0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (661)
  • R250 - R500 (777)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Per ongeluk (Afrikaans, Paperback): Lloyd Zandberg Per ongeluk (Afrikaans, Paperback)
Lloyd Zandberg
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie versameling kortverhale bied 'n histeriese kykie op alledaagse situasies: 'n tango-les in die platteland; die tannie so "eenvoudig soos 'n ses-stuk legkaart"; 'n besoek aan 'n tandarts en sy assistent wat meer as net 'n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se debuut is 'n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk een keer deur sy oe na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Skakerings van Hoop (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Skakerings van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human 1
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.

Vergenoeg (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Vergenoeg (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Adéle Bothma ken die woord “kanker” maar al te goed. Met vernietigende vraatlus het die siekte haar liggaam opgeëis. Gelate gee sy haar oor aan die versorging van haar twee dogters, San en Bella, in haar ou huis in die dorpie Vergenoeg. Siekte en die dood bring hulle in direkte kontak met hulleself, en mekaar. Konfrontasie is onvermydelik tussen die vrypostige Bella – chanteuse in Parys – en die verantwoordelike San, wat haar eie geheime dig hou.

Vergenoeg is ‘n oorrompelende roman oor moeders en dogters, oor die soet en dit bitter van die lewe en die dood, en die onlosmaaklike band tussen susters.

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Waarheen Nou... (Afrikaans, Paperback): Reggie Tordiffe Waarheen Nou... (Afrikaans, Paperback)
Reggie Tordiffe
R556 Discovery Miles 5 560 Ships in 18 - 22 working days
Doodsroeper (Afrikaans, Paperback): Rika Cloete Doodsroeper (Afrikaans, Paperback)
Rika Cloete
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Zander Breedt is ’n Afrikaanse sanger. Roem het egter ’n wrang smaak – hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, ’n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy ’n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te se ’n onderhoud met hom voer.

Ek het jou lief (Afrikaans, Paperback): Mari Roberts Ek het jou lief (Afrikaans, Paperback)
Mari Roberts
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 4 - 6 working days

Ná sy egskeiding van Yvette keer Roux na sy tuisdorp terug. Daar tref hy sy jeugliefde Tessa aan en vind dat die vonk wat tydens hul tienerjare tussen hulle was, steeds bestaan en nou ’n brandende vuur geword het.

Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R302 Discovery Miles 3 020 Ships in 4 - 6 working days

Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.

Die reuk van appels (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Mark Behr Die reuk van appels (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Mark Behr
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer, die Amerikaners begin noustrop trek teen die kommuniste in Vietnam, en in die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken. Agter hom le die geskiedenis van sy familie in Tanganjika. Voor hom, ’n grensoorlog. Tussen geweld en geweld le daardie oomblik wanneer onskuld verlore raak. Voortaan sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus aanraak.

Agter Maskers (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Agter Maskers (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Ná 'n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan 'n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in 'n dameskroeg as hy eintlik 'n opgeleide predikant is? In 'n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In 'n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.

Chaka - Die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel (Afrikaans, Paperback): Thomas Mofolo Chaka - Die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel (Afrikaans, Paperback)
Thomas Mofolo; Translated by Chris Swanepoel
R508 Discovery Miles 5 080 Ships in 4 - 6 working days

In Chaka word die geboorte, opgang en val van die historiese Shaka slegs as vertrekpunt gebruik. Die werk vertoon konneksies met verskeie mondelinge en literere genres soos die volksverhaal, legende, fabel, sage, fantasie en selfs mite. Daar is ook allegoriese kenmerke. Sy stilistiese grootsheid, poetiese prosa, historiese basis met vermenging van fiktiewe elemente en karakters, die idealisering van Shaka se krygsvernuf, die heroisering, is kenmerke wat die werk waarskynlik op die vlak van 'n literere epos plaas. Chaka se oorwinning oor die onregverdige behandeling wat hom in sy jeug te beurt geval het - gedeeltelik as gevolg van sy buite-egtelike verwekking - en sy vordering tot magtige heerser oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika, word in die roman aangebied as 'n direkte gevolg van die intervensie van bonatuurlike magte wat hom dapper en bloeddorstig gemaak het: eers deur die vrouedokter van Bungane en daarna deur die invloedryke tradisionele geestelike Isanusi en sy kornuite Malunga en Ndlebe - wat almal briljant gekarakteriseer word. Chaka eindig met die AmaZulu wat nadink oor die tragedie wat hulle leier te beurt geval het en se: "Di a bela, di a hlweba! Madiba ho pjha a maholo!" (Dit kook en skif! Selfs die groot ryke kom tot 'n val!).

Kruispad (Afrikaans, Paperback): Willie Botes Kruispad (Afrikaans, Paperback)
Willie Botes
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

‘Kruispad’ is ‘n spannings-roman wat geskryf is deur die nuwe opkomende skrywer Willie J. Botes. ‘Kruispad’ beloof om vir die leser ure se genot te verskaf tot aan die einde van die boek. Die leser gaan dit moeilik vind om hierdie boek neer te sit, want dit is vol intriges, raaisels, aksie en romanse. Karel Bester woon die afgelope agt jaar alleen saam met sy hond Lientjie en getrou handlanger Johannes op die wildsplaas Lientjie Vlei. Agt jaar worstel hy met die feit dat Esme se stem nie meer hoorbaar is op die plaas nie. Hy probeer sin maak wat op daardie tragiese dag in Julie gebeur het, wie verantwoordelik was en waarom dit gebeur het. Dan ontdek hy leidrade wat hom op verskeie kruispaaie laat beland. In die proses ontmoet hy Kate Bezuidenhout wat hom noodgedwonge bystaan in sy soeke na justice vir Esme se dood. Hy raak onwetend geheg aan Kate tot hulle paaie gevaarlike mense en uitdagings kruis en Kate spoorloos verdwyn. Karel roep die hulp van ‘n ou vriendin, Lizelle Joubert, in. Hulle aanvanklike onskuldige soektog na leidrade bring hulle by ‘n kruispad wat hulle lewens en die soektog total verander. Niks blyk dieselfde te wees nie en mense is nie wie hulle se hulle is nie.

Wildernis (Afrikaans, Paperback): Wilbur Smith Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Wilbur Smith
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die Eerste Wereldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. Wildernis is die vertaling van A Sparrow Falls, die derde boek in die gewilde Courtney-trilogie.

Wilde Hawer (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Wilde Hawer (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human 1
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken.

Om Ben lief te hê: Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad ... en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet.

Om Dirk te tem: Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie.

Om Kobus te ken: Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie.

Eilande (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh Eilande (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh
R807 Discovery Miles 8 070 Ships in 18 - 22 working days
S-98 - Duikboot Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Wynand Du Toit S-98 - Duikboot Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Wynand Du Toit
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 4 - 6 working days
Huilboek (Afrikaans, Paperback): Ryk Hattingh Huilboek (Afrikaans, Paperback)
Ryk Hattingh
R485 Discovery Miles 4 850 Ships in 18 - 22 working days
Droomwa (Afrikaans, Paperback): Barrie Hough Droomwa (Afrikaans, Paperback)
Barrie Hough
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Sanlam Prize for Youth Literature: silver (1990)
Alba Bouwer Prize (1990)
C.P. Hoogenhout Award (1990)

Paul kan die ontydige dood van sy pa nie verwerk nie en bly droom van hom. Hy maak vriende met die ou skoonmaker by hulle woonstelgebou, maar konflik ontstaan wanneer hy Paul se pa se ou Buick, sy "droomwa", wil koop.

Lig wankelend - Die wese van die liefde en lewe van Utte Reuter ('n Roman) (Afrikaans, Paperback): Gerard Scholtz Lig wankelend - Die wese van die liefde en lewe van Utte Reuter ('n Roman) (Afrikaans, Paperback)
Gerard Scholtz
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter alleen in Kaapstad-hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en ’n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriendin, wat ’n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wereldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n wereld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europa is sy onthuis. Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers. Hier, in ’n gestroopte ruimte, verlaat van al die mense om haar, sonder haar geliefde Rilke-boeke en briewe, dink Utte terug aan die liefde en die aard van haar lewe. En aan Felix wat altyd maar agter ’n venster vir haar staan en wag...

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R575 Discovery Miles 5 750 Ships in 18 - 22 working days

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie 13 jaar oue Nico Storm en sy pa nie. Wanneer hulle 'n nuwe samelewing vestig met 'n groep swerflinge - en dit Amanzi doop - is die dorpsmense gou verdeeld, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak ál moeiliker. Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. 'n Aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer!

Soetloop (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Soetloop (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Die vroee 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer! As kinderoppasser by vername mense leer sy later 'n fyner lewe ken, maar toe sy 'n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af. In Soetloop keer Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in Hoogty is hier meelewende insig in ’n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.

Amatola (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Amatola (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind.

Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis.

Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.

Sonligdroom (Afrikaans, Paperback): Annetjie van Tonder Sonligdroom (Afrikaans, Paperback)
Annetjie van Tonder
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days

Marcella aanvaar ’n pos as medeleraar op die dorp Skoonstroom in ’n poging om die herinneringe aan ’n pynlike verlede agter te laat. Op Skoonstroom beleef sy andersoortige probleme wat net so knaend aan haar vreet soos die dinge uit haar verlede. Daar is darem ook ligter oomblikke met Ollie van die kerkkantoor en haar medeleraar, Theuns Verwey en sy vrou. Soos Marcella die lief en leed van haar gemeentelede leer ken, word haar droom van ’n lewe vol sonskyn geleidelik ’n realiteit.

Doodskoot (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Doodskoot (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Dit gaan nag raak in die Swartland ... Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is 'n aand, 'n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie. Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, 'n ryk sakeman, om in gietende reen sy motor se gebarste band om te ruil. Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie - sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin 'n dodelike jong vrou se kop vol planne op 'n vreeslike einde kan afstuur. Doodskoot is 'n boek vol versoeking, geheime, oeverblindery en konfrontasie deur 'n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Duiwelsroos
Leon van Nierop Paperback R360 R321 Discovery Miles 3 210
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Laaste Kanariegeel Notaboek
Anchien Troskie Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320

 

Partners