![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan.
Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.
Langs 'n stormrivier skop 'n vrou haar hoehak Bally-skoene uit, want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. 'n Ander vrou (deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in 'n Klein-Karoo-dorp totdat 'n naaldekoker haar pad versper. Op 'n plakkaat In 'n Londense moltreinstasie vra 'n wildtuinleeu: "Want to shift your boundaries?" En nooi dan: "Come to Africa." Die reis lei ook na 'n buurt waar antie Bybie-hulle dalk nie tuis is nie, want dis All Pay en die kinders het 'n skroppietjie vir die dag gekry. Daar word oor grense heen verken, en die reisiger staan telkens uitgelewer, want die terrein is ongewoon en die gekoesterde bagasie en bekende roete geld nie. Die verhale - ironies en nie sonder humor nie - kleur komplekse menseverhoudinge met menslikheid en deurleefde kennis in. Knap verweef en terselfdertyd toeganklik.
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél … Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie. Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag. Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie. Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?
’n Heruitgawe met ’n pragtige nuwe omslag. ’n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om die moord op te los en ’n testament te vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag, die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien baie dollars . . . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militere Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van die ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.
Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as “Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n medestryder wat gyselaar gehou word. Maar die “losprys” wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met “sensitiewe” inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoe doen om hom te keer. En nou word jagter die prooi. Op ’n “geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy vorder, hoe stywer span die net om hom. Spanning uit die boonste rakke; ’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.
Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie. 'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei. Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.
Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe. In ’n boomryke Johannesburgse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan. In die yslandskap van Reykjavic neem ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende laaste aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur. Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie. Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin – ’n jong wiskundige vir wie elektroniese musiek ’n meditasie is – saam ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n donker poel vol glimmende palings beleef. Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor
Oom Schalk Lourens, die voorste storieverteller in die Transvaal, sit reg op sy riempiesbank om sy gewildste stories met jou te deel: Willem Prinsloo se perskebrandewyn, Die Rooinek, Die musiekmaker en al die ander stories uit Mafeking Road, die bundel wat Herman Charles Bosman gevestig het as Suid-Afrika se gunstelingskrywer – hier volledig herstel uit die oorspronklike bronne.
Die vonke spat toe Christie Grey haar pa se nuwe voorman, Brand,
ontmoet. Wie is hy om haar sommer so af te keur? Die ergste is dat haar
kêrel, Paul, haar hart nie naastenby so wild laat klop nie.
Toe Mia Roux, kunstenaar en eienaar van ’n kunsgalery, in Jaco Botes se
uitsonderlike oë kyk, besef sy hier kom moeilikheid. Sy soek nie ’n
verhouding nie, maar hierdie man doen dinge aan haar.
“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy
aanhet.
Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.
Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha. In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama. Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk? Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.
'n Belangrike heruitgawe. Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is 'n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, na sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met 'n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. Die mugu (1959) is ’n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad. Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus "in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is". Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallele wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.
Karen is vir die eerste keer verlief en George is enige vrou se
droomman: lank, aantreklik, sjarmant én suksesvol.
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling,
weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee
goed, nee drie:
Karien het hom al vyf jaar lank lief, maar hy het iemand anders bo haar
gekies en ver weg gegaan. Nou is Schalk terug en ondanks haar beste
voornemens laat hy haar hart steeds vinniger klop. Hy durf nie uitvind
dat sy steeds snags wakker lê oor hom nie. Hy het immers haar liefde
versmaai en haar hart gebreek.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Lisa vlug van haar gewelddadige, dwelmverslaafde kerel en begin 'n nuwe semester by die Elizabeth Galloway skool vir modeontwerp in Stellenbosch. Daar ontmoet sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare blou oe. Maar Lisa kan net nie nou by iemand betrokke raak nie, want al waaraan sy kan dink is die geheim wat sy wegsteek . . .Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Ná ’n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in
die Arabiese woestyn. Hulle kom ook agter hulle het duisende jare terug
in tyd gereis, en bevind hulle in die jaar van Jesus se geboorte ... |
![]() ![]() You may like...
The Other Schindlers - Why Some People…
Agnes Grunwald-Spier
Paperback
![]()
The Land Is Ours - Black Lawyers And The…
Tembeka Ngcukaitobi
Paperback
![]()
Portugal in a European Context - Essays…
Rodrigo Da Costa Dominguez, Amelia Aguiar Andrade
Hardcover
R4,928
Discovery Miles 49 280
|