Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is
sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As ’n danseres het sy
gehore geskok en verruk, as ’n vertroueling en courtisane het sy
die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as
gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se
leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy
gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van
spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n
vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag
en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem
in haar finale brief.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!