Paula Krige word na Lesotho se berge gelok om die tergende raaisel
van haar man se gifpylmoord en die moord op haar dogtertjie te
ontrafel. Haar seuntjie het ook weggeraak. Leidrade op die toneel
oortuig haar daarvan dat daar die aand 'n trance-dans in haar huis
uitgevoer is. Die dans, wat in die San se rotskuns uitgebeeld word,
kan die sleutel tot die geheim wees. Sy glo ook dat haar seuntjie
deur die trance-dansers ontvoer is. Sy kom af op inligting wat haar
laat besef dat sy haar man glad nie geken het nie. Die soektog na
haar kind word ook ’n soektog na haar man se ware aard. "As die
eland struikel" is 'n debuutroman wat beloof om meer as ’n gewone
spanningsverhaal te wees met 'n verstommende, maar insigryke
onthulling.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!