0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (581)
  • R250 - R500 (804)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Keira - 'n Storie van Oorbegin (Afrikaans, Paperback): Corne Welman Keira - 'n Storie van Oorbegin (Afrikaans, Paperback)
Corne Welman
R516 Discovery Miles 5 160 Ships in 10 - 15 working days

Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin.

Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En ook dat regte mense soms so 'n bietjie hulp nodig het om die regte probleme op te los. Al klink dit aanvanklik vreemd en ongehoord. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daai pad van ons stap.

Want hoe jy jou pad stap, is wat saak maak. Nie hoe jy jou storie vertel nie.

Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback): James-Brent Styan Steinhoff - En Die Stellenbosse Boys (Afrikaans, Paperback)
James-Brent Styan
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 2 - 4 working days

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis.

Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R582 Discovery Miles 5 820 Ships in 10 - 15 working days
Wolkie Woel Sien Homself (Afrikaans, Paperback): Louise Britz Wolkie Woel Sien Homself (Afrikaans, Paperback)
Louise Britz; Illustrated by Amanda Margaretha Du Plooy
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 10 - 15 working days
Liefde Tussen die Duine (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes Liefde Tussen die Duine (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Salome veg al tien jaar teen haar begeerte om huis toe te gaan, maar nou dwing haar pa se beroerte haar terug. Tien jaar is ’n lank tyd, dink Salome. Lank genoeg om die aantreklike Morné te vergeet − maar die hart volg nie tyd nie.

Nie net nog 'n 'love story' nie (Afrikaans, Paperback): Nastassja Nieuwoudt Nie net nog 'n 'love story' nie (Afrikaans, Paperback)
Nastassja Nieuwoudt
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 10 - 15 working days
Liefde op die Nyl (Afrikaans, Paperback): Jolene de Koningh Liefde op die Nyl (Afrikaans, Paperback)
Jolene de Koningh
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Haar suster en ma reken ’n bootreis op die Nyl sal finale berusting vir haar bring ná haar verbreekte verlowing. Troos kan egter verskillende vorme aanneem en in hierdie geval is hy aantreklik – lank, breedgeskouerd en gespierd.

Fees van Versoening (Afrikaans, Paperback): Anna Penzhorn Fees van Versoening (Afrikaans, Paperback)
Anna Penzhorn
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Mia moet ’n artikel oor die kunsskatte van die Van der Bijl-familie skryf. Max van der Bijl is koud en berekenend, maar hy maak ook haar knieë lam. Liefde tussen hulle is egter taboe. Sou sy kom kies, verloën sy haar familie.

'n Spel vir Twee - 'n Erotiese verhaal (Afrikaans, Paperback): Nira Colyn 'n Spel vir Twee - 'n Erotiese verhaal (Afrikaans, Paperback)
Nira Colyn
R398 Discovery Miles 3 980 Ships in 10 - 15 working days
Pelindaba Protokol - Die Asem van Allah (Afrikaans, Paperback): Wynand Du Toit Pelindaba Protokol - Die Asem van Allah (Afrikaans, Paperback)
Wynand Du Toit
R380 Discovery Miles 3 800 Ships in 2 - 4 working days

In 1991 rapporteer doktor Joseph Opperman aan staatspresident FW de Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is. Vyf-en-twintig jaar later word Opperman vermoor. Die gru-moord plaas die ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol.

Johannes Moller en Aleana Opperman, beide agente van verskillende inligtings organisasies, smee kragte saam met adjudant Jabu Mkize van die Valke in ‘n wedloop om die bes bewaarde geheim in Suid-Afrika te ontrafel. Die bloedspoor van die Jihadiste lei hulle in ‘n verbete stryd om te verhoed dat die geheim van die protokol, in die hande van ekstremiste val.

Inam ul Haq, leier van die ekstremiste groep Al’ aswad al’ Afriqiu, is toenemend vasbeslote om die gehate Infadel te vernietig in die heilige oorlog in Sirië en Irak. Vanuit Istanbul tot die Kalahari, oor Rottnest eiland in Australë tot ‘n skeepsvraghouer vol ivoor in Maputo, beloof dié spanningsverhaal om die leser te bind, van begin tot einde.

Liefste Tinktinkie (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen Liefste Tinktinkie (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R149 Discovery Miles 1 490 Ships in 2 - 4 working days

Carlie verskil heeltemal van die vrouens met wie Armand daagliks te make het en prikkel daarom sy belangstelling. Hy het egter vantevore sy kop met ’n jonger vrou gestamp en sal nie toelaat dat dit weer gebeur nie.

Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R375 Discovery Miles 3 750 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.

Esmeralde:

By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.

Seerower vir Shakira:

In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis.

Markies vir Melesinda:

Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.

Wrede (Afrikaans, Paperback): Abraham Luna Wrede (Afrikaans, Paperback)
Abraham Luna
R378 Discovery Miles 3 780 Ships in 10 - 15 working days
Vonkelwyn en Liefde (Afrikaans, Paperback): Madelein Stoltz Vonkelwyn en Liefde (Afrikaans, Paperback)
Madelein Stoltz
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?

Gister is Lankal Verby (Afrikaans, Paperback): Salome Schutte Gister is Lankal Verby (Afrikaans, Paperback)
Salome Schutte
R144 Discovery Miles 1 440 Ships in 2 - 4 working days

Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart âˆ' ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.

Vroue Van Atlantis (Afrikaans, Paperback): Anastasia De Vries Vroue Van Atlantis (Afrikaans, Paperback)
Anastasia De Vries
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 2 - 4 working days

Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer.

Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.

Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag.

Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.

Vir Altyd Joune (Afrikaans, Paperback): Lisa Perrins Vir Altyd Joune (Afrikaans, Paperback)
Lisa Perrins
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 10 - 15 working days
Vir Nou, Altyd en Daarna (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman Vir Nou, Altyd en Daarna (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.

Vlakwater (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Vlakwater (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R570 Discovery Miles 5 700 Ships in 10 - 15 working days
Omnibus 1: Katelknaap Vir Carlien & Gogga Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback): Yolande Pienaar Omnibus 1: Katelknaap Vir Carlien & Gogga Op 'n Harley (Afrikaans, Paperback)
Yolande Pienaar
R411 Discovery Miles 4 110 Ships in 10 - 15 working days

Katelknaap vir Carlien Weduwee Carlien Arendse het mans afgesweer. Vir die afgelope tien jaar is sy dolgelukkig om alleen te wees met haar werk as Streekhoflanddros om haar besig te hou. Totdat sy een oggend gaan draf en letterlik in 'n blonde adonis vashardloop wat haar lewe onherroeplik verander. Te midde van die skindertonge op die dorp, vind Carlien uit dat liefde hom nie deur die ouderdom laat voorskryf nie. Gogga op ’n Harley Superintendent Karen Visser moet ten spyte van die vooroordele teenoor haar voorkoms, diamantsmokkelaars vastrek in die Noord Kaap. Waarmee sy nie rekening gehou het nie, is die uitwerking wat die rooikop Dewald en sy dogtertjie Amalia op haar hart sou hê. Tussen haar eie leuens en bedrog vind Karen uit dat die hart hom nie so maklik om die bos laat lei nie.

Op 'n stormsee - Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings (Afrikaans, Paperback): Tony Weaver, Andrew Ingram Op 'n stormsee - Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings (Afrikaans, Paperback)
Tony Weaver, Andrew Ingram
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 2 - 4 working days

Hier is 'n versameling gewaagde reddings vol drama en gevaar, ter viering van die NSRI se 50ste herdenking. Die stories, wat alles dek van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers tot hallusinerende vissermanne, gaan oor die mens se konstante stryd teen sommige van die gevaarlikste vaarwaters op aarde. Dit sluit die storie in wat tot die stigting van die NSRI gelei het.

Hartlam - Kortverhale oor die Liefde (Afrikaans, Paperback): Hartlam - Kortverhale oor die Liefde (Afrikaans, Paperback)
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie.

Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ...

Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.

Skarlaken - Dwelm tentakels (Afrikaans, Paperback): Willem van Staden Skarlaken - Dwelm tentakels (Afrikaans, Paperback)
Willem van Staden
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 2 - 4 working days

Die toenemende hoe smokkelhandel in dwelms, veral na en van Suid-Afrika, het INTERPOL genoop om druk toe te pas op die SA-Regering om met hul saam te werk om dit te bekamp. Selfs die hoof van Nasionale Intelegensie se vrou word aangekeer en gevonnis vir dwelmhandel. Ten einde daadwerklik op te tree, besluit die Suid-Afrikaanse President om ‘n geheime organisasie met uitgesoekte spanlede te skep om te help om die netwerke van die smokkelaars binne te sypel. ’n Organisasie soortgelyk aan MI6 van Britanje. Die ondergrondse organisasie en lede sal slegs aan hom, ‘n Minister en ‘n paar uitgelese Parlementslede bekend wees. So word Skarlaken gebore – ‘n man met vele talente en gesigte. Sy opdrag is om geld rond te strooi om sy weg oop te koop na die binnekringe van dwelmsmouse. Skarlaken het Carte Blanche en bewys hy was die regte keuse. Skarlaken word toegerus met alles wat nodig is om die smokkelaars vas te vat; selfs ‘n lisensie om moord te pleeg. Met meer as een identiteit laat elkeen van sy aliasse die poppe behoorlik Rock en Roll! ‘n Aksiebelaaide roman met baie kinkels wat haarfyn uitgewerk is; relevant vir die huidige dwelm situasie in Suid-Afrika waar daar daagliks dwelm verwante moorde deur bendelede gepleeg word.

Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 2 - 4 working days

Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.

Kamikaze (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kamikaze (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R550 Discovery Miles 5 500 Ships in 10 - 15 working days

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan, en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Koors
Deon Meyer Paperback  (4)
R375 R352 Discovery Miles 3 520
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R360 R337 Discovery Miles 3 370
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R365 R342 Discovery Miles 3 420
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R303 Discovery Miles 3 030
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R370 R347 Discovery Miles 3 470
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R361 Discovery Miles 3 610
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R342 Discovery Miles 3 420
Weskus-Omnibus 1 - Haar Naam is Ragel…
Helena Hugo Paperback R330 R309 Discovery Miles 3 090
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000

 

Partners