0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (775)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Lafras Cuyper En Die Britse Lokval, Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Lafras Cuyper En Die Britse Lokval, Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper se boot is die Hirondelle - en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indie die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoe, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word. Hulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat 'n heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep...Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Die Leliemoordenaar (Afrikaans, Paperback): Lerina Erasmus Die Leliemoordenaar (Afrikaans, Paperback)
Lerina Erasmus 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?

Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback): Chris Marnewick Redelike Twyfel (Afrikaans, Paperback)
Chris Marnewick
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lę. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net?

Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?

Momo (Afrikaans, Paperback): Michael Ende Momo (Afrikaans, Paperback)
Michael Ende
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 6 - 10 working days

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruďne van ’n amfiteater.

Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kęrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lę daar net nog meer komplikasies voor?

Die Slaghuis (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Die Slaghuis (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R224 Discovery Miles 2 240 Ships in 6 - 10 working days

Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en haar man, Karel, in 1997. Karel is ’n afgetrede oudbrigadier in die Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel.

Hy weier egter om aansoek te doen vir amnestie en kruip letterlik op dié dorp weg. Dit is hier waar verteller Marietta betekenis soek en terselfdertyd sin probeer maak van die skuldlas van haar man en haar eie geheimsinnige verlede. Op die dorp is daar ’n legendariese slaghuis waar Marietta byna elke dag vleisaankope maak en waar die jong meisie Kylie se pa as slagter werk.

Kylie se verhaal word hoofsaaklik in 2017 vertel waar sy dieselfde huis huur waar Marietta en Karel in 1997 gewoon het en besig is, aan die een kant met die verwerking van haar pa se sondes en, aan die ander kant met die opvoeding van haar vet seun. Haar pa was nie net die slagter op die dorp nie, maar verantwoordelik vir die afmaaiing van ’n hele paar mense in die apartheidsera ¬– gebeure van 1977 wat mettertyd in die vorm van terugflitse vorm aanneem en aan dieselfde huis verbind word.

Die roman Die Slaghuis is van vleisbeelde aanmekaargesit. Verwysings na alles van braaivleis tot tong, viennas, potjiekos, afval en “peertjies” (lamstestikels) snoer die roman saam tot geheel en funksioneer as element waardeur spanning geleidelik opgebou word. Die roman draai beslis nie doekies om oor skuld en skuldelas van die apartheidsverlede nie en skakel dit telkens met ’n beheptheid na vleis.

Waterbobbejaan - ?n Legende Uit Die Bosveld Van Marico (Afrikaans, Paperback): Ben Venter Waterbobbejaan - ’n Legende Uit Die Bosveld Van Marico (Afrikaans, Paperback)
Ben Venter 1
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Sakamatlakobata voel soos ’n bywoner op sy eie plaas. Hy wou tot elke prys op Bobbejaankrans kom woon en nou gebeur wat sy bure hom voorspel het. Sy franselemoene word geplunder, sy tentpenne uitgepluk en sy vrou se bakoond met ’n klip toegestop.

Sakamatlakobata weet wie is hiervoor verantwoordelik. Dis die een wat spore op sy werf los: kaalvoetspore soos dié van ’n mens.

Waterbobbejaan boer op hierdie plaas.

Die boer is bekommerd. Is Waterbobbejaan ook die een wat sy hamels vang en daardie maanlignag agter sy en sy gesin se wa aangehardloop het?

Die Lanternswaaier (Afrikaans, Paperback): S.D. Fourie Die Lanternswaaier (Afrikaans, Paperback)
S.D. Fourie
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days
Matilda (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Matilda (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsę en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . . Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Mamba (Afrikaans, Paperback): Pieter Henning Mamba (Afrikaans, Paperback)
Pieter Henning
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘n Spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik.

Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas.

Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lę, wik en weeg hy om die plaas te verkoop - hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure. As hy maar net vroeër rigti ng gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom?

Sekondęre temas van belang is ekologiese aangeleenthede, kultuurhistoriese kwessies binne rasverband en geleentheid vir versoening. Die teenwoordigheid van die legendariese mamba vorm ʼn belangrike simbool in die verhaal.

Mamba is ’n roman wat die leser gaan oorrompel en enduit geboei gaan hou.

Plein En Simpel - 'N Duiwestorie (Afrikaans, Paperback): Marius Ackermann Plein En Simpel - 'N Duiwestorie (Afrikaans, Paperback)
Marius Ackermann
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer die prokureursfirma Plein & Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in ’n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme – en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.

Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As ’n danseres het sy gehore geskok en verruk, as ’n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

Anderkant Omdraai (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Anderkant Omdraai (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R66 Discovery Miles 660 Ships in 6 - 10 working days

Anderkant omdraai is 'n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied 'n vermaaklike leeservaring. Die leser van die rubrieke kan verwag om te lag en om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeer, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag. Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op 'n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.

Die Hormoonfabriek (Afrikaans, Paperback): Saskia Goldschmidt Die Hormoonfabriek (Afrikaans, Paperback)
Saskia Goldschmidt; Translated by Daniel Hugo
R103 Discovery Miles 1 030 Ships in 6 - 10 working days

Liefde en venyn tussen broers, botsende belange tussen handel en wetenskap, fabrieksmeisies wat met sekshormone volgestop word en testosteroongedrewe base – Die hormoonfabriek is 'n bloedstollende verhaal, geinspireer deur historiese feite, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad soms vertroebel raak deur die opwinding van wetenskaplike ontdekkings. Die suksesvolle besigheidsman Mordechai de Paauw, Motke vir sy vriende, besef op sy oudag dat hy nie daarin kon slaag om fatsoenlik te lewe nie. In die twintigerjare van die vorige eeu het hy en sy tweelingbroer Aron 'n asemrowende projek aangepak. Saam met die beroemde farmakoloog Rafael Levine het hulle 'n bedryf begin waarin die afvalvleis van Motke se vleisfabriek gebruik is vir die ontwikkeling van hormoonpreparate. Die omstandighede aan die begin van die onderneming is nie gunstig nie. Ernstige armoede, misdadigheid en opkomende antisemitisme vorm 'n giftige mengsel in die Katolieke plattelandse dorpie waar die twee broers woon en werk. Maar Motke de Paauw druk deur; geen prys is vir hom te hoog nie. As ten slotte na die Tweede Wereldoorlog bestek opgeneem word, blyk dit dat niemand ongeskonde uit die stryd gekom het nie.

Bo is Dit Stil (Afrikaans, Hardcover): Gerbrand Bakker Bo is Dit Stil (Afrikaans, Hardcover)
Gerbrand Bakker; Translated by Daniel Hugo
R103 Discovery Miles 1 030 Ships in 6 - 10 working days

Helmer se pa is sterwend en vir die eerste keer in sewe-en-dertig jaar word daar nie meer bevele geblaf op die plaas op die koue, nat Nederlandse platteland nie. Helmer dra sy pa na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring en word vir die eerste keer gekonfronteer met ’n kans om wraak te neem. Dit word egter ’n kans om homself te leer ken en te doen wat sy hart vir hom voorskryf.

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 6 - 10 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Dinge Daar Doer (Afrikaans, Paperback): Helm Jooste Dinge Daar Doer (Afrikaans, Paperback)
Helm Jooste
R75 Discovery Miles 750 Ships in 6 - 10 working days

Met Daar Doer in Duitswes roep Helm Jooste vervloe dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot rooidag; skater en bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die tandlose Toks – en droom saam met ’n bobaasverteller oor die “se nou maars” en verspeelde kanse in Jessica se blou oe.

Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander 1
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days

Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate ouers hulle kinders aan ’n kultusleier om hulle ’n lewe van slawerny te spaar.

Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou ’n begeesterde Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika kan aansluit. By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde wapens is en hy stem in om ’n “opebinnekantvers” na die landsleiers te neem – ’n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die opkoms van Gabriëllië as węreldmag.

Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke, bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste en die nageslag van ’n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets wonderbaarliks heeltemal mis?

Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Fouche, Jaco Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Fouche, Jaco
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?  

Toe Elvis Ophou Sing (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Toe Elvis Ophou Sing (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 6 - 10 working days

Waar het alles so verkeerd gegaan? Sy het haar voorgeneem om nie soos Ma koud en afsydig teenoor haar man te wees nie. Om te veg vir haar huwelik. Ma het in die huwelik gebly in liggaam maar haar gees was nie daar nie. Sy was nog heeltyd in liggaam en gees daar. Sy het alles gegee, altyd die vrede probeer bewaar, nooit die appelkar omgegooi nie. Hoekom is dit dan dat sy nie haar man kon hou nie? In hierdie aangrypende roman word pertinente vrae gevra: Waarom bly ons lojaal tot die mense vir wie ons lief is? Is daar 'n “reg” en “verkeerd” in verhoudings? Is dit onselfsugtig en groothartig om by 'n verslaafde te staan – of eerder pateties om nie jouself eerste te stel nie? Toe Elvis ophou sing is 'n boek wat 'n binnekyk gee in die lewe van alkoholisme gesien deur die familielede van die alkoholis. Meer spesifiek die kind van 'n alkoholis. Die boek beeld die progressiewe stadia van alkoholisme uit. Waar die alkoholis net as 'n sosiale drinker begin en opeindig as 'n aggressiewe dronkaard. Toe Elvis ophou sing ondersoek ook die effek, wat alkoholisme het, op die individu wat in so 'n huis grootword en later 'n huishouding van haar eie het. Hoe denkpatrone, gedragspatrone en keuses steeds gedryf word deur hierdie disfunksionele gesinsomstandighede waarin die volwassene as kind grootgeword het.

Wanneer Gode Slaap (Afrikaans, Paperback): Erwin Mortier Wanneer Gode Slaap (Afrikaans, Paperback)
Erwin Mortier; Translated by Fanie Olivier
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days
Die Verdriet Van Belgie (Afrikaans, Paperback): Hugo Claus Die Verdriet Van Belgie (Afrikaans, Paperback)
Hugo Claus; Translated by Hugo Claus
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 6 - 10 working days

Die verdriet van België omvat die tydperk 1939–1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van ’n kleurryke en verbysterende familie.

Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ’n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is ’n komplekse en meesleurende roman.

Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

Die Uurwerk Kantel (Afrikaans, Paperback): Marie Hesse Die Uurwerk Kantel (Afrikaans, Paperback)
Marie Hesse
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie meesterlike herinneringsroman, kyk die hoog bejaarde Maria du Preez, gebore Celliers, terug na al die dinge wat met haar gebeur het, al die mense wat haar lewenspad gekruis het en die groot politieke gebeure wat die agtergrond vorm van die klein lewe van gewone mense. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel ’n gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek. In die dertig jaar sedert hierdie roman vir die eerste keer verskyn het, het dit die gunstelingwerk van menige leser geword. Marie Heese se karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunt met die hoofmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangesny word – die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wereldoorloe, die politieke stryd rondom ’48 – word dit met kundigheid en insig gedoen.

Luitenant Lafras Cuyper: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Karl Kielblock Luitenant Lafras Cuyper: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Karl Kielblock
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die tweede boek in die reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Binne twee jaar word Lafras luitenant op die kaperskip Jeanette. Toe die skip uitseil na die eiland waar 'n skat begrawe le, volg twee vyandige skepe hom en Lafras moet veg om die skat te behou. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Emma Se Oorlog (Afrikaans, Paperback): Lien Roux-de Jager Emma Se Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Lien Roux-de Jager
R92 Discovery Miles 920 Ships in 6 - 10 working days

Dis 1899 en alles dui daarop dat oorlog tussen Boer en Brit onafwendbaar is. Emma moet kies tussen twee mans, die een ’n jeugvriend en die ander ’n joernalis wat vir die vyand werk. Daarom moet sy eintlik ook vir of teen haar volk kies. Is haar liefde sterk genoeg om die oorlog te oorleef en regverdig dit die opoffering wat sy moet maak vir hierdie opwindende, Boheemse man? Emma volg haar hart en verlaat die Zuid-Afrikaanse Republiek voor die oorlog begin om haar in Engeland te vestig saam met die man van haar drome. Kort voor lank besef sy dat mense nie altyd is wat hulle voorgee om te wees nie. Na ’n traumatiese paar jaar in die buiteland keer sy terug na haar oorlogsgeteisterde vaderland. Sy besluit dat sy alles in haar vermoe sal doen om haar mense hulle versplinterde lewe te help heelmaak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000

 

Partners