0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (589)
  • R250 - R500 (799)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

As Die Eland Struikel (Afrikaans, Paperback): Martie Muller As Die Eland Struikel (Afrikaans, Paperback)
Martie Muller
R238 Discovery Miles 2 380 Ships in 2 - 4 working days

Paula Krige word na Lesotho se berge gelok om die tergende raaisel van haar man se gifpylmoord en die moord op haar dogtertjie te ontrafel. Haar seuntjie het ook weggeraak. Leidrade op die toneel oortuig haar daarvan dat daar die aand 'n trance-dans in haar huis uitgevoer is. Die dans, wat in die San se rotskuns uitgebeeld word, kan die sleutel tot die geheim wees. Sy glo ook dat haar seuntjie deur die trance-dansers ontvoer is. Sy kom af op inligting wat haar laat besef dat sy haar man glad nie geken het nie. Die soektog na haar kind word ook ’n soektog na haar man se ware aard. "As die eland struikel" is 'n debuutroman wat beloof om meer as ’n gewone spanningsverhaal te wees met 'n verstommende, maar insigryke onthulling.

Op reis met 'n hond (Afrikaans, Paperback): Anna Kemp Op reis met 'n hond (Afrikaans, Paperback)
Anna Kemp
R226 Discovery Miles 2 260 Ships in 2 - 4 working days
Tou (Afrikaans, Paperback): Piet Steyn Tou (Afrikaans, Paperback)
Piet Steyn
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Meer en meer van die grutonele word ontdek, in 'n populierbos op die Vrystaatse platteland, in 'n vervalle huis in 'n Johannesburgse voorstad, dan in 'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van 'n tak of 'n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors 'n lys oortredings met daarby die embleem van 'n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem. Suspisie jeens 'n geliefde kollega is die keer superintendent Pine Pienaar se groot kopseer. Sy Goudveldse kollega Jan du Plessis s'n was 'n lang ruk 'n stywe knie, maar nou is dit die verdwyning van die een jong Goudveldse meisie na die ander, en die ontdekking op 'n plaas naby Wesselsbron van drie lyke wat van 'n boomtak hang. Iewers tussen die Goudstad se mynhope en die Goudveld se slymdamme le die antwoord op die jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.

Tydbom - Skerwe Van 'n Polisielewe (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Tydbom - Skerwe Van 'n Polisielewe (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op 'n vroee ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en 'n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sy eenheid eerste op die toneel. Hy is 'n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit. Hy ontken egter die gevolge van al die trauma, maar hy verlaat wel die polisie om sy eie besigheid te begin. Sy huwelik loop op die rotse. Soos hy afgaan in 'n maalkolk van depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself erken dat hy hulp nodig het. Marais het die boek geskryf om sy duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig van rou menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.

Storm sevenster - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Wessel Pretorius Storm sevenster - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Wessel Pretorius
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days
Persomi (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Persomi (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R643 Discovery Miles 6 430 Ships in 10 - 15 working days

Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Persomi is die bywonerskind. Maar Persomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. 'n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Persomi, maar iets hou Persomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhe nie? En wanneer sy as baie jong prokureurtjie inwillig om die Indierwinkeliers se gedwonge verskuiwing in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik met die gemeenskap - en met Boelie.

Etosha - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Etosha - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R276 Discovery Miles 2 760 Ships in 2 - 4 working days

Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang. Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hoe die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer. In die afgelee ooptes van die park maak hulle 'n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van 'n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om hom te wreek op die man wat die APU's beheer - Karel Fechter. Hy kry uiteindelik sy kans wanneer Fechter se APU's ontbind word en verban word na ’n afgelee plaas. Fechter word met die APU's verbind en hy vlug uit aanhouding om hom noodgedwonge aan te sluit by die APU's. Justus (nou Justice) werk vir Nasionale Intelligensie en word aangese om Fechter op te spoor.

Die Naamlose (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Die Naamlose (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R379 Discovery Miles 3 790 Ships in 2 - 4 working days

Carli Botha was almost seven when her Italian-born mother, Bella, died during the birth of her malformed, brainless [anencephalitic] brother. At the childbed Carli overhears Lena, for many years the domestic at the Grootvlei farm house, saying, “It’s a cathead, Master.”

Carli is left behind in the care of her dipsomaniac father, Wilhelm. Dora also helps out in the farm house at times. During the day she comes to Carli’s rescue. A strong woman, the sword dangling over the head of the master of Grootvlei is in her hands.

She knows the secrets of the farm back to the days of grandpa Maans, and she would talk, that much Wilhelm Botha knows...

Hippokrates, Sammtliche Werke, Volume 1 (Afrikaans, Paperback): Hippocrates Hippokrates, Sammtliche Werke, Volume 1 (Afrikaans, Paperback)
Hippocrates
R879 Discovery Miles 8 790 Ships in 10 - 15 working days

This is an EXACT reproduction of a book published before 1923. This IS NOT an OCR'd book with strange characters, introduced typographical errors, and jumbled words. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R230 Discovery Miles 2 300 Ships in 2 - 4 working days

Op Oukersaand sit Zoe Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie - selfs nie eers 'n hond waarmee sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoe 'n 'verdomde basic human right'. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as 'Volksie' op www.matchmate inlog. . . So ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoe, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoe) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.

Om 'n Lewe Te Red (Afrikaans, Paperback): Om 'n Lewe Te Red (Afrikaans, Paperback)
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days
Susanna M. Lingua Keur 13 (Afrikaans, Paperback): Susanna M. Lingua Susanna M. Lingua Keur 13 (Afrikaans, Paperback)
Susanna M. Lingua
R558 Discovery Miles 5 580 Ships in 10 - 15 working days

In 'Tart my nie, mijn heer' staan Celeste Valkenier op trou met Carl van Heiden. Maar sy het nie rekening gehou met die Franse markies wat bereid is om tot sy laaste druppel bloed te veg vir die nooi wat sy hart gesteel het nie. In 'Suzette van Voltaire' kom die verbitterde Franse edelman Marco de la Roche na Kaap die Goeie Hoop, vas oortuig hy sal nooit weer 'n vrou kan liefkry nie. Maar sy ma het ander planne, en wil met alle geweld vir hom en die mooie Suzette by mekaar uitbring. In in 'Kaalbult se erfgenaam' moet Elsa Verster teen haar sin die voorwaarde verbonde aan haar erfporsie aanvaar. Alte gou bevind sy haarself boonop vasgewikkel in 'n bittere liefdesdriehoek.

Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback): Deon Van Zyl Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback)
Deon Van Zyl
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

Koos Meyer is ‘n legende. Op laerskool reeds was hy ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.

Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Hier is bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers.

Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”

Lig Wankelend (Afrikaans, Paperback): Gerhard Scholtz Lig Wankelend (Afrikaans, Paperback)
Gerhard Scholtz
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter van Leipzig alleen in Kaapstad-hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en 'n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriend, wat 'n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wereldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n wêreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europe is sy onthuis. Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers.

Die benederyk (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die benederyk (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R345 Discovery Miles 3 450 Ships in 2 - 4 working days
Dis koue kos, skat (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Dis koue kos, skat (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R275 Discovery Miles 2 750 Ships in 2 - 4 working days

Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in 'n splinternuwe gedaante - dis 'n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is die briewe en e-pos van 'n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is - aan 'n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anais, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir 'n ete. Dis Koue Kos, Skat is 'n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is 'n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.'

Die Grysland-Verblyf (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Die Grysland-Verblyf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 2 - 4 working days

Phillip is 'n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by 'n finansiele instelling in Bellville werk. Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeen. Ook sy buurman het 'n vendetta teen hom en daar is 'n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig . . . Die grysland-verblyf is 'n teer, onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n man wat ly aan skisofrenie.

Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R403 Discovery Miles 4 030 Ships in 2 - 4 working days

n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor en met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. Die mens is die storie, die storie is die mens, het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gese. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer 'n deernisvolle blik op mense: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgelee streke. Dit is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Reen Oor Die Serengeti (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt Reen Oor Die Serengeti (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R238 Discovery Miles 2 380 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie tweede, roman, keer Connie Luyt terug na Oos-Afrika. Gretchen Schmidt besoek die Serengeti om die man te sien wat indirek verantwoordelik was vir haar dogter se dood. Maar sy vlug ook van haar verlede in die Stasi-beheerde Oos-Berlyn. Haar Afrikaner-oupa het eens op die Serengeti-vlakte geboer, en sy hoop om hier antwoorde en berusting te vind.

Piet Kokkewiet, Kokkewiet - 'n Ben Lindemann Omnibus (Afrikaans, Paperback): Ben Lindemann Piet Kokkewiet, Kokkewiet - 'n Ben Lindemann Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Ben Lindemann
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 2 - 4 working days
Die Rebellie Van Sloet Ateenkamp (Afrikaans, Paperback): Paul C. Venter Die Rebellie Van Sloet Ateenkamp (Afrikaans, Paperback)
Paul C. Venter
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days

Met sy drie televisiereekse Arende I, II en III het Paul C Venter van Afrikaanse televisie se grootste suksesse ooit geskryf. Die rebellie van Sloet Steenkamp is die vierde Arende-avontuur, en die eerste een wat Paul C Venter spesiaal as boek geskryf het. Wat as die dramatiese avonture van Sloet Steenkamp en ander bannelinge op die eiland St Helena begin het, het na 'n spannende trek Duitswes toe en 'n bloedige stryd teen Hendrik Witbooi se Namas, by die stilte van 'n waterput ten einde geloop. Maar nou kom daar weer 'n oorlog. Vir Sloet en sy mense is dit die begin van 'n nuwe, epiese stryd om oorlewing teen die agtergrond van 'n genadelose woestyn.

Katvoet (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Katvoet (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n kombinasie van erotiek en gevaar, ’n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit ’n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel ’n viering van onblusbare lewensdrif.

Bottelnek (Afrikaans, Paperback): Piet Steyn Bottelnek (Afrikaans, Paperback)
Piet Steyn
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geeindig het, en terug in sy verlede in. In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, 'n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwereld, in 'n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

'n Beter Hemel (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder 'n Beter Hemel (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days
Landskap met diere (Afrikaans, Paperback): Welma Odendaal Landskap met diere (Afrikaans, Paperback)
Welma Odendaal
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie vierde kortverhaalbundel verskyn 'n versameling landskappe waarin menslike ervaring uitgebeeld word binne die groter stroming van die verbygaande tyd. In hierdie landskap maak diere hulle verskyning om die skynbare orde te versteur. 'n Likkewaan skuil onder 'n dogter se bed; bosvarke versteur mensgemaakte grense; deur 'n treinvenster word 'n vasgekettingde sirkusolifant gesien. Die verhale is atmosfeerryk en vol suggestie. Dikwels is dit dit wat nie gese word nie, wat die hardste praat.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Breast Cancer Biology
Dil Afroze, Bilal Rah, … Hardcover R3,313 Discovery Miles 33 130
So, For The Record - Behind The…
Anton Harber Paperback R686 Discovery Miles 6 860
Structural Health Monitoring - An…
Ruqiang Yan, Xuefeng Chen, … Hardcover R5,087 Discovery Miles 50 870
Hinduism - A Comprehensive Guide to the…
Cassie Coleman Hardcover R574 R529 Discovery Miles 5 290
Hidden Figures - The Untold Story of the…
Margot Lee Shetterly Paperback  (2)
R304 Discovery Miles 3 040
Lightlike Submanifolds of…
Krishan L. Duggal, Aurel Bejancu Hardcover R6,225 Discovery Miles 62 250
Now Go, 13 - On Grief and Studio Ghibli
Karl Thomas Smith Paperback R225 R203 Discovery Miles 2 030
Algebra, Geometry, and Physics in the…
Denis Auroux, Ludmil Katzarkov, … Hardcover R5,069 Discovery Miles 50 690
The Micro-World Observed by Ultra…
Kinko Tsuji Hardcover R5,142 Discovery Miles 51 420
Populism and Human Rights in a Turbulent…
Alison Brysk Hardcover R2,900 Discovery Miles 29 000

 

Partners