In hierdie meesterlike herinneringsroman, kyk die hoog bejaarde
Maria du Preez, gebore Celliers, terug na al die dinge wat met haar
gebeur het, al die mense wat haar lewenspad gekruis het en die
groot politieke gebeure wat die agtergrond vorm van die klein lewe
van gewone mense. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel ’n
gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek. In die dertig jaar
sedert hierdie roman vir die eerste keer verskyn het, het dit die
gunstelingwerk van menige leser geword. Marie Heese se karakters
leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome
kan vereenselwig. En waar daar raakpunt met die hoofmomente in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis aangesny word – die Tweede
Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wereldoorloe,
die politieke stryd rondom ’48 – word dit met kundigheid en insig
gedoen.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!