementine Khoza is a hard person: hard to know, hard to love, hard to fight. As a little girl, her grandfather put a stick and a shield in her hands and taught her the ancient stick-fighting art of her Zulu ancestors. The hard way. And right now she is in a hard place, searching for Drew, her young son – kidnapped and drawn into the heart of a vicious gang conflict. Ex-army and ex-cop, Clementine has tracked Drew’s phone to Welcome Shade – a sprawling retirement estate that has fallen into disrepair to become a gang-infested war-zone. With nothing but a talent for violence, a drone piloted by a skinny Afrikaans street kid as her eye-in-the-sky, and a huge dog with ptsd who tried to kill her and then, somehow, became her sidekick, she’ll wield stick and shield, machete and shotgun, and wade through a sea of bodies to find her son. But the gangs are only part of the problem. Dark, twisted things stalk the estate: nightmare creatures, elite military snipers working as mercenaries and a sword-wielding man on a white horse who has made her and Drew part of his agenda. And then there are the memories and visions of her ancestors, and her own very special hallucination whom she nicknames ‘Glitch’. It’s going to be a hard day.
Heimwee is die storie van Mart-Mari wat moet terugkeer na die familieplaas sodat sy haar ma kan begrawe en finaal kan afskeid neem van die familie by wie sy nooit tuis gevoel het nie. Maar in ʼn ondeurdagte oomblik betaal sy die knutselaar-nutsman-van-langsaan, Anton Nieuwoudt, om saam te gaan omdat sy vir haar susters gelieg het oor ʼn man in haar lewe.
Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys. Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .
Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.
Martha Solomons is a simple woman, the daughter of a freed slave. Harry Grey is a priest from the British aristocracy, sent to the Cape Colony of the mid-nineteenth century because of bad behaviour. In the rugged Namaqualand their paths cross and a bond of love develops that stays with them throughout the contrasting landscapes of their lives. Based on the lives of Martha Solomons and Harry Grey, this fascinating story was first published in Afrikaans, and was runner-up for the MNet-Jan Rabie Literary Award. Elsa Silke's masterful translation retains the spirit and the essence of the era in which this historical novel is set.
For Kari du Toit, Valentine's Day will never be the same again. When the love of her life reveals he's been unfaithful to her, life, romance, and everything in-between come crashing down. Suddenly it seems as if her previous life – one far removed from Bloubergstrand's sandy beaches – is slowly catching up with her. But then after ten years of silence, Kari receives a call from her estranged brother. At the foot of Devil’s Peak, where neighbourly salaams and burkas are as ordinary as yellow polka-dot bikinis in Blouberg, she once again becomes Karima Essop, daughter of Amina and Farouk Essop. Daughter, sister, deserter. For Kari, sometimes finding love means going back to where you came from
The only human ever born wearing Jordans receives a DM on Twitter after
a gang-related hit. The mission: Find the Tamagotchi, or else! This is
the story of a banggat, a main ou, a genuine ou, a malnaai and a
Twitter user. A story where dark and fantastical experiences are
intricately woven to tell the tale of a network of wannabe gangsters, a
wife fanning herself with her husband’s money in the Northern Suburbs
and a sturvy twenty-nine-year-old living in Woodstock.
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na ’n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Tortured to the bone, Treasure Mohapi steps into a world that many haven’t seen in Sandton; the new way of life filled with millionaires and quick cash scams doesn’t come cheap. The young model seems too naïve for Sandton and her bloodsucking master stops at nothing to prove his power. Treasure finds herself face-to-face with the Devil who controls ministers, doctors and policemen. A secret society like no other in the history of Africa comes alive once again. As she is drawn into supremacy, the chains of material slavery keep following Treasure and her best friend Lintle Kente. After years of sexual entertainment and high flying, can their master let them go? With the increasing number of dead bodies, drugs and cults, will this love affair prove to be a way of life for many? The wives of the rich and famous have deep, dark roots too.
On New Year's Eve in 1987, lightning kills Nate's and Danny's mother. To deal with the loss and make sense of a world seemingly governed by chance, their distant and eccentric father creates the Nicotine Gospel. "According to him, an eight by five cardboard box containing somewhere near twenty machine-made cigarettes would tell you all you needed to know about a man." The boys throw themselves into the lessons to be close to their dad, but as nate grows up and begins to understand how strange the family gospel (and their father) truly is, he starts to worry. While Nate excels at school and finds ways to escape their father's neglect and the increasingly ramshackle house in Durban, Danny seems to revel in courting danger and death. Decades later, upon learning of their father's death, Nate and Danny, long estranged, decide to drive from Durban to Cape Town to attend the funeral. On the journey, they must confront each other and their troubled past to find a way forward.
Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het. |
![]() ![]() You may like...
|