0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (589)
  • R250 - R500 (799)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Amatola (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Amatola (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind.

Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis.

Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.

Christine Le Roux Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback, 2): Christine le Roux Christine Le Roux Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback, 2)
Christine le Roux
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 12 - 19 working days

Christine le Roux Omnibus 8 bevat drie heerlike liefdesverhale. In Tweede beste het Nicolette se plan om vir Jack jaloers te maak onvoorsiene gevolge. In Die uitkenningsparade bied Karlien aan om vir Steven Joubert te help vrou soek. En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met die van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.

Die Engel het 'n Sekelstert (Afrikaans, Paperback): Max Minnaar Die Engel het 'n Sekelstert (Afrikaans, Paperback)
Max Minnaar
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 10 - 15 working days
Ccfawat n Wevyul (Afrikaans, Paperback): Uccen Marzuq Ccfawat n Wevyul (Afrikaans, Paperback)
Uccen Marzuq
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 10 - 15 working days

Adlis-agi d win id-yessawlen tudert n umsedrar, tidyanin-agi bnant tillawt-is, llant s tidett. Yal taqbaylit,yal aqbayli yedder cwit seg-sent. Iles-iw yenna-d ayen illan, lmaena teqsed bab-is.

Liefde Langs Die Eersterivier (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Liefde Langs Die Eersterivier (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock:

Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.

Anderkant liefhê:

Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.

Sonder bagasie:

Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.

Sy was Siela (Afrikaans, Paperback): Irize Loots Sy was Siela (Afrikaans, Paperback)
Irize Loots
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 10 - 15 working days
Sarah Du Pisanie Omnibus 9 (Afrikaans, Paperback): Sarah du Pisanie Sarah Du Pisanie Omnibus 9 (Afrikaans, Paperback)
Sarah du Pisanie
R589 Discovery Miles 5 890 Ships in 10 - 15 working days

Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word. Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde skoonpa in die kasteel in Duitsland gaan bly. In Die kralebruid word Isa deur die Ouni-stam op ’n eiland grootgemaak en aan ’n ontdekkingsreisiger gegee in ruil vir krale. Hy besef nie hy is volgens tradisie nou met haar getroud nie en sy verstaan nie hoekom hy afsydig is teenoor haar nie. Boonop lyk dit of hy in die beeldskone Belinda belangstel . . .

Vrou in Rooi (Afrikaans, Paperback): Irize Loots Vrou in Rooi (Afrikaans, Paperback)
Irize Loots
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 10 - 15 working days
Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
R347 Discovery Miles 3 470 Ships in 2 - 4 working days

Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 2 - 4 working days

Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk.

Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man?

Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.

Voelvry (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Voelvry (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op 'n plaas in Namibie. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe. Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake 'n dramatiese wending. Die nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat. Intussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoenlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag - met bloedige gevolge. Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy 'n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond ...

Metamorfose (Afrikaans, Paperback): Abraham Luna Metamorfose (Afrikaans, Paperback)
Abraham Luna
R407 Discovery Miles 4 070 Ships in 10 - 15 working days
Die Aanspraak Van Lewende Wesens (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die Aanspraak Van Lewende Wesens (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 2 - 4 working days

Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.

Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter.

Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.

Tussen Heinings - 'N Roman (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie Tussen Heinings - 'N Roman (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie
R379 Discovery Miles 3 790 Ships in 2 - 4 working days

Tussen heinings is die oorrompelende verhaal van gewone mense wat ten spyte van alles (misdaad, egskeiding en emigrasie) dit moontlik vind om met hulle lewens voort te gaan en dit tog regkry om die mure van agterdog en onbegrip af te breek. Corlia Fourie weet hoe om emosie vanagter haar karakters se skanse te laat deurglip – effektief, ontroerend en aangrypend.

Skrik op die lyf (Afrikaans, Paperback): Skrik op die lyf (Afrikaans, Paperback)
R133 Discovery Miles 1 330 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, welgeeste, goelery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, seances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marie Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier.

Judaskus (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R582 Discovery Miles 5 820 Ships in 10 - 15 working days

Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord, moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie kan nie voorbly nie . . .

Volkskunde, Volumes 1904-1906 (Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.): Anonymous Volkskunde, Volumes 1904-1906 (Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.)
Anonymous
R1,175 Discovery Miles 11 750 Ships in 10 - 15 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Die jaar toe Emma begin kook het (Afrikaans, Paperback): Ilse de Korte Die jaar toe Emma begin kook het (Afrikaans, Paperback)
Ilse de Korte
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days

Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar na die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis. Haar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op die kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte...Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk maak?

Boas Mei is verward (Afrikaans, Paperback): Tinus Horn Boas Mei is verward (Afrikaans, Paperback)
Tinus Horn
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wereld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: Wat die probleem in sy kop is. Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys na hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dit help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. 'n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie. Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.

Die Derde Graf (Afrikaans, Paperback): Calvyn van Niekerk Die Derde Graf (Afrikaans, Paperback)
Calvyn van Niekerk
R97 Discovery Miles 970 Ships in 2 - 4 working days

Gawie Calitz verdwyn terwyl hy soek na die plaas waar een van sy voorsate, oppad terug van die diamantdelwerye, in 1927 weggeraak het. Voor sy verdwyning het die delwer in ’n brief aan sy vrou geskryf oor ’n sakkie onwettige diamante in sy besit. Tromp Faber, ’n familievriend en eks-polisieman besluit om Gawie se spoor te volg.

Solitaire (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Solitaire (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop word sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het se skeppingsdrang is daarmee heen.

Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging.

Donna moet weer van voor af begin en sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar.

Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna.

Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.

The Art of Change (Afrikaans, Paperback): Kelly Andria The Art of Change (Afrikaans, Paperback)
Kelly Andria
R644 Discovery Miles 6 440 Ships in 10 - 15 working days
Ys en Vuur (Afrikaans, Paperback): Max Minnaar Ys en Vuur (Afrikaans, Paperback)
Max Minnaar
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 10 - 15 working days
Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R636 Discovery Miles 6 360 Ships in 10 - 15 working days

Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands - dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat 'n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad en keer die hele saak op sy kop . . .

Kopskoot (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kopskoot (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R582 Discovery Miles 5 820 Ships in 10 - 15 working days

Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Precision Medicine, CRISPR, and Genome…
Stephen H. Tsang Hardcover R5,887 Discovery Miles 58 870
Colour Vision Deficiencies XII…
B. Drum Hardcover R5,915 Discovery Miles 59 150
Nutritional and Environmental Influences…
Allen Taylor Hardcover R5,090 Discovery Miles 50 900
Spectacle Lenses - Theory and Practice
Colin Fowler, Keziah Latham Petre Paperback R1,465 Discovery Miles 14 650
Recent Developments in Graves…
Mark F. Prummel Hardcover R4,363 Discovery Miles 43 630
How Vision Works - The Physiological…
Nigel Daw Hardcover R3,919 Discovery Miles 39 190
Artificial Sight - Basic Research…
Mark S. Humayun, James D. Weiland, … Hardcover R4,416 Discovery Miles 44 160
Dates in Ophthalmology
Daniel M. Albert Paperback R1,939 Discovery Miles 19 390
Development and Organization of the…
Leo M. Chalupa, Barbara L. Finlay Hardcover R2,614 Discovery Miles 26 140
Special Skills and Techniques
Gretchen Beal Van Boemel Paperback R1,979 Discovery Miles 19 790

 

Partners