![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie. Tussen jazz en rock: Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie. Anderkant liefhê: Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie. Sonder bagasie: Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.
Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk. Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man? Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.
Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade. Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind. Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie. Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.
Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op 'n plaas in Namibie. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe. Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake 'n dramatiese wending. Die nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat. Intussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoenlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag - met bloedige gevolge. Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy 'n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond ...
Zia doen haar bes om funky te lyk met tweedehandse ontwerpersklere. Maar ’n ander vrou se rok pas nie aldag aan haar lyf of in haar lewe nie. Ouma Betta probeer van Zia ’n goeie Afrikanervrou maak sodat sy nie soos haar ma uitdraai nie. Ook haar kerel wil 'n ordentlike vrou he wat nie skandes maak nie. Toe Zia se onderwysloopbaan ineenstort, hou Karel hom skaars. Dan begin Zia by ’n nuwe, kreatiewe werk. Haar baas kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar Zia kan hul chemistry nie ontken nie.
Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word. Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde skoonpa in die kasteel in Duitsland gaan bly. In Die kralebruid word Isa deur die Ouni-stam op ’n eiland grootgemaak en aan ’n ontdekkingsreisiger gegee in ruil vir krale. Hy besef nie hy is volgens tradisie nou met haar getroud nie en sy verstaan nie hoekom hy afsydig is teenoor haar nie. Boonop lyk dit of hy in die beeldskone Belinda belangstel . . .
Adlis-agi d win id-yessawlen tudert n umsedrar, tidyanin-agi bnant tillawt-is, llant s tidett. Yal taqbaylit,yal aqbayli yedder cwit seg-sent. Iles-iw yenna-d ayen illan, lmaena teqsed bab-is.
Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, vertel die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef en tog ook oorkom het. In Anderkant uit? Kom beroemdes sowel as gewone mense aan die woord. Hanlie skryf oor wat sy in die mense se oe sien en oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoe om trauma te oorkom.
Drie van Schalkie van Wyk se beste verhale: In Lokstem van die liefde besef Louise Barnard dat Eben Griesel nie met haar gaan trou nie. Sy gee pad na Rheedersdorp. Maar sy hou nie rekening met Lafras de la Rey nie. In Die liefde oorwin wil die student Ilse Brink met 'n ryk man trou om vir haar behoeftige ouers te kan sorg. Maar haar vriend, Henk Retief, hou Ilse ook dop. In Man van lig en skadu ontmoet Petri Aucamp vir Hougaard Reyneke by 'n partytjie. Is hy aan bedorwe Nicolette beloof?
Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder
Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde
vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop
aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord,
moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om
sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie
kan nie voorbly nie . . .
Rene verdwaal hopeloos oppad na 'n nuwe tuiste en alles loop verkeerd. Haar ou lewe is verby en haar nuwe een verdwyn. Sy sit op die vlak van verlorenheid. Sy beland onverwags terug in haar verlede. Dan maak sy die beste van 'n slegte saak deur die opvoeding wat sy as stiefkind gehad het en probeer om bo uit te kom.
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .
Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wereld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: Wat die probleem in sy kop is. Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys na hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dit help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. 'n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie. Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.
Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar na die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis. Haar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op die kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte...Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk maak?
Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop word sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het se skeppingsdrang is daarmee heen. Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging. Donna moet weer van voor af begin en sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar. Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna. Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.
Gawie Calitz verdwyn terwyl hy soek na die plaas waar een van sy voorsate, oppad terug van die diamantdelwerye, in 1927 weggeraak het. Voor sy verdwyning het die delwer in ’n brief aan sy vrou geskryf oor ’n sakkie onwettige diamante in sy besit. Tromp Faber, ’n familievriend en eks-polisieman besluit om Gawie se spoor te volg.
In Sy was 'n somerdeel kom Jonathan Bergman op Isaacsdal aan om 'n stuk dorpsbeplanning vir sy firma te doen. Is dit te veel gehoop dat sy werkgewer en die se pragtige dogter Jeannie nie alles omtrent sy verlede uitvind nie? In Dan kom die eensaamheid bestaan daar vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel. In Skerwe van geluk is De Wet Vermeulen se ouers dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook 'n pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoe eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder. En in Lamplig teen die seile vergesel Kinnie Rigter, wat as weeskind grootgeword het, vir Rudolf Viljee en sy ma delwerye toe. Sy is jare al verlief op Rudolf, maar hy is haar niggie se kerel. Kinnie ontmoet vir Sephton Butler, 'n speelmaat uit haar kinderjare. Kan daar uit die harde delwerslewe 'n sprokie groei?
|
You may like...
|