![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.” Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944 - 1945. Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red. Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra. Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
IN
Koos Sas, Khoi plaaswerker op Touwsrivier smag na die vryheid wat sy voorouers gehad het. Terwyl hy dros van sy werk op die plaas, kom hy tot die besef dat Suiderlike Afrika nou opgedeel is in plase wat aan individuele eienaars behoort. Britse imperialisme en die mag van die gereg bring hom in botsing met die samelewing. Kort voor lank word hy berug in die kolonie. Sy situasie word oornag gekompliseer met die ontmoeting van ‘n Khoi meisie wat self opsoek is na vryheid. Die soeke na vryheid word vererger deur Koos se miskenning van die mitologie van die Khoi, wat hom op ‘n dwaalspoor plaas.
Grondhervorming jaag verskillende emosies by verskillende mense op net soos die kunsmatige skeiding tussen mense. Die onsinnigheid van hierdie skanse blyk eers wanneer verhoudings spontaan ontstaan en toegelaat word om natuurlik te ontwikkel. Dié boek toon hoe die aktuele werklikheid van grondhervorming in Suid Afrika deur die spontane goeie verhoudings tussen blanke boere en bruin plaaswerkers tot sinvolle en vreedsame naasbestaan kan lei. Hierdie goeie verhoudings is dan uiteindelik verantwoordelik vir die suksesvolle afhandeling van dieselfde plaaswerkers se grondeise op dieselfde en aangrensende plase waarop hulle grootgeword en gewerk het. Die teenoorgestelde word ook in die boek getoon hoe jy weens onaanpasbaarheid en selfsug alles kan verloor indien jy nie hierdie nuwe strewes in Suid Afrika kan aanvaar en daarby aanpas nie. Die skrywer toon ook die beperkings van eie beheer oor mense se keuses in die lewe. Jy loop jou paaie soos wat dit vir jou uitgestraat is. Die vraag of dit “nie beter sou wees” as die mens vooraf “sy paaie wis” nie, word in die boek aan die orde gebring met die oopvlek van ou geheime van familievetes en buurtwiste. Verbode manewales oor die destydse kleurskeidslyn heen deur die baas van die plaas het drastiese gevolge op die grondeise van al die voorheen benadeelde plaaswerkers. Die aanvaarding van hierdie gevolge laat geen eie keuse nie maar is ook ‘n werklikheid waarmee die lewe almal dan dwing om te lewe.
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die
Smuts-regering ruk ? Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen
twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer
sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in
Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die
eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ? eed
wat net deur die dood verbreek kan word.
Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011). Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek? As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg. By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop. Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het. Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug. Sy ook.
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?
Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te se oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en se. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as "outerlink op die banke" met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols: "Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees'it. Hy't mos van jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper uit sy vrou uit oor diese drinkery." Nel skryf hier in die dialek van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek lesenswaardig maak.
Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.
'n Belangrike heruitgawe. Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus. Die eerste lewe van Colet (1955) is 'n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. Hilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, na sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met 'n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. Die mugu (1959) is ’n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad. Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus "in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is". Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallele wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug. Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep. Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef. Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.
Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word. Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier. Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land. Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland. Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer dieselfde wees nie. Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.
Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het. Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.
Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak. |
You may like...
Fragile Freedoms - The Global Struggle…
Steven Lecce, Neil McArthur, …
Hardcover
R3,264
Discovery Miles 32 640
Promethean Horrors - Classic Tales of…
Xavier Aldana Reyes
Paperback
(1)
A Student's A-Z Of Psychology
V. van Deventer, M. Mojapelo-Batka
Paperback
(9)R354 Discovery Miles 3 540
Encyclopedia of Organizational…
Mehdi Khosrow-Pour, D.B.A.
Hardcover
R25,331
Discovery Miles 253 310
|