0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (775)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Willer Blouwillestories (Afrikaans, Paperback): Willem Theron Willer Blouwillestories (Afrikaans, Paperback)
Willem Theron
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Blouwillem is vir heelwat koerantlesers sinoniem met Maandagoggend. Hierdie hoogs vermaaklike bundel is 'n tweede versameling van Blouwillem se tong-in-die-kies wyshede. Blouwillem neem in Willer Blouwillestories onder andere seerowers onder die loep, hy besin oor Charlize se lewensverhaal, munt die Groot Vier en identifiseer Daai Kyk. Origens bied hierdie bundel waardevolle wenke vir diegene wat ’n leerlingbestuurderslisensie moet bekom – en nee, ’n pedofiel is nie ’n onderwyskwalifikasie nie....

'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Zirk van den Berg 'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Zirk van den Berg 1
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie.

En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim.

Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

Moerbeibos (Afrikaans, Paperback, 3de Heruitgawe): Dalene Matthee Moerbeibos (Afrikaans, Paperback, 3de Heruitgawe)
Dalene Matthee
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswereld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reen, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Italie toe.

Stoffel: die beste stories (Afrikaans, Paperback, Herdruk Uitgawe): Christiaan Bakkes Stoffel: die beste stories (Afrikaans, Paperback, Herdruk Uitgawe)
Christiaan Bakkes
R114 Discovery Miles 1 140 Ships in 4 - 6 working days

Met sy eerste boek, Die lang pad van Stoffel Mathysen, het Bakkes die Stoffel-persona geskep vir die oorvertel van ware gebeurtenisse in sy lewe. Tussen 2000 en 2012 verskyn ’n reeks van vier kortverhaalbundels met Stoffel as die verteller. En in 2015 word 45 van die bestes stories deur sy voormalige redakteur Suzette Kotzé-Myburgh in een bundel saamgebondel met die titel, Stoffel: die beste stories, treffend aangevul deur ’n fotoseksie in kleur.

In sy kenmerkend ongekunstelde en humoristiese styl vertel Bakkes van sy eerste wilderniservarings as kind, van sy dienspligjare en van sy werk as safarigids in Namibië. Hy vertel stories van die veld, van berge en bosse – as reisiger deur Afrika, met ’n stem soos geen ander in Afrikaans.

17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes.

Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.

Hoopvol (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Hoopvol (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
R263 R235 Discovery Miles 2 350 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoopvol is die verhaal van 'n 16-jarige jong man, Ben de Koker, wat 'n soektog onderneem na sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in 'n brand in Mayfair, Johannesburg. Parallel aan die narratief ontvou die verhaal van die 18-jarige Natalie, 'n weeskind wat op die Karoo-dorpie Hoopvol woon by die plaaslike pastoor en sy vrou.

Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R260 R227 Discovery Miles 2 270 Save R33 (13%) In Stock

In Eiland in die son​ begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenęrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nęrens te vinde is nie.

Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Seńor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . .

In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Verblyf (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron Verblyf (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Marita van der Vyver Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Marita van der Vyver
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hanna het 'n ongelooflike verbeelding en sy is boonop baie slim. Dis waarom sy so baie vrae vra en dis hieroor dat sy die bynaam 'Hanna Hoekom' kry. Op 'n dag besluit haar eksentrieke ma dat die hele familie saam moet vakansie hou in 'n ou huis in die berge, waar die hele familie gestrand raak. Dis seker nie so erg nie, maar Hanna Hoekom se familie sluit in 'n gay biologiese pa, 'n stiefpa wat 'n akteur is, twee stiefbroers en 'n irriterende klein half-boetie!

Toorberg (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Toorberg (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

Paljas - Die filmdraaiboek (Afrikaans, Paperback): Chris Barnard Paljas - Die filmdraaiboek (Afrikaans, Paperback)
Chris Barnard
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verhaal van 'n wonder wat met 'n gesin gebeur het. Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk.

Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Die Laksman se Dogter (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.

Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sę nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.

Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.

Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.

Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?

Wilhelmina - Kampkind Op Java (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Wilhelmina - Kampkind Op Java (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R73 Discovery Miles 730 Ships in 6 - 10 working days

Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan ’n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ’n mens jou daarin kan inleef.

Gif (Afrikaans, Hardcover): Piet Van Rooyen Gif (Afrikaans, Hardcover)
Piet Van Rooyen
R63 Discovery Miles 630 Ships in 6 - 10 working days

In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.

Soek die koek! (Afrikaans, Hardcover): Soek die koek! (Afrikaans, Hardcover)
1
R68 Discovery Miles 680 Ships in 6 - 10 working days
Kobra (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Kobra (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 2
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ’n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik?

Voeg hierby ’n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en ’n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek.

Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!

Nagouers (Afrikaans, Paperback): Saskia De Coster Nagouers (Afrikaans, Paperback)
Saskia De Coster
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is my storie, maar dit is ook die storie van elke ouer wat al 'n keer gestruikel het," se Saskia de Coster by geleentheid oor Nagouers. De Coster (1976 - ) is 'n prominente figuur in die hedendaagse Vlaamse prosa. Danksy haar optrede by verskillende kunstefeeste is sy geen onbekende in Suid-Afrika nie. Nachtouders (2019) is intussen reeds in meer as tien tale vertaal. Dit is die verhaal van "nie-biologiese ouerskap" waarby die sielkundige spanning uiteindelik maar te herkenbaar sal wees vir ook diegene wat al met "biologiese ouerskap" gekonfronteer is. Saskia word onder verswee teensinnigheid moeder saam met haar groot liefde en eggenote, Juli. Laasgenoemde dring daarop aan om 'n eie kind in die wereld te bring. Vervolgens raak 'n skenker betrokke, Karl, 'n Kanadese homo- vriend van Saskia. Terwyl die skenkerproses self nie sonder moeite en selfs skaterende humor verloop nie, raak duidelik dat dit ondanks die kliniese aard daarvan nogtans die individuele agtergrond van elk van die betrokkenes op die spel bring. Sake word op die spits gedryf wanneer die gesinn etjie Karl se moeder op die eiland Portes aan die Kanadese Weskus besoek, 'n van die moderne wereld afgeslote plek bewoon deur 'n vergrysende hippie-gemeenskap en 'n afkerige Indiane-groep. Ouerskap, liefde en die stryd om individuele lewensruimte bly onderliggend aan die gebeure met alle eienskappe van 'n riller. Hoewel die hooffiguur ook Saskia heet en die boek eienskappe van 'n ego-dokument het, is dit 'n meesleurende roman wat uitnooi tot 'n besondere leeservaring.

Om Helena Te Hoor (Afrikaans, Paperback): Carolyn Morton Om Helena Te Hoor (Afrikaans, Paperback)
Carolyn Morton
R41 Discovery Miles 410 Ships in 6 - 10 working days

Toe Helena se uiters talentvolle broer onttrek uit ’n kompetisie vir klavieruitvoerings, kry sy uiteindelik die kans om vir almal te wys sy is ewe talentvol. Nou sal sy by die Musiek-Akademie kan inkom, maar sy moet ’n geweldige besluit neem: Gaan sy haar prysgeld gebruik vir haar musiekstudies, of om vir die operasie van haar beste vriendin, wie se ouers, nes hare, dit nie breed het nie, te betaal? ’n Aangrypende, maar ook verkwikkende verhaal van moed, deursetting en vriendskap. Roman vir jong volwassenes. “Die verskil tussen jou en jou broer is dat hy nie net vir homself nie, maar ook vir sy ouers speel. Dit is sy grootste probleem,” het Madame Pandora gese. “Maar jy . . . Jy speel net vir jouself. En dit is jou grootste probleem.” Ook verkrygbaar in Engels as Hearing Helen.

Spertyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Spertyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert 1
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Elsa Joubert - Biografiese inligting

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondęre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugčne Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.

Plaasmoord (Afrikaans, Paperback): Karin Brynard Plaasmoord (Afrikaans, Paperback)
Karin Brynard
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns (2010) M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (2010) Inspekteur Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die brutaliteit van misdaad in Johannesburg. Hy kom soek rus en vrede op ’n klein dorpie aan die rand van die Kalahari, waar hy ’n nuwe veediefstal-eenheid op die been moet bring. Dan word ’n grusame dubbele moord op ’n plaas gepleeg. Gou kry Beeslaar egter met veel meer as ’n “gewone plaasmoord” te doen. Hy word gekonfronteer met ’n koelbloedige veediefstalsindikaat, Afrika-towerkuns, ’n ou grondeis in ‘n plofbare politieke klimaat wat deur ’n regse wit vigilantegroep uitgebuit word. En dit is maar net die begin. ’n Naelkou-misdaadroman met ’n nuwe, eg Suid-Afrikaanse speurheld. Plaasmoord is in Nederlands vertaal as Moord op Huilwater.

Kaleidoskoop (Afrikaans, Paperback): Anna S. Ahllers Kaleidoskoop (Afrikaans, Paperback)
Anna S. Ahllers
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Die dag toe Pappie die kaleidoskoop stukkend gekap het, het ’n paar van die gekleurde skywe ver weggespat en in die lang gras gaan skuil. Later, nadat die ouman weg was poskantoor toe, het hy die stukkies gaan bymekaar maak – ’n paar geles, ’n mooi groene en ’n klompie bloues en perses. Die res was gewone spieëltjies en hy het net ’n paar daarvan opgetel. Maar daar was bitter min van sy droom oor.

Hy voel die hitte van daardie dag se woede deur hom spoel. Sien weer die arend teen die lug draai en die skelm blink van die paar stukkies glas in die lang gras. Dan ontspan hy. Sy lewe was nooit heel nie. Altyd in stukke. Tronk was sy voorland – soos Pa voorspel het …

NOU gaan Schoeman huis toe.

MAAR sal hy nou die liefde en aanvaarding kry waarna hy smag, of sal hy steeds nie goed genoeg wees nie …?

KALEIDOSKOOP is ‘n historiese roman wat die verhaal van Schoeman en sy familielede vertel. Die besonderse verhaal van lief en leed sal jou as kieskeurige leser enduit boei.

Proteus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Proteus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n medestryder wat gyselaar gehou word. Maar die “losprys” wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met “sensitiewe” inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoe doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op ’n “geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom. Spanning uit die boonste rakke; ’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.

In die Tyd van Uile (Afrikaans, Paperback): In die Tyd van Uile (Afrikaans, Paperback)
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Sarina Dönges het reeds in Nuwwe Stemme 2 gedigte gelewer met beeldryke omskrywings wat die leser deur drome op reis neem. Haar debuutbundel is ryk aan Bybelse intertekste, verwysings uit die kuns en teater. Bekende karakters en figure (Plato, Byron, Pope, Galileo, Boeddha, Dalí, Plath, Ana Blandiana) word betrek by haar verse oor verlore liefde, drome en die dood. Ook tree sy in gesprek met bekende Suid-Afrikaanse skrywers in ’n bundel wat ryk aan intertekste is.

ons het haar op ’n Meidag begrawe

in die boekery van ons gedagtes

(waar sy later stof sal opgaar) enklave

buite ons gebied ...

... verslete

in haar omslag, binne die bindwerk

broos, bly sy vir jou ’n geslote boek;

die dag in sy duifgrys pak, bloot boekmerk.

Natuur-lik! (Afrikaans, Paperback): Erik Holm Natuur-lik! (Afrikaans, Paperback)
Erik Holm
R75 R67 Discovery Miles 670 Save R8 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie titel gee die skrywer sy mening oor die ekologiese krisis en beveel aan dat ons ons hele wereldbeskouing verander, nie net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sonder malaria! Het u geweet vegetariers is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der waarheid net een doel, en dis om ander mense ewe ongelukkig te maak. En hulle het geld. Soos die ikone van televisie-prediking weet hulle hoe om hulle bydraes uit naiewe ou tannies se sakke te rokkel. Wanneer die dood tersprake kom, glo hy ons instinkte lieg vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie.

21+ (Afrikaans, Paperback): Jan Rabie 21+ (Afrikaans, Paperback)
Jan Rabie
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Met sy bundel 21 het Jan Rabie in 1956 nie net sy eie mondigwording as skrywer aangekondig nie, maar ook die nuwe koers uitgewys waarin die Sestigers die Afrikaanse letterkunde sou stuur. 21+ wat die eerste keer in 2002 verskyn het, bevat benewens die 21 gedronge kortprosas ook dertien van die oorspronklike Engelse tekste. 'n Insiggewende oopmaakwoord deur wyle André P Brink oor die ontstaan van die bundel maak van hierdie uitgawe 'n besonderse geskenk en versamelaarsitem.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Voices Are Alive
Louis Bruno Hardcover R974 Discovery Miles 9 740
Cambridge IGCSE Information and…
David Watson Paperback R440 Discovery Miles 4 400
The House In The Pines
Ana Reyes Paperback R439 R401 Discovery Miles 4 010
Falling Monuments, Reluctant Ruins - The…
Hilton Judin Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
Blood Trail
Tony Park Paperback R310 R281 Discovery Miles 2 810
Visual Century: 1907 - 1948: Vol 1…
Jillian Carman Paperback R400 R369 Discovery Miles 3 690
See Touch Feel: Numbers
Priddy Books, Roger Priddy Board book R100 R91 Discovery Miles 910
Croxley Abacus - 12 x 10 Plastic Beads…
R87 Discovery Miles 870
Every Day Is An Opening Night - Our…
Des & Dawn Lindberg Paperback  (1)
R430 R397 Discovery Miles 3 970
Cults: Faith, Healing and Coercion
Marc Galanter Hardcover R1,592 Discovery Miles 15 920

 

Partners