0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (19)
  • R50 - R100 (86)
  • R100 - R250 (574)
  • R250 - R500 (832)
  • R500+ (122)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toemaar, jou dag sal kom . . .

​Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik.

Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis (Afrikaans, Paperback): Julio Agrella Zeus Van Wyngaardt En Die Amasone Van Atlantis (Afrikaans, Paperback)
Julio Agrella
R464 Discovery Miles 4 640 Ships in 2 - 4 working days
Skrywersblok En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Skrywersblok En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 2 - 4 working days

Waarom skryf skrywers waaroor hulle skryf – of hoegenaamd? Is die letterkunde nie maar ’n saak van humorlose erns, soos die karakter Chris Fourie in die titelverhaal van hierdie weldeurdagte kortverahaalbundel beweer nie? Met Skrywersblok sleep Jaco Fouche sy net deur verskeie alledaagse ruimtes – kroee, koffiewinkels, hospitale, treine, kerke – en ontdek hy karakters wat vanuit onverwagse oorde eerlike en ongekunstelde weergawes van die werklikheid voorhou. Want polisieman of misdadiger, gesiene sakeman of sukkelende skrywer – elkeen het uiteindelik dit in gemeen: die behoefte om sin te maak, vreugde te ervaar en iets na te laat wat eendag aan ’n ander kan se “Ek was hier”.

Kaap (Afrikaans, Paperback): Hans Pienaar Kaap (Afrikaans, Paperback)
Hans Pienaar
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 2 - 4 working days
Vervleg (Afrikaans, Paperback): Petro Hansen Vervleg (Afrikaans, Paperback)
Petro Hansen
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld.

Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Oorlog En Terpentyn (Afrikaans, Paperback): Stefan Hertmans Oorlog En Terpentyn (Afrikaans, Paperback)
Stefan Hertmans; Translated by Daniel Hugo
R349 Discovery Miles 3 490 Ships in 2 - 4 working days

Kort voor sy dood in die 1980’s gee Stefan Hertmans se oupa aan sy kleinseun ’n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf Hertmans dit nie oopmaak en lees nie – tot op ’n dag dat hy dit wel doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings as frontsoldaat in die Eerste Wereldoorlog en ’n vroeg gestorwe groot liefde. Na die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf van hierdie roman.

Dis My Geheim (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Dis My Geheim (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R122 Discovery Miles 1 220 Ships in 2 - 4 working days

Eloise, ’n aangenome kind, word onsensitief deur haar biologiese grootouers verwerp. Die 17-jarige Ane se lewe verander dramaties wanneer sy ’n nasionale modelkompetisie wen en vinnig in ’n genadelose grootmenswereld moet aanpas. In Durban oorweeg kinderlose Petra die moontlikheid van aanneming. Die leser word gekonfronteer met aanneming, aangrypend uitgebeeld vanuit verskillende perspektiewe.

Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Kurt Mauser (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R96 Discovery Miles 960 Ships in 2 - 4 working days

Uit die vroee twintigerjare van die vorige eeu ry 'n lang, lenige Suidwester op 'n groot swart perd die gebied van Afrikaanse fiksie binne. 'n Bebaarde ridder met bree skouers; kampvegter teen ongeregtigheid, 'n vriend van veronregtes en die vyand van swendelaars en booswigte: Kurt Mauser. Kurt Mauser is seker een van Doc Immelman se bekendste en mees geliefde karakters. Hierdie publikasie is 'n heruitgawe van die heerlike avontuurverhaal wat in 1978 vir die eerste keer verskyn het.

Momo (Afrikaans, Paperback): Michael Ende Momo (Afrikaans, Paperback)
Michael Ende
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Momo, ’n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van ’n groot stad in die ruïne van ’n amfiteater.

Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het ’n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel.

Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.

Clarence Van Buuren - Die Man Agter Die Donkerbril (Afrikaans, Hardcover): Chris Marnewick Clarence Van Buuren - Die Man Agter Die Donkerbril (Afrikaans, Hardcover)
Chris Marnewick
R349 Discovery Miles 3 490 Ships in 2 - 4 working days

Clarence van Buuren is met 'n geheim galg toe. Vyftig jaar later probeer Chris Marnewick hierdie geheim oplos. Van Buuren is in 1956 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor, en het tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes: 'n Siener het die lyk na 'n seance opgespoor, Van Buren en Aken was lovers, maar die lyk is seksueel vermink. Inligting dui daarop dat Van Buuren 'n narsissistiese psigopaat was en 'n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. 'n Emosionele vampier. 'n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.

Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Vermoedelik Dood (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar.

In sy lewe voor hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêrelhandelsentrum in Kemptonpark elimineer.

Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.

Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Die Uil In Die Ysbos (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . . 

Ons Is Nie Almal So Nie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jeanne Goosen Ons Is Nie Almal So Nie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jeanne Goosen
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wat het 'n mooi Afrikanervrou in die 1950's gedoen as die lewe begin druk? As haar man 'n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met 'n asmapompie en haar pa 'n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangese word om te trek? Deur die oe van 'n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van die wereld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank.

Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Mariel le Roux Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Mariel le Roux
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.

Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Bloed Op die Duine en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is ’n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in ’n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.

Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback): Kas Van den Bergh Man Uit Die Vreemde (Afrikaans, Paperback)
Kas Van den Bergh
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.

Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander 1
R322 Discovery Miles 3 220 Ships in 2 - 4 working days

Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate ouers hulle kinders aan ’n kultusleier om hulle ’n lewe van slawerny te spaar.

Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou ’n begeesterde Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika kan aansluit. By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde wapens is en hy stem in om ’n “opebinnekantvers” na die landsleiers te neem – ’n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die opkoms van Gabriëllië as wêreldmag.

Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke, bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste en die nageslag van ’n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets wonderbaarliks heeltemal mis?

Die Aandete (Afrikaans, Paperback): Herman Koch Die Aandete (Afrikaans, Paperback)
Herman Koch; Translated by Daniel Hugo
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.

Die Groot Sand en Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Groot Sand en Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Na ’n moordende staptog kry hulle die diamante, maar ’n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man … Trek die koffiekan nader en lees ook oor ’n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.

Skepsel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skepsel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R327 Discovery Miles 3 270 Ships in 2 - 4 working days

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R122 Discovery Miles 1 220 Ships in 2 - 4 working days

Dot Serfontein het Liefde in die kwepertyd as 'n vervolgverhaal in Sarais Marais geskryf. Dit was egter so gewild, dat dit in boekvorm verskyn het gedurende 1960. In hierdie verhaal raak ’n teruggetrokke boer verlief op die foto van ’n hartseer donkerkopnooi in sy bure se huis. 'n Briefwisseling ontstaan en die boer is oortuig dat hy sy trouvrou ontmoet het. Wanneer sy op die plaas aankom, is die briefskrywer – ‘n sagggeaarde blondine met kuiltjies in haar wange – egter glad nie die meisie op die foto nie . . . Die boer moet besluit of liefde ’n illusie of werklikheid is.

Blouwillestories (Afrikaans, Paperback): Willem Theron Blouwillestories (Afrikaans, Paperback)
Willem Theron
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 2 - 4 working days

Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se "skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme (die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.

Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.

Skilpoppe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Barrie Hough Skilpoppe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Barrie Hough
R199 R178 Discovery Miles 1 780 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Accord relatif au transport…
United Nations. Economic Commission for Europe Paperback R5,012 Discovery Miles 50 120
Childhood, Youth, and Religious Dissent…
L. Underwood Hardcover R2,369 R1,873 Discovery Miles 18 730
Research Handbook on Ocean Acidification…
David L. VanderZwaag, Nilufer Oral, … Hardcover R5,928 Discovery Miles 59 280
Emerging Perspectives on the Mobile…
Juan Miguel Aguado, Claudio Feijoo, … Hardcover R5,249 Discovery Miles 52 490
Wild Men - Ishi and Kroeber in the…
Douglas Cazaux Sackman Hardcover R788 Discovery Miles 7 880
Introduction to Coding Theory
Jurgen Bierbrauer Paperback R1,479 Discovery Miles 14 790
Lethal Spots, Vital Secrets - Medicine…
Roman Sieler Hardcover R3,571 Discovery Miles 35 710
Trail Blazer - My Life As An…
Ryan Sandes, Steve Smith Paperback  (1)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
What Time is It? You Mean Now?: Advice…
Yogi Berra Paperback R375 R347 Discovery Miles 3 470
Running High, Running Low, Running Long
Ben Rolfe Hardcover R609 Discovery Miles 6 090

 

Partners