0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (113)
  • R100 - R250 (418)
  • R250 - R500 (836)
  • R500+ (82)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Kaalvoet Oor Die Berg (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron Kaalvoet Oor Die Berg (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days
Wals met Matilda (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh Wals met Matilda (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.

Hartedief (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R184 R173 Discovery Miles 1 730 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit.

ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)

Liefde Vir 'n Prins (Afrikaans, Paperback): Zinet Oosthuizen Liefde Vir 'n Prins (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oosthuizen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock

Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees.

Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.

Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!

Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R365 R342 Discovery Miles 3 420 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Toemaar, jou dag sal kom . . .

​Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik.

Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Die Heimat Projek - 'n Reis van Toeka tot Toekoms (Afrikaans, Paperback): Andre De Villiers Die Heimat Projek - 'n Reis van Toeka tot Toekoms (Afrikaans, Paperback)
Andre De Villiers
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Konrad werk vir DMK, 'n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van 'n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), 'n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen.

Hy en sy vier metgeselle beleef 'n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beïndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot 'n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote 'n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom 'n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand.

Die projek neem 'n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet 'n kopskuif asook moeilike besluite maak.

Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R445 R417 Discovery Miles 4 170 Save R28 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid?

’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . .

Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.

Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Branderjaer - Branderjaer-Sage: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .

Môrewind Oor Die Karasberge (Afrikaans, Hardcover, Reprint ed): E.L.P. Stals Môrewind Oor Die Karasberge (Afrikaans, Hardcover, Reprint ed)
E.L.P. Stals
R438 Discovery Miles 4 380 Ships in 4 - 8 working days

Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie.

Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie.

Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.

Die Bul Van Kashimbo (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die Bul Van Kashimbo (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

As jy ’n ryk man is wat al jou gesinslede in ’n motorongeluk verloor, behalwe jou beeldskone dogter ... Hoe toets jy die staal van die man wat haar van jou af wil wegneem?

Die Uurwerk Kantel (Afrikaans, Paperback): Marie Hesse Die Uurwerk Kantel (Afrikaans, Paperback)
Marie Hesse
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie meesterlike herinneringsroman, kyk die hoog bejaarde Maria du Preez, gebore Celliers, terug na al die dinge wat met haar gebeur het, al die mense wat haar lewenspad gekruis het en die groot politieke gebeure wat die agtergrond vorm van die klein lewe van gewone mense. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel ’n gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek. In die dertig jaar sedert hierdie roman vir die eerste keer verskyn het, het dit die gunstelingwerk van menige leser geword. Marie Heese se karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunt met die hoofmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangesny word – die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wereldoorloe, die politieke stryd rondom ’48 – word dit met kundigheid en insig gedoen.

Elke Mossie Wat Val (Afrikaans, Paperback): Kas Van den Bergh Elke Mossie Wat Val (Afrikaans, Paperback)
Kas Van den Bergh
R71 Discovery Miles 710 Ships in 4 - 8 working days

Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Willer Blouwillestories (Afrikaans, Paperback): Willem Theron Willer Blouwillestories (Afrikaans, Paperback)
Willem Theron
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Blouwillem is vir heelwat koerantlesers sinoniem met Maandagoggend. Hierdie hoogs vermaaklike bundel is 'n tweede versameling van Blouwillem se tong-in-die-kies wyshede. Blouwillem neem in Willer Blouwillestories onder andere seerowers onder die loep, hy besin oor Charlize se lewensverhaal, munt die Groot Vier en identifiseer Daai Kyk. Origens bied hierdie bundel waardevolle wenke vir diegene wat ’n leerlingbestuurderslisensie moet bekom – en nee, ’n pedofiel is nie ’n onderwyskwalifikasie nie....

Vyf Waens Na San Pedro (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Vyf Waens Na San Pedro (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Plaas 'n korrelkop beroepsjagter, 'n gierige Portugese streeksoffisier en 'n beeldskone Engelse lady in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes; voeg oproerige Ovambo's, 'n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie – en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige, aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel. Die Engelse roos Elize Foxcroft is nie net beeldskoon nie – sy's ook hardkoppig en onverskrokke. Maar wanneer haar skatryk pa as gyselaar geneem en aangehou word deur die Portugese skobbejak Avaro Duarto Gomez, besef sy dat sy vroualleen waarskynlik nie hond haaraf gaan maak nie. Kan Zak Marais, die legendariese beroepsjagter en met ’n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en 'n verlede vol skimme vertrou word om haar te help? En sal die bedenklike klein trekgeselskap die boosdoeners in San Pedro kan uitoorle?

Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Sagmoedige Neelsie ly onder die bure – en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die ingewing van die oomblik skaf hy ’n oudsirkusolifant aan – ook bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So ’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om die hals val.

Gif (Afrikaans, Hardcover): Piet Van Rooyen Gif (Afrikaans, Hardcover)
Piet Van Rooyen
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days

In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.

Medusa (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Medusa (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback): Lize Albertyn-du Toit Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback)
Lize Albertyn-du Toit
R274 Discovery Miles 2 740 Ships in 2 - 4 working days

“Pappa, die sterre is dieselfde hier.”

Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is.

Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom, dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Want Milano was dan net die een dag laat vir skool. Maar juffrou Meintjies het ander nuus. Dis Geelsuiker wat raad gee:

“Jy moet nou gaan doen wat die regte ding is, Mieta. Daardie klong,” en hy wys na waar Milano die perd inspan, “vat nou die grootpad. Moenie hom in ’n klein kampie ingekeer hou nie.”

Die kinders van Spookwerwe is ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo oral inkruipplek kry en diep in jou hart kom lê. Dis ’n roman oor ma-wees, oor grootword, en oor verliese. Maar ook van weer vol word.

Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Ruan Kemp Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Ruan Kemp
R395 R370 Discovery Miles 3 700 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.”

George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue.

Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan.

Skilpoppe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Barrie Hough Skilpoppe (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Barrie Hough
R189 R178 Discovery Miles 1 780 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days
'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Zirk van den Berg 'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Zirk van den Berg 1
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie.

En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim.

Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

Verblyf (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron Verblyf (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R63 Discovery Miles 630 Ships in 4 - 8 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Asking Alexandria: Live from Brixton and…
Asking Alexandria DVD R442 Discovery Miles 4 420
The Tjolgtjarian Mass
CD R272 Discovery Miles 2 720
Zero Order Phase CD (2008)
Jeff Loomis CD R380 Discovery Miles 3 800
Slaves to the Darkness
Destructive Tendencies CD R500 Discovery Miles 5 000
1984
Ted Templeman CD R353 Discovery Miles 3 530
Spires
Incarna CD R136 Discovery Miles 1 360
Home
Visions CD R299 Discovery Miles 2 990
Before the Plane of Angles
Wild Hunt Vinyl record R663 R339 Discovery Miles 3 390
End Of An Era
Nightwish DVD R372 Discovery Miles 3 720
Evinta
My Dying Bride CD R115 Discovery Miles 1 150

 

Partners