0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (161)
  • R100 - R250 (402)
  • R250 - R500 (565)
  • R500+ (20)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Swart Pelgrim (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word.

Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.

Spieëlbeeld (Afrikaans, Paperback): Franz Marx Spieëlbeeld (Afrikaans, Paperback)
Franz Marx
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

’n Spieel is ’n vreemde ding, want in ’n spieel leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieel lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag. Joe Minnie se lewe raak verweef met die van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, ’n opkomende vermaaklikheidster, is soos ’n emosionele en finansiele tikkende tydbom aan sy sy. Met ’n rolverdeling wat ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied – die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses – word Spieelbeeld ’n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. ’n Wereldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.

Her Silent Screams Magnified - Book 2 (Paperback): Busisekile Khumalo Her Silent Screams Magnified - Book 2 (Paperback)
Busisekile Khumalo
R286 Discovery Miles 2 860 Ships in 4 - 8 working days
Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback): Maya Fowler Tebatso Gaan See Toe (Afrikaans, Paperback)
Maya Fowler
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders (haar man is dood in ’n mynongeluk), is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas.

Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die “wit” strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ánder maniere is om na die wêreld te kyk as dít wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik – en ook dié wat toelaat dat hulle misbruik wórd.

Sy ontmoet ’n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wêreldjie waarin sy nog altyd geborge voel … en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom “baas” noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.

Swart Goud (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Swart Goud (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 4 - 8 working days

Aan die einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot 'n einde. 'n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid-Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as 'n speurder.

Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in 'n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel.

Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke.

Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.

Momo (Afrikaans, Paperback): Michael Ende Momo (Afrikaans, Paperback)
Michael Ende
R258 Discovery Miles 2 580 Ships in 4 - 8 working days

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater.

Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback): Kas Van den Bergh Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback)
Kas Van den Bergh
R65 Discovery Miles 650 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.

Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback): Jaco Alant Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Alant
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

’n Afgelegde professor in Durban, KwaZulu-Natal, dink terug en probeer sin maak van sy verlede.

Hy leef met ’n vrou in sy herinnering – Mied. Deur die oënskynlike diefstal van sy geel Volkswagen Kewer met sy hond Os-Moses agterin, ontmoet hy ’n Afrikaanssprekende Zoeloe-meisie, Mandie. Hy word Mandie, haar Ma Nxasana en ’n gestremde kind na wie Ma Nxasana omsien, Gumanam, se vertroueling. Intussen word hy lastig geval deur oproepe van ene John wat ’n MA wil doen oor eko-literatuur en mineurskrywers.

Is mos Oos is ’n surrealistiese, byna absurde roman, ’n verhaal van verandering wat ontvou in die spel van name en die vervloeiing van uiterstes: hede/verlede, man/vrou, leuen/waarheid, lewe/dood.

I'll Look for You, Everywhere (Paperback): Cameron Capello I'll Look for You, Everywhere (Paperback)
Cameron Capello
R385 R301 Discovery Miles 3 010 Save R84 (22%) Ships in 5 - 10 working days

When a wedding forces them to return home, two childhood friends must face the secrets and heated longing between them in this New Adult romance debut by Cameron Capello (BookTok's @ChamberofSecretBooks).

Remember why you left. Remember who you left.

Once so close to her big family, Magdalen Savoy is now paralyzed with anxiety every time she's tempted to leave her safe haven at Oxford and return to their sleepy Italian village. But when Magdalen receives an invitation to her sister’s upcoming wedding, she has no choice but to pack her bag for what is sure to be a long summer.

After seven years, Theo finds himself back in Chivasso, where nothing changes. It's as if time has stopped here. But upon seeing his sister's best friend after all these years, it's obvious that the sweet little Maggie from his childhood is long gone. In her place is a young woman with long legs, thick hair, and walls built around the innocent heart he once knew.

Now too close for comfort during the preparations for a wedding that will join their two families, they must confront the long-buried secrets of their past and the burning tension slowly pulling them together. But their old secrets threaten to tear their worlds apart—and could possibly separate them forever. . .

The End Of Her Silent Screams - Book 3 (Paperback): Busisekile Khumalo The End Of Her Silent Screams - Book 3 (Paperback)
Busisekile Khumalo
R286 Discovery Miles 2 860 Ships in 4 - 8 working days
Man Op 'n Fiets Erens Heen - 55 Stories Van Mense Onderweg (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Man Op 'n Fiets Erens Heen - 55 Stories Van Mense Onderweg (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R258 Discovery Miles 2 580 In Stock

Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is.

Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ’n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel.

De Jager het ’n fyn oog en ’n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ’n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.

The Zulus Of New York (Paperback): Zakes Mda The Zulus Of New York (Paperback)
Zakes Mda
R300 R234 Discovery Miles 2 340 Save R66 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Drawing on the true history of ‘Farini’s Friendly Zulus’, a group of men who were taken to Britain and then to America as performing curiosities, the novel opens in 1885 in wintry New York City.

The protagonist, Mpiyezintombi, simply called Em-Pee by the English-speakers, loses more than his name in this far-off foreign country; he is seen as little more than a freak-show act – though he is not kept in a cage like the beautiful Dinka Princess, with her gold-painted papier-mâché crown and fur cape. For EmPee, it is love at first sight, but the caged woman is not free to love anyone back: she is the property of Monsieur Duval, proprietor of Duval Ethnological Expositions.

And so begins one of Zakes Mda’s most striking stories, one that depicts terrible historical injustices and indignities, while at the same time celebrating the vigour and ingenuity of the creative spirit, and the transformative power of love.

In an already-great pantheon of Mda love stories and classic gems, this may be his most powerful work yet.

Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback): Chris Marnewick Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback)
Chris Marnewick
R258 Discovery Miles 2 580 Ships in 4 - 8 working days

Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net?

Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?

Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Salmaklak  - ?n Legende Van Die Vaalrivier (Afrikaans, Paperback): Ben Venter Salmaklak - ’n Legende Van Die Vaalrivier (Afrikaans, Paperback)
Ben Venter
R69 Discovery Miles 690 Ships in 4 - 8 working days

Oom Chris is die baas van Doodsedrif – of so het hy gedink. Sy vet, bruin kalf lê versuip langs die seekoeigat. Toe dryf oom Jan Oortjies se ou hond opgeblaas langs die oewer. Kraaibek, die mak bobbejaan, spring kort daarna waansinnig in die rivier en verdrink.

Telkens sien oom Chris se seuns die drietonige voetspoor op die riviersand. Manienk, een van die plaasseuns, meen dis Salmaklak, “die gladde nat dier wat hier by jou in die water is”. Hy trek die diere in die water in en los hul liggame om in die rivier af te dryf.

Maar wie het die Tswanaseun met ’n graaf oor die kop geslaan en in ’n vlak graf begrawe?

The Equality of Shadows (Paperback): Charl-Pierre Naude The Equality of Shadows (Paperback)
Charl-Pierre Naude
R360 R281 Discovery Miles 2 810 Save R79 (22%) Ships in 5 - 10 working days

When an unusual building appeared overnight in a remote northern Cape community in the 1970s, and disappeared a few weeks later, it seemed to point to a series of baffling existential overlaps.

Some individuals claimed that occasionally they found themselves on the other side of a restive civil war divide, in identity embodiments that were highly contrary versions of themselves. In other cases, absurd social situations seemed to mock ‘normal reality’ by alternating with it. When a small-town journalist reported on the events, his quiet life became cruelly disrupted by unwanted attention.

Were these accounts imagined or real? Real enough to the eyewitnesses.

Traumatised and adrift, the journalist wrote up his story in reportage style when a childhood friend invited him to recuperate on her farm. He believed he had narrowly escaped the disappearance of an entire region – a place nobody has ever heard of – and its people, including the love of his life. As the mystery unfolds, with an aura of retrieved memory, the narrator’s lost love becomes an increasingly evocative presence. The Equality of Shadows is a compelling novel – in some places uproariously funny, in others filled with deep pathos – about the vagaries of identity, love and time.

The White Room (Paperback): Craig Higginson The White Room (Paperback)
Craig Higginson
R280 R219 Discovery Miles 2 190 Save R61 (22%) Ships in 5 - 10 working days

South African playwright Hannah Meade arrives in London for the opening night of her new play. She has arranged to meet Pierre, the student she was in love with when she taught English in Paris. During their time together, they lied their way towards truths they were too young and inexperienced to endure. Perhaps this time they will have a second chance.

As the reader is drawn from contemporary London back to Paris on the eve of the war in Iraq, the mystery of past events is brought to vivid life in a series of dramatic, intriguing and deeply moving encounters. Written in layered, stark prose, The White Room lays bare many of our assumptions about language, identity, memory, loss and love.

‘Craig Higginson is at the vanguard of the latest and most exciting novelists in South Africa, both robust and sensitive, offering a barometer of the best to be expected from the newest wave of writing in the country.’ – André Brink

‘In its conception and execution, The White Room is remarkable ... Evocative and dreamlike, yet all too nightmarishly real, this is a story so moving that it leaves a powerful afterimage on the reader’s imagination.’ – Craig Mackenzie

Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg.

In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Say Something About You (Paperback): Pumza Shabangu Say Something About You (Paperback)
Pumza Shabangu
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 4 - 8 working days

A novel about two young men that fall in love under unlikely circumstances.

One of them has sworn off relationships to avoid turning out like his abusive father, while the other rediscovers himself. The book follows their journey as they navigate through their new found feelings.

It’s a fun, quirky read but also an intense emotional rollercoaster.

Blood Trail (Paperback): Tony Park Blood Trail (Paperback)
Tony Park
R260 R203 Discovery Miles 2 030 Save R57 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Evil is stalking South Africa’s Sabi Sand Game Reserve. Viewers around the world are shocked when a live lockdown webcast of a safari game drive exposes them to the brutal reality of rhino poaching. A wily poacher then disappears into thin air, confounding logic and baffling ace trackers Mia Greenaway and Bongani Ngobeni.

Detective Colonel Sannie van Rensburg, still reeling from a personal tragedy, is dealing with an angry community on the border of the Kruger National Park – two young girls have been abducted and the local people fear the children have been taken for use in umuti, sinister traditional medicine practices. Umuti is also being employed by poachers, who pay healers for potions they believe will make them invisible and bulletproof.

When another young girl disappears, this time a tourist, Mia and Sannie must confront their own personal demons and challenge everything they believe, in order to follow a trail that seems to vanish at every turn.

ID - Who We Are, Who We Choose To Be (Paperback): Helen Moffett ID - Who We Are, Who We Choose To Be (Paperback)
Helen Moffett
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 4 - 8 working days
Her Broken Pieces (Paperback): Minenhle Khumalo Her Broken Pieces (Paperback)
Minenhle Khumalo
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

Struggling with integrating back into society after escaping her captor after five years of torture, sexual abuse as well as prostitution, Minenhle finds herself turning against the people who love her the most.

Haunted by dreams and memories of her torture and torment she turns to illegal substances in order to try and deal with the pain.

As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R320 R250 Discovery Miles 2 500 Save R70 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit. Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n Romeense bendebaas na haar?

Op die plaas Spoelklippe rou Annie nog oor die dood van haar seuntjie en die verbrokkeling van haar huwelik. Ellie kruip gou in Annie se hart in, maar gevaarlike mense is op die kind se spoor. Gou word Annie ook bedreig.

Gaan sy uit dié maalkolk kan ontsnap of gaan sy weer alles verloor? En wat van Nico wat hoop om hul jeugliefde te hervat?

As klippe kon praat is ’n eg menslike verhaal oor verlies, keuses en keerpunte.

Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R220 Discovery Miles 2 200 In Stock

Ramon Fraser is al sy hele lewe lank 'n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is 'n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal ...

Ramon moet weer vlug en beland op 'n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.

En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.

The Pride (Paperback): Tony Park The Pride (Paperback)
Tony Park 4
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) In Stock

Ex-mercenary Sonja Kurtz is out for revenge after her daughter Emma is assaulted by an abalone poacher while on a beachside holiday near Cape Town.

When the poacher is murdered, Sonja is targeted by a violent local gangster and must flee the country. As Sonja leaves a trail of destruction in her wake – from the threatened wilderness of Zimbabwe to the treacherous beaches of northern Mozambique – a concerned Emma must find the courage to rescue her mother.

But is Sonja a cold-blooded killer? Or is there a darker conspiracy taking place in southern Africa’s underworld – one that will change their lives forever?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
New Times
Rehana Rossouw Paperback  (1)
R250 R195 Discovery Miles 1 950
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R334 Discovery Miles 3 340
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Into The Uncut Grass
Trevor Noah Hardcover  (1)
R399 R312 Discovery Miles 3 120
If You Keep Digging
Keletso Mopai Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Impossible
Sarah Lotz Paperback R328 Discovery Miles 3 280
The Finish Line
Gail Schimmel Paperback R340 R266 Discovery Miles 2 660
The Woman In The Blue Cloak
Deon Meyer Paperback  (2)
R383 R310 Discovery Miles 3 100
The Death of Jesus
J. M. Coetzee Paperback  (1)
R318 Discovery Miles 3 180

 

Partners