Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar na die
bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte,
verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis. Haar
reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin
op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar
serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel
Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te
word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke
in allerhande gekonkel op die kusdorpie met die kriminele element.
As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en
uitbuiter-oupas met krawatte...Net toe dinge op dreef kom, keer
Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag
dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat
Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En
hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk
maak?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!