Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde
Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis
Madeliefie.
Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die
ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie
veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in
Hans se gemoed los.
Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en
Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het
die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende
talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen
kan word.
’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie
opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis
oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies
kan speel nie.
Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy
aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die
talentkompetisies plaas . . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!