Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en 'n huwelik op die rand van egskeiding is nie
die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. ’n Donker geheim van
bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om
onder andere ’n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand
van iemand wat die naaste aan hom moet wees.
Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend
haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar
lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water
en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is.
Combrink se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit
bevat ook ’n spannende avontuurverhaal en ’n liefdesverhaal – ’n sonderlinge
kombinasie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!