![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n
dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans
na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met
Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as
verpleegsters.
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
G.R. von Wielligh (1859–1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karoo, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer. In hierdie publikasie word Boesmanstories Deel I: mitologie en legendes, en Boesmanstories Deel II: Dierestories en ander verhale, 90 jaar na die oorspronklike verskyning in een deel in eietydse Afrikaans heruitgegee. Daar word vertel hoe reen deur die reenbees gemaak word, hoe fonteinwater ontstaan het deur die groot waterslang met die blink steen op sy kop en hoe die dood deur ’n haas in die wereld gekom het. Stories oor Leeu, Wolf en Jakkals is ook volop en daar word vertel waarom Skilpad en Slang broers is.
Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Somsisdaar eilandjies vrede,soosin enige goeieoorlog. Maar oorlog is soosliefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht seMutter Courage und ihre Kinderbied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.
Sagmoedige Neelsie ly onder die bure – en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die ingewing van die oomblik skaf hy ’n oudsirkusolifant aan – ook bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So ’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om die hals val.
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die
Smuts-regering ruk ? Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen
twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer
sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in
Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die
eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ? eed
wat net deur die dood verbreek kan word.
Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk le langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort 'n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en se vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in 'n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in 'n rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.
’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes. Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.
Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike. As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is. Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Sy kenmerkende humor loop hand aan hand met erns en besinning. Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terrier trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes. Vier geslagte later maak sy naamgenoot weer kamp aan die Zambezi, by Manaka – Plek van die Horings. Maar die sendelinge maak ook op Manaka aanspraak – en almal moet nog verby die khuta kom – in tonele waarin Pieterse se humor opnuut sy lesers se harte steel. Nie ver van Manaka af nie, haak die vierde Chipman se boot in Liabwa la Twelve vas. In die meesterlike ontknoping en slottonele loop die Chipmans en die Mulambwas se paaie na meer as 'n eeu weer saam. Pieter Pieterse se reis het op 17 Maart 2002 geeindig toe hy grusaam om die lewe gebring is in die land wat hy geken en liefgehad het. Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom.
Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie. Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.
Eiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het
nog nooit ’n klimaks ber eik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel
verstuit.
In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.
Blouwillem is vir heelwat koerantlesers sinoniem met Maandagoggend. Hierdie hoogs vermaaklike bundel is 'n tweede versameling van Blouwillem se tong-in-die-kies wyshede. Blouwillem neem in Willer Blouwillestories onder andere seerowers onder die loep, hy besin oor Charlize se lewensverhaal, munt die Groot Vier en identifiseer Daai Kyk. Origens bied hierdie bundel waardevolle wenke vir diegene wat ’n leerlingbestuurderslisensie moet bekom – en nee, ’n pedofiel is nie ’n onderwyskwalifikasie nie....
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Konrad werk vir DMK, 'n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van 'n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), 'n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen. Hy en sy vier metgeselle beleef 'n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beïndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot 'n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote 'n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom 'n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand. Die projek neem 'n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet 'n kopskuif asook moeilike besluite maak.
Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem. Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge. Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.
Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur. Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos. Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.
Die dag toe Pappie die kaleidoskoop stukkend gekap het, het ’n paar van die gekleurde skywe ver weggespat en in die lang gras gaan skuil. Later, nadat die ouman weg was poskantoor toe, het hy die stukkies gaan bymekaar maak – ’n paar geles, ’n mooi groene en ’n klompie bloues en perses. Die res was gewone spieëltjies en hy het net ’n paar daarvan opgetel. Maar daar was bitter min van sy droom oor. Hy voel die hitte van daardie dag se woede deur hom spoel. Sien weer die arend teen die lug draai en die skelm blink van die paar stukkies glas in die lang gras. Dan ontspan hy. Sy lewe was nooit heel nie. Altyd in stukke. Tronk was sy voorland – soos Pa voorspel het … NOU gaan Schoeman huis toe. MAAR sal hy nou die liefde en aanvaarding kry waarna hy smag, of sal hy steeds nie goed genoeg wees nie …? KALEIDOSKOOP is ‘n historiese roman wat die verhaal van Schoeman en sy familielede vertel. Die besonderse verhaal van lief en leed sal jou as kieskeurige leser enduit boei.
Nataniel se jongste bundel is 'n keuse van 46 stories (15 in Engels en 31 in Afrikaans) uit sy verhoogproduksies sedert 2007, onder meer uit Predicting Snow, Men who Fly, Egg Whites and Angel Food, Coronation, Cathedral, Knowing your Microwave and other Magical Moments, Combat. Magiese vertellings oor ons absurde wereld: die vreemdheid maar ook die bekendheid daarvan. 'n Meesterstorieverteller. |
You may like...
Revise BTEC National Information…
Daniel Richardson, Alan Jarvis
Paperback
R483
Discovery Miles 4 830
Biometals in Neurodegenerative Diseases…
Anthony R White, Michael Aschner, …
Hardcover
Heinemann Information Technology for…
Deepak Dinesan, Peter Reid, …
Paperback
R1,104
Discovery Miles 11 040
Interact with Information Technology 2…
Roland Birbal, Michele Taylor
Paperback
R774
Discovery Miles 7 740
Digital T Level: Digital Support…
Sonia Stuart, Maureen Everett
Paperback
R1,333
Discovery Miles 13 330
|