0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (60)
  • R100 - R250 (285)
  • R250 - R500 (876)
  • R500+ (39)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Somtotaal (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Somtotaal (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie. 

Helene de Kock Keur 5 (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 5 (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keur bevat vier ontroerende verhale wat tot op die laaste bladsy genot sal verskaf. Man van gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense. In’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy ontstellende nuus ontvang oor haar verloofde. In Huwelik in die herfs besoek Amara Londen om helderheid te kry oor Pieter Cronjé se huweliksaansoek. Uur van die sewester is ’n spannende liefdesverhaal wat afspeel in die Oos-Vrystaatse berge.

Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee 1
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.

Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Lodewyk G. du Plessis Die Dao Van Daan Van Der Walt - 'n Roman (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Lodewyk G. du Plessis
R399 R374 Discovery Miles 3 740 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R385 R361 Discovery Miles 3 610 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .

Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.

Okay, Okay, Okay (Paperback): Finuala Dowling Okay, Okay, Okay (Paperback)
Finuala Dowling
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

When a strike by the University of Adamastor’s technical staff coincides with a lull in sound operator Vida’s employment, she agrees to stage-manage a university event. There she meets the Head of Effective Communication, Simon Landor. He is caught up in a massive student protest and his communication is anything but effective. Vida, who rescues strays, whether pets or people, steps in. A host of engaging characters populate this novel exploring communication and connection in a complex world.

Homemaking for the Down-At-Heart (Paperback): Finuala Dowling Homemaking for the Down-At-Heart (Paperback)
Finuala Dowling
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In this award-winning novel, Finuala Dowling explores the fleeting and often so complicated moments of happiness in any household. Margot is a late-night talk radio host – the perfect job for an outspoken insomniac. Her home in Kalk Bay is crowded with wonderfully evocative characters such as her teenage daughter, Pia, and the three men in their lives. Finally there’s her mother, Zoe, once the acclaimed author of a quirky self-help volume with the same title, but now increasingly senile.

What Poets Need (Paperback, New Edition): Finuala Dowling What Poets Need (Paperback, New Edition)
Finuala Dowling
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Poet John Carson lives in a crumbling seaside house with his sister and niece. Winter is upon him, and he writes feverishly to the woman who has abandoned him as a lover yet kept him as a correspondent. Theresa: beautiful, generous . . . and married. 'Will John and Theresa find a way to overcome everything that holds them apart or is a state of permanent longing, in fact,  really what poets need?

Papierblomme (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Papierblomme (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste  ontdekking van haar lewe maak. 

Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock
R355 R333 Discovery Miles 3 330 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Dalene Matthee Fiela se Kind (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Dalene Matthee
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor liefde wat oor alle grense heen strek.

“Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom.” - André P. Brink, Rapport

Sondes van die Vaders (Afrikaans, Paperback): Lerina Erasmus Sondes van die Vaders (Afrikaans, Paperback)
Lerina Erasmus
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Sondes van die vaders is Danny Hector en haar ondersoekspan weer warm op die spoor van ’n nuwe moordverdagte.

Die weeskind Hansie Roodt, wat in die 1980’s as tienerseun galgdiens moes doen, het begin om die nasate van diegene wat hom destyds te na gekom het, vir húl sondes te laat boet. Hansie, nou bekend as Gabriël, is ’n reeksmoordenaar met ’n slinkse modus operandi wat aanhou uitdaag en verras, en kreatiewe maniere moet gevind word om hom te vang.

Nes sy voorganger beloof Sondes van die vaders om ook ’n groot gunsteling by lesers te wees – ’n viering van ’n skrywer wat ’n sonderlinge aanvoeling vir karakters, dialoog en bowenal vir stórie gehad het.

Die veelsydige en veelbekroonde François Bloemhof is verantwoordelik vir die afronding van Lerina se manuskrip.

Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback): Coreen Erasmus-Bezuidenhout Bloed/Blut (Afrikaans, Paperback)
Coreen Erasmus-Bezuidenhout
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.

Die liefde oorbrug alles. Helmut, ’n jong Duitser en seun van ’n Duitse generaal, raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van ’n bekende rabbi. Helmut is ’n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch, die Jood, wat nie as menswaardig beskou is nie, verbied. Oortreding van hierdie wet is ten sterkste veroordeel en kon selfs later met die dood gestraf word. Ironies dat Rut se suster met opregte katte teel en probeer om die bloedlyn suiwer te hou. Sal die talle kerke in Duitsland en die groot wêreldmoondhede daarbuite die vasgekeerde Jode, wat nou afgesonder, bespot, verneder, wreed vervolg, verarm en selfs vermoor word, kan help?

En wat van die verliefde Rut en Helmut... die Jode is tog mos die uitverkore volk van God? Het die donker voorspellings van die eeue oue profete oor die Jode, dan nou uiteindelik waar geword?

Vatmaar (Afrikaans, Paperback): A.H.M. Scholtz Vatmaar (Afrikaans, Paperback)
A.H.M. Scholtz
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.

Yellowbone - A Novel (Paperback): Ekow Duker Yellowbone - A Novel (Paperback)
Ekow Duker 1
R395 R370 Discovery Miles 3 700 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Growing up in Mthatha, light-skinned Karabo is called ‘yellowbone’. She often hears her parents argue, not realising her complexion, and questions surrounding her paternity, is the cause. People expect ‘exotic’ Karabo to coast through life on her looks. But she has high aspirations and goes to London to study architecture.

When Karabo is invited to a private recital, a priceless antique violin binds her fate to that of virtuoso André Potgieter who came to London to hide his secret – though no saint, he sees angels when he plays a beautiful piece of music. Whether it is synaesthesia or something otherworldly, he cannot say. All he knows is that he would do anything to keep seeing the engele, but these days they rarely come to him.

Events on the night of the recital cause Karabo to run away to Ghana to the refuge of her father, but her plans go horribly wrong. And André soon follows for his own selfish reasons.

Enthralling and powerfully written, Yellowbone is a tour de force.

Koshuis (Afrikaans, Paperback): Erns Grundling Koshuis (Afrikaans, Paperback)
Erns Grundling
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed.

Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer.

Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Hierdie Lewe (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word.

Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.

Verliesfontein (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Verliesfontein (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Die Uur van die Engel (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R435 R408 Discovery Miles 4 080 Save R27 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.

Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die Troebel Tyd (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde.

Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer.

In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige.

Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.

Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Charl-Pierre Naude Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Charl-Pierre Naude
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . .

Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.

Stof (Afrikaans, Paperback): Alettie van den Heever Stof (Afrikaans, Paperback)
Alettie van den Heever
R405 R380 Discovery Miles 3 800 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son.

Op Kylemore wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar- man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las.

Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime.

Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aards-poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laude- meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.

Schalkie van Wyk Keur 15 (Afrikaans, Paperback): Schalkie van Wyk Schalkie van Wyk Keur 15 (Afrikaans, Paperback)
Schalkie van Wyk
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Om joune te wees: Kayla maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie? Dan is dit die een drama ná die ander: Kayla se tante weier dat Briand sy voete in haar huis sit en die bure huisves ’n immer-repeterende band. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand dalk iets daarmee te doen?

Maryna se liefdeslied: Maryna moet noodgedwonge Christiaan se hulp tydens ’n reënstorm aanvaar. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy’s dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man. Bitter onwillig vat sy weer die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban. Hulle moet egter eers ’n onaangename taak uitsorteer en dit blyk dat die uitdaging ’n verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor.

Selma en Louise (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Selma en Louise (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Spirit of Prayer - Or, the Soul…
William Law Paperback R525 Discovery Miles 5 250
Little Brown Girl
Brian Lawrence Hardcover R495 R462 Discovery Miles 4 620
Prejudice, Identity and Well-Being…
Charles T Hill Paperback R1,522 Discovery Miles 15 220
Food, Wine and China - A Tourism…
Christof Pforr, Ian Phau Paperback R1,376 Discovery Miles 13 760
Autism in a Decentered World
Alice Wexler Hardcover R4,624 Discovery Miles 46 240
Barbuda - Changing Times, Changing Tides
Sophia Perdikaris, Rebecca Boger Hardcover R4,022 Discovery Miles 40 220
The Book of Small
Emily Carr Hardcover R660 Discovery Miles 6 600
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (3)
R396 Discovery Miles 3 960
Warhol
Eric Shanes Hardcover R1,084 Discovery Miles 10 840
Maclean of Duart: - Large Waverley…
Ron Grosset Hardcover R465 Discovery Miles 4 650

 

Partners