0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (12)
  • R50 - R100 (127)
  • R100 - R250 (461)
  • R250 - R500 (479)
  • R500+ (25)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Rooiborslaksman - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Marinda Zyl Rooiborslaksman - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Marinda Zyl
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal.

In Rooiborslaksman word die negentiende­eeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse Suidwes­Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokke­epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg.

Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.

Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.

'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimi­korpus

Stille Waters (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Stille Waters (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
bundle available
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hanna, ’n suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy bestuur haar eie besigheid, is al jare lank gelukkig getroud met Carl, en is ’n liefdevolle ma wat haar dae rondom haar werk, huishouding en twee kinders beplan.

Wanneer sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die supermark by die huis opdaag en haar tienerseun, Divan, se lewelose liggaam in die garage ontdek, stort die kaartehuis van haar perfekte lewe ineen. In die dae en maande daarna moet Hanna weer haar kop begin lig. Hoe gaan sy en Carl ooit Divan se selfdood verwerk? En Nadia wat elke dag vra wanneer kom boetie terug? En wat van Divan se vriende op skool? Steek hulle iets weg?

’n Aangrypende roman deur die ervare skrywer Juanita Aggenbach.

Met fyn waarneming en deeglike kennis in die sielkunde slaag Aggenbach daarin om die impak wat die skielike afsterwe van ’n jong seun op sy familie en vriendekring het, met ontroerende deernis uit te beeld.

Stille waters volg op Gister is verby wat in 2017 by H&R verskyn het.

Skadukant (Afrikaans, Paperback): Rika Cloete Skadukant (Afrikaans, Paperback)
Rika Cloete
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur ’n gemaskerde man ontvoer word. Sy slaag daarin om te ontsnap, hoewel nie heeltemal ongedeerd nie. Die moordenaar gaan dit nie daar laat nie: Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie.

Payback (Paperback): Priscilla Holmes Payback (Paperback)
Priscilla Holmes
bundle available
R277 Discovery Miles 2 770 Ships in 4 - 8 working days

Thabisa Tswane has it all: a loving and supportive husband, two beautiful children, a house in Joburg’s Northern suburbs. Sure, the handsome and mysterious Zakhele Khumalo is away from home often for a job he can’t talk about, but Thabisa understands how it works in his world. After all, it is her world, too.

Recently promoted to Major at The Eagles, South Africa’s elite crime-fighting unit, she’s been asked to investigate Victor Maseko – South Africa’s wealthiest and most notorious businessman. All his attention seems focused on the construction and launch of The Maseko building, an embarrassingly opulent shrine to himself. But the people in his inner circle have a nasty habit of dying brutal deaths… And when Maseko’s wife Zibu is shot in Thabisa’s presence, Major Tswane knows she’s caught up in the middle of a web she has yet to untangle.

There are days when the village of Nguni Intile, famous for its intricate beadwork and home of Thabisa’s grandfather, Chief Solenkosi, seems a lifetime away. But will evil follow Thabisa all the way to her childhood home?

Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Die Kleinste Ramp Denkbaar (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?

Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.  

The Man Who Never Was (Paperback): Douglas Kruger The Man Who Never Was (Paperback)
Douglas Kruger 2
bundle available
R270 R213 Discovery Miles 2 130 Save R57 (21%) Ships in 3 - 5 working days

David shares a close bond with his eight-year-old son, Chris, but their family is destroyed when David dies.

In the afterlife, he is given an opportunity. He is told that he may be granted three viewings by which to look in on his son. The terms are strict: he cannot help his boy. He cannot reach him, or teach him, or in any way change the course of his life. David agrees, and on three separate occasions observes his son’s unfolding story.

The first viewing takes place one year after his own death. The second shows him his son at the age of nineteen. David’s final viewing shows him the final days of Chris’s life.

What David sees will not leave him. He has a simple but impassioned request: ‘Let me take his place’.

More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
bundle available
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Tweegevreet (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Tweegevreet (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
bundle available
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.

The Fall (Paperback): Jen Thorpe The Fall (Paperback)
Jen Thorpe
bundle available
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

When Thuli reveals her secret - that she can see up to seven days into the future - to seasoned local journalist Helen, the latter is highly sceptical of the student's claims. But as Thuli truly believes that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated by a sinister force, Helen starts to look into the matter.

And what she finds is some very odd behaviour by the police sent to “keep the peace” on campus. Police sent by Noné, South Africa's President and Most Impressive Leader, who wants no trouble from pesky students while she plans the launch of her zoo of creatures with extraordinary abilities.

One thing is certain: If what Thuli has seen is true, they have only seven days to change the future …

Israel-Reeks 11: Hooglied (Afrikaans, Paperback): Boon Marzanne Leroux-Van der Israel-Reeks 11: Hooglied (Afrikaans, Paperback)
Boon Marzanne Leroux-Van der
bundle available
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks. 

Draairivier (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Draairivier (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
bundle available
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis. 

Somtotaal (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Somtotaal (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
bundle available
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie. 

Diep Spoor (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Diep Spoor (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.

Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.

Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring.

Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.

Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback): Jacques Le Roux Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback)
Jacques Le Roux
bundle available
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.

Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.

Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.

Helene de Kock Keur 5 (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 5 (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keur bevat vier ontroerende verhale wat tot op die laaste bladsy genot sal verskaf. Man van gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense. In’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus ontvang oor haar verloofde. In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek. Uur van die sewester is ’n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.

Luistervink - 13 Stories (Afrikaans, Paperback): Madre Marais Luistervink - 13 Stories (Afrikaans, Paperback)
Madre Marais
bundle available
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Verrassende kortverhaaldebuut deur 'n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in "Brandoffer" (briewe aan 'n ma), "Sinker" (oor 'n seun wat op die rand van 'n damwal huiwer) en "Driehonderd-vyf-en-sestig en 'n kwart".

Die Antie Met Die Pienk Rok En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jan Spies Die Antie Met Die Pienk Rok En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jan Spies
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette.

En hierdie nuwe keur word van Woensdag 17 Junie 2020 op weeksoggende om 10:45 op RSG voorgelees. Die akteur-skrywer Lochner de Kock skuif agter die mikrofoon in om hierdie “Spieserye” nuwe lewe te gee. RSG se dramahoof, Kobus Burger, is die regisseur.

Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee 1
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Lodewyk G. du Plessis Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Lodewyk G. du Plessis
bundle available
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
bundle available
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

The Finish Line (Paperback): Gail Schimmel The Finish Line (Paperback)
Gail Schimmel
bundle available
R340 R239 Discovery Miles 2 390 Save R101 (30%) Pre-order

Brenda has always worked hard to fit in – from her school days, when her talent in athletics gave her access to a richer world, to marriage to her soulmate, which bound her to that world.

It’s hard to know how much of her discomfort comes from the ongoing presence of Denver in her life. From the time when they were the two fastest girls in the athletics team, through years of marriage and parenthood, Denver has always offered friendship, worthy competition … and simmering resentment.

When Brenda realises that Denver is a threat to her family’s wellbeing, there’s nothing she won’t do to protect them. And Denver will do anything to protect herself. After years of rivalry, who will cross the finish line first?

Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Afrikaans, Paperback): Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Afrikaans, Paperback)
bundle available
R430 R369 Discovery Miles 3 690 Save R61 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. 

Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
bundle available
R420 R361 Discovery Miles 3 610 Save R59 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .

Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Heiliger
Dibi Breytenbach Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Sleeper
Mike Nicol Paperback R290 R232 Discovery Miles 2 320
Isle
Claire Robertson Paperback R300 R240 Discovery Miles 2 400
As Die Katjiepiering Blom
Audrey Jantjies Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
The Heist Men
Andrew Brown Paperback R290 R232 Discovery Miles 2 320
The List
Barry Gilder Paperback R280 R219 Discovery Miles 2 190
The Woman In The Blue Cloak
Deon Meyer Paperback  (2)
R391 R317 Discovery Miles 3 170
The Artist Vanishes
Terry Westby-Nunn Paperback R300 R240 Discovery Miles 2 400
The Cry Of Winnie Mandela
Njabulo Ndebele Paperback R273 R222 Discovery Miles 2 220
The Tearoom
Gretchen Haley Paperback R300 R240 Discovery Miles 2 400

 

Partners