0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (59)
  • R100 - R250 (377)
  • R250 - R500 (872)
  • R500+ (31)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie.

Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word.

’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie.

Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .

Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Leon van Nierop Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Leon van Nierop
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

Hell Run Tobruk (Paperback): Justin Fox Hell Run Tobruk (Paperback)
Justin Fox
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

December 1941. It’s the height of World War II and the fate of the world hangs in the balance.

Lieutenant Jack Pembroke is ordered to join a convoy and sail his beloved ship, HMSAS Gannet, from South Africa to Egypt, where he will join the coastal escorts. With the Mediterranean all but closed to maritime traffic and Rommel’s forces rampaging across North Africa, it seems unlikely Gannet will survive.

Jack finds passionate romance with a Spanish beauty in exotic Alexandria but is soon thrust into battle while escorting ships running supplies to the beleaguered town of Tobruk, home of the Second South African Infantry Division. With the pressure building and ships around him being sunk by enemy bombers, Jack must deal with his own trauma while leading his men to safety.

It all comes to a head when Tobruk is surrounded, about to fall to Axis forces, with Gannet still trapped in the port.

Hell Run Tobruk is the third book in the thrilling Jack Pembroke series, each of which is a stand-alone story.

Into The Uncut Grass (Hardcover): Trevor Noah Into The Uncut Grass (Hardcover)
Trevor Noah; Illustrated by Sabina Hahn 1
R299 R271 Discovery Miles 2 710 Save R28 (9%) Ships in 5 - 10 working days

'What will we find in the uncut grass?'
'It depends on what we’re looking for.'

From Trevor Noah, the author of the #1 bestselling memoir Born a Crime, comes a gorgeously illustrated fable in the tradition of The Boy, the Mole, the Fox and the Horse about a young child’s journey into the world beyond the shadow of home, a magical landscape where he discovers the secrets of solidarity, connection, and finding peace with the people we love.

Infused with Trevor’s signature wit and imagination, in collaboration with visionary artist Sabina Hahn, it's a tale for readers of all ages – to be read aloud or read alone.

Roman (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Roman (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Die “roman” in die titel verwys na ’n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig.

Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ’n siener wat glo met ’n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ’n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.

Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”

Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in dié deel van die wêreld omrol, dan hardloop daar sommer gou gevaarlike goete soos skerpioene oor die vlaktes of ’n romans wat jou jaag om in jou skaduwee te kom”.

Kan ’n mens oorlewering glo? Wie was Gert – voorslagboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ’n mens gesels, want stories is plooibaar.

Darlings Of Durban (Paperback): Shafinaaz Hassim Darlings Of Durban (Paperback)
Shafinaaz Hassim
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Darlings of Durban follows the stories of four friends and how their lives intersect and influence each other.

Natasha owns a successful beauty company and is in a serious long-term relationship with the charming Sizwe. Natasha worries that his family will never truly accept her because of her mixed heritage. Does she even believe in marriage? Natasha often seeks the advice of her friend Sofia who's happily married with children. Sofia is the glue that holds the darlings together. The cousins, Farhana and Razia, both have their own complicated marriages. Farhana tries her best to support her husband in his harebrained schemes - even when it's to the detriment of her friendships. While Razia, the only darling in Johannesburg, feels stuck in her role as subservient wife to a husband whose attention is elsewhere.

All four women are navigating the complexities of love and life. But whatever life throws their way, the darlings always have each other.

The Dark Flood (Paperback): Deon Meyer The Dark Flood (Paperback)
Deon Meyer; Translated by KL Seegers
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Almost fired for insubordination, detectives Benny Griessel and Vaughn Cupido find themselves demoted, exiled from the elite Hawks unit and dispatched to the leafy streets of Stellenbosch. Working a missing persons report on student Callie de Bruin is not the level of work they are used to, but it's all they get. And soon, it takes a dangerous, deeply disturbing turn.

Stellenbosch is beautiful, but its economy has been ruined by one man. Jasper Boonstra and his gigantic corporate fraud have crashed the local property market, just when estate agent Sandra Steenberg desperately needs a big sale. Bringing up twins and supporting her academic husband, she is facing disaster. Then she gets a call. From Jasper Boonstra, fraudster, sexual predator and owner of a superb property worth millions, even now.

For Sandra, the stakes are high and about to get way higher. For Benny Griessel, clinging to sobriety and the relationship that saved his life, the truth about Callie can only lead to more trouble.

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie.

Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Die Laaste Kanariegeel Notaboek (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Die Laaste Kanariegeel Notaboek (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart.

Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne 'n storie.

Dolos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Dolos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek.

’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner.

Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Now You Suffer (Paperback): Gareth Crocker Now You Suffer (Paperback)
Gareth Crocker 1
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Detective Ruben Ellis wants to die. The only reason he hasn’t killed himself is because he first needs to hunt down the man who kidnapped and murdered his daughter.

Meanwhile, another victim is being held captive in a twisted underground dystopia. But does Ruben have enough will left to find her in time? Can his partner, Zander, and his brilliant therapist, Melissa, help him unravel a mystery as dark and unseen as the gold mines that run deep beneath the streets of Johannesburg? And will they discover the mind-bending truth about Thing – the deeply troubled figure in the basement?

Now You Suffer is a chilling and wholly unforgettable thriller – the first in bestselling author Gareth Crocker’s riveting new Ruben Ellis series.

Enigma (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Enigma (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R275 Discovery Miles 2 750 Save R90 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie laat hulle koppe draai. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate—en eintlik wou hy dit al gister gehad het.

'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op een of ander manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen?

Kassie en Rooi moet nie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot—een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.

Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie.

Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok?

Geheim Van Die Gruwel Sand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.

The Printmaker (Hardcover): Bronwyn Law-Viljoen The Printmaker (Hardcover)
Bronwyn Law-Viljoen
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

When a reclusive printmaker dies, his friend inherits the thousands of etchings and drawings he has stored in his house over the years. Overwhelmed by the task of sorting and exhibiting this work, she seeks the advice of a curator.

What compulsion drove the printmaker to make art for four decades, and why did he so seldom show his prints? When the curator discovers a single, sealed box addressed to a man in Zimbabwe, she feels compelled to go in search of him to present him with the package, hoping to find an answer to the enigma of the printmaker's solitary life.

Bronwyn Law-Viljoen’s subtle and sophisticated novel reflects on one man’s obsessive need to make meaning through images and to find, in art, the traces of love and friendship.

Die Hart Het Sy Redes (Afrikaans, Paperback): Helena Gunter Die Hart Het Sy Redes (Afrikaans, Paperback)
Helena Gunter
R245 Discovery Miles 2 450 Ships in 6 - 10 working days

Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en ’n menselewe rig.

Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld.

Of dit liefde vir die omgewing, ’n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde ’n pad wat sy meelopers by ’n tuiste bring, soms met ’n traan, meesal met ’n lag, maar altyd met nuwe insig.

The Wilderness Between Us (Paperback): Penny Haw The Wilderness Between Us (Paperback)
Penny Haw
R280 R259 Discovery Miles 2 590 Save R21 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Faye Mackenzie and her friends' anorexic daughter, Clare, are thrown together when a flood separates them from their hiking group in the remote, mountainous Tsitsikamma region of South Africa. With Clare critically injured, Faye is compelled to overcome her self-doubt and fear of the wild to take care of the younger woman, who opens her heart to Faye.

As their new friendship takes the women on an unexpected journey of discovery, the rest of the group wrestles with the harrowing aftermath of their own near tragedy. When the hiking party is reunited, their number is reduced by one.

Juxtaposing physical and psychological suspense, The Wilderness Between Us is a tale of two fragile women who unexpectedly find clarity, independence, and renewed purpose as they fight to survive. It is a vivid, moving story about family, friendship, adventure, and the healing power of nature and compassion.

Kanniedood (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Kanniedood (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R350 R265 Discovery Miles 2 650 Save R85 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Speuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?

Die lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het, en sy word summier tydelik ontslaan.

Sy besluit op ’n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar ’n sindikaat het net die vorige week skaars vetplantjies gestroop en sy smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek. Toe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.

Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie.

Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels.

Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .

Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .

A Spy In Time (Paperback): Imraan Coovadia A Spy In Time (Paperback)
Imraan Coovadia
R280 R221 Discovery Miles 2 210 Save R59 (21%) Ships in 5 - 7 working days

Making sure the end of the world never happens again – that is Enver Eleven’s task. A spy for the Historical Agency, Enver is based in Johannesburg, the only city to survive – thanks to its mining tunnels – when a supernova hit.

In Enver’s Joburg, time-travelling agents jump between the past and future, searching for an elusive enemy plotting against the Agency. Enver’s mission starts off on shaky ground: when his mentor Shanumi Six disappears, Enver must prove that he is no double agent, an allegation as frightening as a white skin in a world where it has become vanishingly rare.

But if you could go back and change the past, would the future turn out the way you want it to? Imraan Coovadia’s dazzlingly original A Spy In Time is an extraordinary tale for extraordinary times.

Scatterlings (Paperback): Resoketswe Manenzhe Scatterlings (Paperback)
Resoketswe Manenzhe
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 5 - 10 working days

WINNER OF THE DINAANE DEBUT FICTION AWARD 2020.

The novel is set over a hundred years ago, and chronicles a tale of migrancy very different to what we have come to expect in African literature. It incorporates myth and ritual, and the stories of extraordinary, ordinary women.

What Scatterlings illustrates is that it is possible to write what you know without limiting yourself to your own actual, physical, lived experience.

Glass Tower (Paperback): Sarah Isaacs Glass Tower (Paperback)
Sarah Isaacs
R280 R259 Discovery Miles 2 590 Save R21 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Leilah meets Frankie, and the two misfits become the closest of friends at their new school – until secrets, betrayal, and sexuality drive them apart…

It’s 1997, three years after the official end of Apartheid in South Africa. Two girls from very different backgrounds, Leilah, who is mixed race, and Frankie, who is white, are drawn together when they start at a new school, one that remains racially divided despite the country’s new laws. Their friendship deepens and intensifies before suddenly falling apart when each tells the other a secret. The girls must grapple with young womanhood alone, leaving Leila with only her troubled family to fall back on.

Glass Tower is a powerful, beautiful story of two young people on a journey of sexual hurt and personal discovery which asks questions of who we are and why we love, set against a new and confusing social order.

Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Suspects
Danielle Steel Paperback  (3)
R401 Discovery Miles 4 010
Frontiers in Aquaculture Biotechnology
W. S. Lakra, Mukunda Goswami, … Paperback R3,925 Discovery Miles 39 250
Advances in Numerical Analysis: Volume…
Will Light Hardcover R4,117 Discovery Miles 41 170
Introducing Delphi Programming - Theory…
John Barrow, Linda Miller, … Paperback  (1)
R751 Discovery Miles 7 510
Professor I. I. Glass: A Tribute and…
Kazuyoshi Takayama, Ozer Igra Hardcover R2,658 Discovery Miles 26 580
Impact of New Media in Tourism
Maria Gorete Dinis, Luis Bonixe, … Hardcover R5,333 Discovery Miles 53 330
Spectral Computations for Bounded…
Mario Ahues, Alain Largillier, … Paperback R1,997 Discovery Miles 19 970
Adele Writes An Ad
Andrew Boulton Paperback R225 R204 Discovery Miles 2 040
Mathematics for Engineers and…
Huw Fox, William Bolton Paperback R1,292 Discovery Miles 12 920
Power Systems Control and Reliability…
Isa S. Qamber Paperback R2,420 Discovery Miles 24 200

 

Partners