Jef Geeraerts (1930-2015] is in Antwerpen gebore en is een van die
belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het
as romanskrywer, vertaler en essayis ʼn beduidende bydrae gelewer en het met
sy dood ʼn omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans
ingesluit het.
Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in
die destydse Belgiese-Kongo [vandag die DRK] deurgebring, word hoog
aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete
seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as
pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme,
word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye
as rassis gebrandmerk.
Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ʼn totaal
ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister
Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ʼn lang reeks krimi’s waardeur die
polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans bv.
die geval is met Deon Meyer se Bennie Griesel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers
geword, terwyl Diamant tot ʼn gewilde TV-reeks verwerk is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!