|
|
Books > Afrikaans > Fiksie
In hierdie eerste boek in die Owerhede en Magte reeks, het Israel pas Iran se kernfasiliteite aangeval, wat 'n reeks rampspoedige gebeure wêreldwyd tot gevolg kan hê. Sal leiers en die 'sout van die aarde', groot en klein, in staat wees om in te gryp voordat die gebeure heeltemal buite beheer raak? Nash Lee, 'n NRO entrepreneur is vasberade om ‘n verskil te maak deur sy wêreldwye ivillage netwerk.
Kim Grace, 'n kernwetenskaplike wat gevange gehou word in Noord-Korea se geheime Kamp 16, weet die waarheid oor die vernietigende tegnologie wat sy help ontwikkel het.
Anshel Gould, die briljante stafhoof by die Withuis, het ‘n radikale vredesplan geskep, gebaseer op die lank vergete voorstel van die VN aan Palestina na die tweede wêreldoorlog.
Maar is daar ‘n manier om die onkeerbare te keer? Wat Iran, Israel en Noord-Korea, en ander owerhede en magte volgende besluit kan lei tot die volgende globale konfrontasie...
Die Owerhede en Magte reeks is gebaseer op breedvoerige navorsing oor die komende globale konflik rondom Israel en die leiers wat binnekort belangrike rolle in hierdie stryd gaan vertolk. Hierdie reeks konfronteer ook die grootse uitdaging van die Christelike kerk van vandag: die kerk se historiese rol as 'sout van die aarde', om die planeet te bewaar van korrupsie tydens kritieke oomblikke in wêreldgeskiedenis.
Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington
bevind het, word met 'n fyn hand aanmekaargeweef. 'n Skrywer onthou
haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het
na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar
haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth
Rolland, 'n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog
vroue wat hul eens op 'n tyd in Wellington bevind het.
Gracie is baie kwaad vir Ben, want hy is werkloos en het oenskynlik
geen ambisie behalwe om net 'n Kung-fu musiekproduksie te skryf
nie. So kwaad is sy, dat sy vir 'n ruk lank sonder Ben Jeffriesbaai
toe gaan om weg te kom van hom af. Gracie is skaars weg, of tant
Lien, hulle buurvrou, oortuig vir Ben om haar te help om bewyse te
vind dat die Nigeriers aan wie sy 'n woonstel verhuur, dwelms
verkoop. Ben willig in en dan is die gort gaar. Dit is inderdaad
gevaarlike en wrede misdadigers met wie hy en tant Lien se paaie
kruis. Die bloed en koeels spat en dit raak 'n hengse stryd om
oorlewing vir die twee ...
In 'Tart my nie, mijn heer' staan Celeste Valkenier op trou met
Carl van Heiden. Maar sy het nie rekening gehou met die Franse
markies wat bereid is om tot sy laaste druppel bloed te veg vir die
nooi wat sy hart gesteel het nie. In 'Suzette van Voltaire' kom die
verbitterde Franse edelman Marco de la Roche na Kaap die Goeie
Hoop, vas oortuig hy sal nooit weer 'n vrou kan liefkry nie. Maar
sy ma het ander planne, en wil met alle geweld vir hom en die mooie
Suzette by mekaar uitbring. In in 'Kaalbult se erfgenaam' moet Elsa
Verster teen haar sin die voorwaarde verbonde aan haar erfporsie
aanvaar. Alte gou bevind sy haarself boonop vasgewikkel in 'n
bittere liefdesdriehoek.
Paula Krige word na Lesotho se berge gelok om die tergende raaisel
van haar man se gifpylmoord en die moord op haar dogtertjie te
ontrafel. Haar seuntjie het ook weggeraak. Leidrade op die toneel
oortuig haar daarvan dat daar die aand 'n trance-dans in haar huis
uitgevoer is. Die dans, wat in die San se rotskuns uitgebeeld word,
kan die sleutel tot die geheim wees. Sy glo ook dat haar seuntjie
deur die trance-dansers ontvoer is. Sy kom af op inligting wat haar
laat besef dat sy haar man glad nie geken het nie. Die soektog na
haar kind word ook ’n soektog na haar man se ware aard. "As die
eland struikel" is 'n debuutroman wat beloof om meer as ’n gewone
spanningsverhaal te wees met 'n verstommende, maar insigryke
onthulling.
Op 'n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith &
Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is
dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die
een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan
betaal. Hulle gaan 'n spoor trap wat wyd sal loop: 'n Bloedspoor
deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat
ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, 'n 'goeie man' wat reg
langs die Table View-polisiestasie verdwyn het. 'n Geweldspoor deur
die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig
onbewus van die newelwereld van georganiseerde misdaad en
terrorisme om haar. 'n Doodspoor, van die Chizarira tot by die
Kaapse Waterkant. En aan die einde daarvan sal niemand meer
dieselfde wees nie.
Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy
staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling
en vooruitgang. Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy
geliefde diere beskerm, onbewus oor hoe die groep oud-soldate sy
opdragte uitvoer. In die afgelee ooptes van die park maak hulle 'n
wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van 'n
Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat
val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se
universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op
te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om hom te
wreek op die man wat die APU's beheer - Karel Fechter. Hy kry
uiteindelik sy kans wanneer Fechter se APU's ontbind word en verban
word na ’n afgelee plaas. Fechter word met die APU's verbind en hy
vlug uit aanhouding om hom noodgedwonge aan te sluit by die APU's.
Justus (nou Justice) werk vir Nasionale Intelligensie en word
aangese om Fechter op te spoor.
Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te
sluit. Op 'n vroee ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld,
lyke en 'n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man
sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer
aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sy eenheid eerste op
die toneel. Hy is 'n ooggetuie van verskeie voorvalle van
polisiebrutaliteit. Hy ontken egter die gevolge van al die trauma,
maar hy verlaat wel die polisie om sy eie besigheid te begin. Sy
huwelik loop op die rotse. Soos hy afgaan in 'n maalkolk van
depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy
ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself
erken dat hy hulp nodig het. Marais het die boek geskryf om sy
duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig van rou
menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.
Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Persomi is die
bywonerskind. Maar Persomi is slim, waarskynlik te danke aan haar
onbekende biologiese pa. 'n Baie spesiale vriendskap ontwikkel
tussen Boelie en Persomi, maar iets hou Persomi terug - waarom kan
sy nie met oorgawe liefhe nie? En wanneer sy as baie jong
prokureurtjie inwillig om die Indierwinkeliers se gedwonge
verskuiwing in die hof te beveg, bring dit haar in direkte konflik
met die gemeenskap - en met Boelie.
Hierdie vyfde bundel kortverhale deur Haasbroek verskyn meer as 20
jaar na sy vorige bundel. Maar alhoewel sommige van die verhale
herinner aan die macho-styl van sy vroeere werk, is die verhale in
Kruispunt meestal meer deernisvol en menslik. Die milieu van die
verhale is telkens oorlogsgebiede of die jagveld of 'n
plaasomgewing. En dit is 'n treffende uitbeelding van sowel die
mens se duister psige as sy weerloosheid. Die onderliggende tema is
geweld - soms brutaal, soms pynlik, maar altyd openbarend. Die
geografiese afwisseling waarbinne die verhale afspeel, gee aan die
bundel 'n globale kyk op die menslike natuur, in Afrika en in
Europa. Mens en natuur staan in 'n aanvullende verhouding binne
elke verhaal. Haasbroek se nuwe bundel is ’n welkome toevoeging tot
sy werk, en ook tot die Afrikaanse verhaalkuns.
Op Oukersaand sit Zoe Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar.
Sy het niemand nie - selfs nie eers 'n hond waarmee sy kan cuddle
nie. En cuddle is volgens Zoe 'n 'verdomde basic human right'.
Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as 'Volksie' op
www.matchmate inlog. . . So ontmoet sy vir Donatello, die advokaat
wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoe,
daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga.
Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoe) mekaar
uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies
as skreeusnaaks.
This is an EXACT reproduction of a book published before 1923. This
IS NOT an OCR'd book with strange characters, introduced
typographical errors, and jumbled words. This book may have
occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor
pictures, errant marks, etc. that were either part of the original
artifact, or were introduced by the scanning process. We believe
this work is culturally important, and despite the imperfections,
have elected to bring it back into print as part of our continuing
commitment to the preservation of printed works worldwide. We
appreciate your understanding of the imperfections in the
preservation process, and hope you enjoy this valuable book.
Koos Meyer is ‘n legende. Op laerskool reeds was hy ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.
Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Hier is bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers.
Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”
Na twee jaar gevangenisskap in Togo weens wapensmokkelary word
Johan Castelyn onverwags vrygelaat - op voorwaarde dat hy as
diplomaat in Parys op die nuwe ambassadeur, Nerine Cloete, sal
spioeneer. Kort voor haar aanstelling was Nerine, 'n lid van die
opposisie, op die punt om 'n wapenskandaal oop te vlek. Nou moet sy
egter buite partyverband optree - en Johan is daar om seker te maak
dit gebeur.
Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in 'n
splinternuwe gedaante - dis 'n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is
die briewe en e-pos van 'n vrou in haar liefde verlaat; dit is
briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die
verhaal ontvou in korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is -
aan 'n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard,
verlaat haar vir Anais, een van Clara se beste vriendinne. Die
briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses:
woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe,
hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar
kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede
huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en
wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy
uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam
met hom sal kan aansit vir 'n ete. Dis Koue Kos, Skat is 'n
vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd.
Dit is 'n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van
Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of
the sexes, we merely have to survive it.'
Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne
Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hulle
geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en
die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Aan die drama
van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc
weer opgeroep word, hierdie keer vir militere diens in Gasa, sy ma
'n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld – die
misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet. Boonop
maak Henok Kabungu 'n verrassende ontdekkin wat hom in konflik
bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se
skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef
waarom die Israeli's so verbete vasklou aan hulle beloofde land.
In hierdie tweede, roman, keer Connie Luyt terug na Oos-Afrika.
Gretchen Schmidt besoek die Serengeti om die man te sien wat
indirek verantwoordelik was vir haar dogter se dood. Maar sy vlug
ook van haar verlede in die Stasi-beheerde Oos-Berlyn. Haar
Afrikaner-oupa het eens op die Serengeti-vlakte geboer, en sy hoop
om hier antwoorde en berusting te vind.
|
You may like...
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks
Paperback
(1)
R320
R300
Discovery Miles 3 000
Katvis
Annelie Botes
Paperback
(1)
R360
R332
Discovery Miles 3 320
Roman
Cas Wepener
Paperback
R307
Discovery Miles 3 070
Monster
Rudie van Rensburg
Paperback
R355
R317
Discovery Miles 3 170
Bloedbande
Jeanette Stals
Paperback
R320
R300
Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz
Paperback
(1)
R350
R312
Discovery Miles 3 120
Moederland
Madelein Rust
Paperback
R350
R312
Discovery Miles 3 120
Die Verevrou
Jan van Tonder
Paperback
R350
R312
Discovery Miles 3 120
|