![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Vir Ella Coetsee is die lewe op die oomblik allesbehalwe 'n fees. Haar pa en ma is by 'n huwelikskamp en sy is na Timboektoe gepos. Timboektoe! Nou ja, nie heeltemal midde-Afrika nie, maar weg van haar stadslewe voel ouma Vlooi en oupa Rupert se plaas naby Steynsrus vir haar soos die boendoes. Sy kry 'n knop op haar maag as sy daaraan dink dat haar pa en ma dalk gaan skei. As sy net selfoonopvangs gehad het, sou sy nie heeltemal so eensaam en verlore gevoel het nie. Maar dan maak blondekop Deon Loodts sy verskyning. Die sestienjarige boerseun van die buurplaas lei gou Ella se aandag af van die donker wolk wat oor haar hang en die knop op haar maag wil-wil verjaag word deur vlinders van verliefdheid. By die twee plase se gedeelde begraafplaas ontdek hulle 'n regte Krugermuntstuk ... en 'n honderd jaar oue brief wat dit duidelik maak dat ten minste een moord al oor hierdie goue munt gepleeg is. Gou besef Ella en Deon dat iemand weer op soek is na die Krugermunt.
This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.
Bitter bloeisels: Rothea Beukes is gewikkel in 'n stryd teen die groot Duitser Dieter Richter – die prys is voogdyskap van die jong Albie Richter, wie se ouers in 'n botsing gesterf het. En dan volg daar ewe skielik aanslae op Albie se lewe ... Daar kom 'n tyd: Wanneer haar man in 'n motorongeluk sterf, is Marinda ontredderd en alleen. Sy vra hulp by haar oorlede man se broer, Hugo, maar die man glo sy is 'n blote fortuinsoeker. Kaptein Casanova: Kaptein De Villiers van Jakaranda-lugdiens het 'n oog vir 'n mooi nooi, tot die onsteltenis van sy verloofde, die hoofwaardin Janine; hy maak haar lewe vir haar regtig moeilik. Maar al die passasiers op vlug 013 se lewens word onherroeplik verander wanneer dit blyk dat ’n teddiebeer op ’n ou oom se skoot meer as net ’n speelding is!
Een van die grootste name in Afrikaanse musiek. 'n Obsessiewe aanhanger. 'n Skinderjoernalis met ’n giftige pen. ’n Sangeres wat gehoop het Idols is haar pad uit armoede, en nog ’n sangeres wie se politieke oordeel veel te wense laat. ’n Bitter akteur wat ’n nuwe lewe probeer maak. En ’n musiekbedryf wat glad nie meer is wat dit was nie . . . Die joernalis Tertia Viviers word vermoor kort na sy ’n geheim uitvind wat die gewilde sanger Carel Strydom se loopbaan kan verwoes. Maar die geheim is nie die enigste ding wat sy lewe moeilik maak nie. Daar is ’n obsessiewe aanhanger wat alles dophou wat hy doen, die baas van sy platemaatskappy wat sy eie geheim het en ’n sangeres wat enigiets sal doen om Carel se aandag te trek. Noot vir dood is ’n heerlike roman, geskryf deur ’n joernalis wat die Afrikaanse musiekbedryf intiem ken.
Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he". Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wereld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, ne. Nou vra Tafelberg opnuut 'n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgese nie: Daar's ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .
Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . .
. Van Nigeriese rebellegroepe, dwelmsluikhandel uit Kaapstad wat raak
aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie
- posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n
ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg
geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is 'n
debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en
vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gese “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ’n emosionele reis ook. ’n Tipe reis na binne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat ’n lagreis word sonder om ’n grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir ’n storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke reis word ’n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.
Charlie Human se Bokveld binnekort is ’n wonderlike toevoeging tot die versameling knap spekulatiewe fiksie wat die afgelope ruk deur Suid-Afrikaanse skrywers soos Lauren Beukes, Sarah Lotz, en S.A. Partridge gelewer is. Die hoofkarakter, Baxter Zevcenko, is ’n sestienjarige hardebaard wat ’n pornografiesindikaat op sy skool se speelgrond bedryf. Baxter is vlymskerp, het ’n donker sin vir humor en die roman is ryk aan heerlike pittighede. Die hel is los wanneer Baxter se meisie Esme ontvoer word en hy met ’n skok op Kaapstad se bonatuurlike onderwereld afkom. ’n Ongewone tand op die toneel van Esme se verdwyning help Baxter om kennis te maak met Jackie Ronin, ’n man wat bonatuurlike monsters jag. Saam probeer hulle vir Esme opspoor en kruis hul wee met ’n gloeiende man uit Wes-Afrika, die berugte Koningin van die Nagsluipers en ’n waansinnige wapendeskundige genaamd Basson. Baxter probeer so hard om sin te maak van hierdie vreemde wereld dat hy nie agterkom dat hy deel is van Basson se bose plan wat die aarde bokveld toe kan stuur nie. Bokveld binnekort is ’n skreeusnaakse, opwindende en interessante boek wat deur meer lesers as wetenskapfiksiegeesdiftiges geniet sal word. Dit is fantasties in elke sin van die woord en is die begin van ’n belowende loopbaan vir hierdie jong skrywer. Die boek word gelyktydig in Suid-Afrika en in die Verenigde Koninkryk uitgegee.
Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees
invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom
vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander
die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die
ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis
nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom
toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose,
onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met
lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.
Vier jaar gelede het Kaptein Hugo Dreyer haar verdink dat sy 'n aandeel gehad het in die moord op haar pa. Nou glo hy dat sy betrokke is by die ontsnapping van haar eks uit die gevangenis. Wanneer hy ongenooid op Annelie Verwey se forelhengelplaas arriveer, dwing hy haar om haar eie waardesisteme te ontleed terwyl sy veg om die behoud van haar hart. Maar dinge is nooit eenvoudig nie en Annelie moet besluit of sy genoeg moed het om slegs die lyflike plesiere wat Hugo aanbied, te aanvaar. Kan sy die stoute skoene wat hy so eroties aanbied aantrek sonder om haar hart en siel in die proses te verloor?
Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die wit lokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou? En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .
Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas 'n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouche alles. Geen Brank kon nog ooit nee se vir 'n uitdaging nie, maar weet Lecia dat die voorwaardes behels dat Wouter 'n se het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer? 'n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met die van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak 'n verterende vlam . . . tot 'n jaagduiwel op 'n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op 'n vreemde kronkelpad geplaas word. Blom van Venesie: Die beeldskone Terri Massyn is ewe tuis is in 'n aandrok as in haar ligblou oorpak op 'n trekker of 'n perd se rug. Toe sy haar by haar suster op die Italiaanse eiland Santa Teresa aansluit na haar swaer se dood, ontmoet sy die sjarmante maar dominerende graaf Marco de Castellano – wat glad nie genee is met sulke "onvroulike" gedrag van 'n dame nie. Wie gaan vir wie tem in die magstryd tussen die donker edelman met sy konvensionele idees en die tenger, blonde vuurvreter uit Suid-Afrika?
Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar die krake in haar huwelik wys reeds tydens die wittebrood. Dié roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word.
'n Mens is die storie wat jy van jouself vertel. Liefde is 'n wegholvuur, en die wind is so wispelturig soos mense. As die wind kom draai is Hans du Plessis se jongste historiese roman. Kan Vryheid, afstammeling van 'n slaaf, vir mooi Magriet Skuilhoek toe bring as die bergland haar so beklem? Buitendien, se haar ma: Vryheid is nie een van ons nie, dis tog wat Artikel Ses van die Burgerraad se Drie en Dertig Artikels eintlik se. Hoe durf 'n basterkind soos Vryheid daarteen baklei, een wat nie eers weet wie sy pa was nie? En hoe le jy liefhe uit? ""Artikel Vier en dertig,"" skree Margriet oor die osse se koppe, sodat haar pa verskrik omkyk: ""Die wet van Mooidorp: jy mag nie liefhe nie!"""
Karen werp haarself in ‘n binnenshuise ontwerp-wedstryd na die geboorte van haar baba, om van haar skuldgevoel oor die destydste dood van haar gestremde broer te vlug. Sy glo haar ouers neem haar steeds kwalik oor haar broer se dood en vertrou haar nie met haar eie kind nie. Sy reis met baba en al na Mali, waar sy hoop om die inspirasie vir haar wedstrydinskrywing te vind.
Superintendent Karen Visser moet ten spyte van die vooroordele teenoor haar voorkoms, diamantsmokkellaars vastrek in die Noord Kaap. Waarmee sy nie rekening gehou het nie, is die uitwerking wat die rooikop Dewald en sy dogtertjie Amalia op haar hart sou he. Tussen haar eie leuens en bedrog vind Karen uit dat die hart hom nie so maklik om die bos laat lei nie.
Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie – die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding – en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook ‘n tienerliefde wat blom en ‘n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.
'n Heerlike tweeluik: Klaprose teen die wind is 'n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van vigs. Die tema word ewewigtig en indringend ontgin. En op die koop toe kry die leser insae in die leefwyse van die Nederlanders, word hy/sy bekoor deur die vreemde. Dit is 'n roman wat die verstand en die hart aanraak. Soos honde van die hemel is 'n waagsame, ondersoekende roman oor die onlangse verlede waarin die soeklig helder val op 'n gemeenskap in 'n oorgangstydperk en op die individu. 'n Aangrypende verkenning van verhoudings – tussen mens en mens, en tussen mens en God.
"My planne is reeds agtermekaar. Ek gaan van Kingsberg 'n onvervreembare erfenis maak tot na die vierde geslag. So sal ek sorg dat niemand hier afbreek wat ek opgebou het nie. Niemand sal hier iets kan doen wat die volgende geslagte benadeel nie." Voordat John Adams hierdie uitspraak maak, is Suid-Afrika die droomland met onbeperkte geleenthede. Hy emigreer van Engeland hierheen, word 'n skatryk diamantmagnaat en grondbaron. Hy werk die toekoms haarfyn uit vir sy kinders en die nageslagte wat sou kom. Sy vrou, Sarah, waarsku: "Kinders het nie kontrakte met hul ouers wat maak dat hulle nie kan wegbreek nie." So word elke karakter in hierdie aangrypende verhaal inderdaad 'n persoon met eie drome, eie ideale. Onherstelbare konflik volg, verhoudinge verbrokkel en drome word verpletter. Die Adams-familie word byna tot mislukking gedoem weens John se obsessie met welvaart en die behoud van Kingsberg vir die geslagte. Die massiewe sandsteenkasteel met sy 32 vertrekke word net so 'n belangrike "karakter" in die verhaal as die familielede. Sandsteenkasteel is 'n aandoenlike maar ook kragtige verhaal. Dit is 'n kunstig gestruktureerde ontginning van die verlede: 'n boeiende stuk persoonlike sowel as streeksgeskiedenis wat in die Oos-Vrystaat afspeel.
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue
se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en
inbors word beproef.
My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ‘n onderwyserspos op so 'n afgelee dorpie te aanvaar? As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in 'n japtrap gepak en teruggekeer huis toe ... na Pieter toe. Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer, spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas besit? En waarvan, dink die wildvreemde man, moet sy, haar vier susters, en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie? Fort van die kappiedraers: Skaars 'n week gelede het Stieneke Kitshoff nog geglo Teuns het haar lief ... dat hy sy buurman Piet Coetzee doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgelee plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na ‘n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nerens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante Jaap Venter! |
You may like...
Practical Modern SCADA Protocols - DNP3…
Gordon Clarke, Deon Reynders
Paperback
R1,469
Discovery Miles 14 690
Advanced PEDOT Thermoelectric Materials
Fengxing Jiang, Congcong Liu, …
Paperback
R4,211
Discovery Miles 42 110
Silicon Photonics, Volume 99
Chennupati Jagadish, Sebastian Lourdudoss, …
Hardcover
R5,217
Discovery Miles 52 170
|