|
|
Books > Afrikaans > Fiksie
Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wêreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.
Langs 'n stormrivier skop 'n vrou haar hoehak Bally-skoene uit,
want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. 'n Ander vrou
(deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in 'n Klein-Karoo-dorp
totdat 'n naaldekoker haar pad versper. Op 'n plakkaat In 'n
Londense moltreinstasie vra 'n wildtuinleeu: "Want to shift your
boundaries?" En nooi dan: "Come to Africa." Die reis lei ook na 'n
buurt waar antie Bybie-hulle dalk nie tuis is nie, want dis All Pay
en die kinders het 'n skroppietjie vir die dag gekry. Daar word oor
grense heen verken, en die reisiger staan telkens uitgelewer, want
die terrein is ongewoon en die gekoesterde bagasie en bekende roete
geld nie. Die verhale - ironies en nie sonder humor nie - kleur
komplekse menseverhoudinge met menslikheid en deurleefde kennis in.
Knap verweef en terselfdertyd toeganklik.
Dis 'n donker Karoonag en 'n bebloede vrou hardloop grondpad langs.
Iets grusaam het gebeur en Siena weet sy moet by Seekoegat Primere
Skool uitkom, daar sal sy veilig wees. Dis baie ver, drie dae met
'n donkiekar en sy is te voet. Hierdie roman vertel die verhaal van
Siena, Boetie en Kriekie, wie se lewens sedert kinderdae nou
verweef is. Soos wat Siena hardloop ontmoet lesers die mense in
haar lewe: Boetie is verwilderd en verwaarloos, altyd besig met
kattekwaad. Sy vriendskap met Siena laat hom egter sy selfwaarde
besef. Kriekie is 'n wrak. Sy ma is 'n prostituut wat by die
stilhouplekke langs die n1 werk en hy het skaars 'n huis. Wanneer
sy ma, Dolly, nie terugkom nie, beland hy deur een vrou se
goedhartigheid ook by Seekoegat Primere Skool. Die Karooskilpad se
simboliese spore kan deur die hele roman gesien word. Siena se pa,
'n karretjiemens, het altyd gese dat 'n skilpad die wysheid van die
antieke landskap in hom dra. Daar word geglo dat 'n skilpad slegs
een traan in sy leeftyd stort, die oomblik wanneer hy sterf. Die
skilpad se laaste traan is bekroonde skrywer Carol Campbell se
derde boek oor die Karoo. Soos haar vorige werk fokus sy sterk op
sosiale realisme, maar vir die eerste keer is hier ook magiese
realisme, so eie aan die mense oor wie sy skryf.
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog
is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting
draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is
hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry.
Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool
toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul
babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en
hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat
wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol
Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese
karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die
voorgrond geplaas.
Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.
|
|