|
|
Books > Afrikaans > Fiksie
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.
Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke
okkasie.
Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita
wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is,
en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar
agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander
vrou toe sy tien jaar oud was.
Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar
sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy
haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe
vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die
kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is
heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde
tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap
nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita
het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Om bibliotekaresse te wees op ’n dorpie soos Trompieshoogte is vir
Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen ’n
slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar
liefdeslewe. Maar dan gewaar sy ’n nuwe gesig op die dorp, al is daai
gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik
verslons.
Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie
verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat
is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die
ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie
glansryke wêreld toe?
Dit is September 1939, New Zeeland. In die doodsnikke van die pas afgelope winter en te midde van die dreigende oorlog in Europa, kom twee geliefdes vir oulaas bymekaar voordat hulle afsonderlik na die oorlogsfront sal vertrek.
Kevin Welsh, ’n voetsoldaat, en Helen Townsend, ’n mediese Suster van Tekapo, ontdek die wonder van hul liefde die aand voordat die jong man vir die oorlog moet aanmeld. Herinneringe aan hierdie passievolle nag volg die twee verliefdes regdeur die verhaal tot aan die einde van die oorlog, waarna nuwe uitdagings hul pad weer kruis.
Lees ook oor die uitdagings en oorwinnings wat die Tweede Wêreldoorlog vir jong soldate van selfs so oud as sestien ingehou het.
Na deeglike navorsing is fiktiewe karakters in sekere konfliksituasies geskep, en bied hierdie omgewing waarin die verhaal afspeel baie uitdaging wat te midde van lief en leed ook uithouvermoë verg. Feite is met fiksie gemeng sodat die verhaal heerlike leesgenot sal verskaf.
Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?
|
You may like...
Starside
Alex Aster
Hardcover
R602
R465
Discovery Miles 4 650
The Familiar
Leigh Bardugo
Paperback
R395
R353
Discovery Miles 3 530
Starside
Alex Aster
Hardcover
R650
R499
Discovery Miles 4 990
Starside
Alex Aster
Paperback
R470
R360
Discovery Miles 3 600
|