![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?
Ek is gebore by kerslig, op ’n plaas, Vaalhoek, naby Keimoes en Kakamas! Op ’n jong ouerdom begin ek onder andere Rooi Jan en Swart Luiperd lees. Ek begin ook stories vertel. Ek lees graag en skryf graag. Ek het ’n onderwyser, dominee en kliniese sielkundige geword met ’n D.Litt in kliniese sielkunde en werk nog as kliniese sielkundige. Ek verwerf jaarliks ’n diploma in sielkunde. Ek is ’n wewenaar en het van Upington na Pringlebaai verhuis. Vir my is dit belangrik dat verhale dadelik vrae moet laat ontstaan soos, “Wat gebeur volgende?”en eindig met onverwagse bevredigende gebeure. In my eie stories pas ek hierdie metode toe. Van die stories het heelwat humor in en is vir oud en jonk. Genotvolle verhale wat jy nie kan mis nie. Sommige verhale is kort en lekker leesstof vir mense wat haastig is en sommige langer vir bedtyd. Elke verhaal is uitstekende vermaak en laat mens na die ligter kant van die lewe kyk. Daar’s ’n muis wat kan praat, ’n Ou wat dink hy kan ’n rivier in vloed klop, ’n man wat alles kan regmaak, behalwe ’n kar se ratte wat agtertoe inspring in plaas van vorentoe, ’n lekker polisiestorie, ’n vroutjie wat mediese verteenwoordiger speel, liefde en hartseer, ’n geheimsinnige vrou met asemrowende lippe en nog sulke stories. Lees en geniet hulle!
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug. Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep. Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef. Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.
Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir die grusame moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.
Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.
Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.
Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was. Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers. Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?
Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag.
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn? Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil. Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei? Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is. Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur? En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm? Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
Die storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat een dag ‘n wonderwerk vang. Jono is ’n alleenloper-visserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie. Wanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor. En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol…
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar
deurgesny is?
Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer? Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.
Dis met 'n skok dat sy Gustav weer sien by een van die baron se talle onthale. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geeis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.
Die oorspronklike Engelse roman - THE FAULT IN OUR STARS - is 'n internasionale blitsverkoper waarvan ook 'n baie suksesvolle rolprent gemaak is. Die bekende skrywer en kunstenaar, Tinus Horn, het die boek op 'n sensitiewe manier in Afrikaans vertaal as DIE FOUT BY ONS STERRE. Ondanks die mediese wonderwerk wat gewasse laat krimp en vir haar 'n paar jaar koop, stuur Hazel se lewensverhaal op die einde af; haar diagnose het die inhoud van die laaste hoofstuk bepaal. Maar wanneer 'n uiters aantreklike omwenteling met die naam Augustus Waters by die kankerondersteuningsgroep vir kinders instap, word Hazel se storie van voor tot agter herskryf. Rou, dapper, oneerbiedig en vol insig, DIE FOUT BY ONS STERRE is tot dusver die bekroonde skrywer John Green se mees ondernemende en hartroerende roman, waarin hy die lagwekkende, asembenewende en tragiese aard van die lewe en liefde skitterend verken.
Lumé Gous het ’n spesifieke olie nodig vir die parfuum wat sy maak. Die
enigste plek waar sy dit kan kry, is op Neil Mulder se plaas.
Seisoen van vervulling is die derde boek in Alta Cloete se Seisoen-reeks. Die verhaal speel gedeeltelik in die Noorweegse winter en gedeeltelik in die hitte van ? Bolandse somer af. Die hoofkarakters, Ben en Emily is beide sterk persoonlikhede, gevestig in hul onderskeie beroepe en wroeg nie oor dinge waaraan hulle niks kan doen nie.
Die ware betekenis van la dolce vita ... In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene. Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder. Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?
The story is set in Natal at the turn of the 20th century , when Sita and her family arrive from India to build a new life in South Africa, not suspecting what lies in store for them. Working as indentured labourers on a sugar-cane plantation, life is hard – but for Sita, it is also filled with the joys of growing up, first love and the dawning of passion. Defying tradition, the young girl becomes enmeshed in a forbidden love affair with Albert, the English brother-in-law of the estate owner. Unwillingly at first, Sita is forced into a marriage of her parents' choosing – but her secret passion never dies… Years later, when she has settled into marriage and motherhood, Albert returns, and Sita must grapple with her feelings again. The Heart Has No Colour also delves into the criminal underworld of turn-of-the-century Durban. Entwined in Sita's story is the tale of Gopi, her older brother, who comes to ruin in the seedy gambling dens of the big city. Sita's large, loving, emotional family is portrayed in intimate detail. The story traces their fortunes and misfortunes into the next generation, when Geeta and Sita's children grow to adulthood, and each in their own way reaps the consequences of their parents' actions.
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae. Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak? Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te se oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en se. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as "outerlink op die banke" met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols: "Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees'it. Hy't mos van jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper uit sy vrou uit oor diese drinkery." Nel skryf hier in die dialek van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek lesenswaardig maak. |
You may like...
Teaching Music to Students with Special…
Alice Hammel, Ryan Hourigan
Hardcover
R3,280
Discovery Miles 32 800
The Best Muscle Building Shake Recipes…
Correa (Certified Sports Nutritionist)
Paperback
R488
Discovery Miles 4 880
The Complete Strength Training Workout…
Correa (Professional Athlete and Coach)
Paperback
R484
Discovery Miles 4 840
Dark Silicon and Future On-chip Systems…
Suyel Namasudra, Hamid Sarbazi-Azad
Hardcover
R3,940
Discovery Miles 39 400
iOS 11 Swift Programming Cookbook
Vandad Nahavandipoor
Paperback
|