Op 'n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith &
Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is
dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die
een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan
betaal. Hulle gaan 'n spoor trap wat wyd sal loop: 'n Bloedspoor
deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat
ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, 'n 'goeie man' wat reg
langs die Table View-polisiestasie verdwyn het. 'n Geweldspoor deur
die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig
onbewus van die newelwereld van georganiseerde misdaad en
terrorisme om haar. 'n Doodspoor, van die Chizarira tot by die
Kaapse Waterkant. En aan die einde daarvan sal niemand meer
dieselfde wees nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Tue, 12 Oct 2010 | Review
by: Coenraad W.
Brilliant - typical Deon Meyer. Don't start reading this if you don't have the time to finish it very quickly. I bought the book on a Saturday, started reading at 13:00 and finished at 01:30 - all 546 pages of it. Meyer keeps you guessing, as he surprises you, excites and tantalises you - as one expects! If you cannot read Afrikaans, you'll unfortunately need to wait for the translation. If you can at all, don't wait!
Deon Meyer se nuutste roman is - soos sy voriges - asemrowend. Dit is kenmerkend dat hy karakters uit vorige boeke weer laat optree. Spoor is in vier afdelings (genaamd "boeke") opgedeel. In Boek Een en Drie sien ons Janina Mentz en haar span hul ding doen. In Boek Twee vertel Lemmer (van Onsigbaar) wat met hom gebeur. In Boek Vier sien ons Mat Joubert wat as private ondersoeker begin werk. Vir lank wonder jy hoe sy storie skakel met die stories in die ander boeke. Maar op die laaste oomblik voeg Meyer alles netjies saam dat 'n mens maar net kan lekkerkry. Koningskos vir die misdaad-fynproewer!
Did you find this review helpful?
Yes (1) |
No (0)