Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die
neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer
aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en
ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart. Die
geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die
charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die
Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit
Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee
beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse
se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir die grusame
moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en
humor geskryf.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!