Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert
Camus handel oor die lotgevalle van ’n klompie mense wat in die
Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek.
Die hoofkarakter, dr. Bernard Rieux, word die eerste keer bewus van
iets buitengewoons wanneer groot klompe rotte vrek in die
woonstelgebou waar hy bly. Gaandeweg word hy al meer by die
behandeling van die siekes betrek en word hy toeskouer van hoe
verskillende mense reageer wanneer toestande al hagliker en
benouender word. Sy band met ander mense, soos die toeris Tarrou,
die joernalis Rambert en die staatsamptenaar Grand word deur hulle
betrokkenheid by die verloop van die pes versterk, terwyl hulle na
die sluiting van die stadspoorte al hoe meer bewus word van hulle
afsondering en die afwesigheid van geliefdes. Camus se roman is al
gelees as allegorie van die besetting van Frankryk gedurende die
Tweede Wereldoorlog en die pes kan beskou word as enige bedreiging
vir menslike vryheid. Die bedreiging van 'n epidemie soos vigs
verleen aan hierdie roman besondere relevansie vir Suid-Afrikaanse
lesers.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!