0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (775)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk): Peet Venter Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk)
Peet Venter
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Ondier (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Ondier (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Mister Angelo Alzheimer (Afrikaans, Paperback): Jef Geeraerts Mister Angelo Alzheimer (Afrikaans, Paperback)
Jef Geeraerts; Translated by Fanie Olivier
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Jef Geeraerts (1930-2015] is in Antwerpen gebore en is een van die belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het as romanskrywer, vertaler en essayis ʼn beduidende bydrae gelewer en het met sy dood ʼn omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans ingesluit het.

Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in die destydse Belgiese-Kongo [vandag die DRK] deurgebring, word hoog aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme, word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye as rassis gebrandmerk.

Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ʼn totaal ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ʼn lang reeks krimi’s waardeur die polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans bv. die geval is met Deon Meyer se Bennie Griesel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers geword, terwyl Diamant tot ʼn gewilde TV-reeks verwerk is.

Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na die onlangse warrelwind van gebeure.

Lenore worstel met ’n groot persoonlike verlies. Die kringloop van haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al in kleintyd ontwikkel het, net verder verdiep. Maar noudat sy self ’n ma is, besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om ’n standvastige ouer vir haar kinders te wees. Hulle oupa Tjaart se visie vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers, en sy dra swaar daaraan om getrou hieraan te bly.

Bella, wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se selfvernietigende besluite, begeer ’n familie van haar eie. Ná haar broer, Jaco, se hartseer dood in ’n skiettragedie, het sy in haar alleenheid die ideaal van ’n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is daar tog ’n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie, maar eerder in die warm koestering van ’n laslap familie.

Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak, dat sy nie besef haar sendeling bestaan het ’n selfopgelegde prys geëis wat die Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin wonder oor haar im-pulsiewe, romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit haarself en haar naastes benadeel. Sy begin twyfel of dit ooit só moes wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar grootwordplaas ...

Brandmerk (Afrikaans, Paperback): Christelle van Rooyen-Wessels Brandmerk (Afrikaans, Paperback)
Christelle van Rooyen-Wessels 1
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in.

Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Xov Kruisondervraging - 'n Roman oor reg en geregtigheid in ons hofprosesstelsel (Afrikaans, Paperback): Herbert... Xov Kruisondervraging - 'n Roman oor reg en geregtigheid in ons hofprosesstelsel (Afrikaans, Paperback)
Herbert Raubenheimer
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 6 - 10 working days
Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenoot­dae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy self­ondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van Suid­Afrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”

'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.

Tot hul families se skok weier Claire.

Om ’n skandaal te vermy reël haar ouers vir Claire passaat op die Swart Pêrel om vir haar vriendin Prinses Mary te gaan kuier.

Is Luca Bovien, die aantreklike kaptein van die Swart Pêrel, dalk die een wat haar hart gaan verower?

'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback): Zarine Roodt 'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback)
Zarine Roodt
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel.

Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie.

Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."

Ester (Afrikaans, Paperback): Kerneels Breytenbach Ester (Afrikaans, Paperback)
Kerneels Breytenbach
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Dol Heuning (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Dol Heuning (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Johannesburgse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic neem ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende laaste aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin – ’n jong wiskundige vir wie elektroniese musiek ’n meditasie is – saam ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n donker poel vol glimmende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Rooiland - die drama (Afrikaans, Paperback): Tertius Kapp Rooiland - die drama (Afrikaans, Paperback)
Tertius Kapp
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 4 - 6 working days

Hulle't 'n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle't vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed, Nongoloza die gal. Toe maak hulle 'n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland. Daai's die wet. En daai wet het even survive die dag toe die hemel en die aarde geskeur het – toe Kilikijan die klipwette stukkend gegooi het en die 27’s een pad geloop het en die 28’s ’n ander pad. 'n Tronksel. Vier gevangenes. 'n Vloeibare, ongevormde wereld. 'n Ritueel van bloed en offergawes. 'n Alledaagse geval van tronkgeweld wolk uit tot ’n konflik oor dinge wat van universele belang is.

Reinaard De Vos (Afrikaans, Paperback): H.J. Pieterse Reinaard De Vos (Afrikaans, Paperback)
H.J. Pieterse
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

'n Vrye vertaling van Van den vos Reynaerde.

Ook versoek ek u dat u versigtig moet wees, op u hoede vir verraad.
Hy is boosaardig en wreed, Reinaard:
Hy sal u deurentyd vlei en bevlieg;
as hy kan, sal hy u bedrieg.

Moestas (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair Moestas (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R83 Discovery Miles 830 Ships in 6 - 10 working days

Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir die grusame moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.

Doodsake Op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake Op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.
- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit 'n geraamte is, 'n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is 'n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk 'n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na 'n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter se perspektief aangebied en die skrywer kry dit reg om ʼn lieflike onbeholpe karakter met 'n goeie hart en vergeefbare tekortkominge te skep wat enige vrou se knieë lam sal maak. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en lekker sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters sorg vir suiwer leesplesier.

Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Isa Konrad se boeke vergelyk goed met Sandra Brown s'n.

Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover): Nataniel Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover)
Nataniel
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)

In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied.

Kaalkop 3 sluit in:

  • 54 Kaalkop-rubrieke
  • 19 SARIE-kosstories
  • 5 voorheen ongepubliseerde verhoogstories
  • Swanemeer: die ware verhaal
Voorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!
Die Hobbit (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Hobbit (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen 1
R399 R150 Discovery Miles 1 500 Save R249 (62%) In Stock

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

Die Jare Tussen Ons (Afrikaans, Paperback): Jozine Botha Die Jare Tussen Ons (Afrikaans, Paperback)
Jozine Botha
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking.

Haar geheim bly haar eie want as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, of so glo sy. Sy het geen ander keuse as om met Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, te trou nie.

Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ‘n liefdevolle God en dit is net wyn wat haar help om soms te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur in haar binneste wat nie geblus kan word nie.

Skielik, ná sewe jaar, staan Alex weer voor haar en sy besef dat God tog alles ten goede kan laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy aan hom gedoen het?

Wilde Vere (Afrikaans, Paperback): Hendie Grobbelaar Wilde Vere (Afrikaans, Paperback)
Hendie Grobbelaar
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling vir haarself en almal soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man, Jan, niksnut van ʼn seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.

Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger meisie van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor.

Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?

In die withaak se skadu - en ander oom Schalk Lourens-stories (Afrikaans, Paperback): Herman Charles Bosman In die withaak se skadu - en ander oom Schalk Lourens-stories (Afrikaans, Paperback)
Herman Charles Bosman
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Oom Schalk Lourens, die voorste storieverteller in die Transvaal, sit reg op sy riempiesbank om sy gewildste stories met jou te deel: Willem Prinsloo se perskebrandewyn, Die Rooinek, Die musiekmaker en al die ander stories uit Mafeking Road, die bundel wat Herman Charles Bosman gevestig het as Suid-Afrika se gunstelingskrywer – hier volledig herstel uit die oorspronklike bronne.

Ware noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, le swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Daka (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Daka (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin wou hê. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste wildernisse op aarde.

Maar elke reisiger is in ’n sekere sin ’n vlugteling, en elke voortvlugtige ’n ontdekkingsreisiger wat soveel meer met hom saamdra as net die dinge in sy rugsak ...

Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê.

Onwetend hoe vreemd sy ware storie eintlik is. Want dit was ’n waterwese wat hy as kind in ’n droom raakgeloop het, wat hom gelei het na die spikkel op ’n kaart, Noord van Lamu.

Met ’n nuwe naam was hy op soek na lewe ná die dood. En soos met amper elke ware ontdekkingsreis, sou sy vlugtog oor land en see ook na ’n afgeleë eiland lei. ’n Plek waar hy uiteindelik alleen kon wees, weg van alles en almal.

Of so het hy gedink.

Sy lewe was nie een lang uitgerekte storie nie, maar eerder ’n bondel erg teenstrydige verhale, in chaos verweef. Van hulle naïef en selfs onskuldig. Van hulle wreed en donker en verskriklik en boos . . . en van hulle, so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.

Toy van Carnarvon (Afrikaans, Paperback): Stephen le Roux Toy van Carnarvon (Afrikaans, Paperback)
Stephen le Roux
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie ware verhaal handel oor 'n jong seun uit 'n arm gesin wat op die spoorlyne van Carnarvon-stasie grootgeword het en moes as kind onder andere bottels en bene in die dorp optel en verkoop vir eksta geld vir die gesin om te oorleef. Sy weetgierige geaardheid, positiewe uitkyk en wil om bo uit te kom, lei egter tot 'n inspirerende suksesverhaal. Die skrywer vertel met humor, passie en 'n gemaklike skryfstyl unieke en skreeusnaakse stories wat net in 'n klein Karoodorpie kan plaasvind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Help, Help - Stories
Nataniel Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Verkeerde Vrou
Irma Venter Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin
Julio Agrella Paperback R333 Discovery Miles 3 330
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
Droomjagter
Leon van Nierop Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040

 

Partners