![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Fiction > Local Fiction
Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.
Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ’n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik? Voeg hierby ’n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en ’n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
AN ASTOUNDING NOVEL FROM THE AUTHOR OF FRANKIE AND STANKIE AND BROTHER OF THE MORE FAMOUS JACK ____________________ 'A dazzling achievement. It's beautifully-written, deftly-plotted and moves skilfully from domestic drama to global themes and back again' - Daily Express 'Delightful and brilliantly choreographed comedy' - Sunday Times ____________________ The time is 1995, but everybody has a past. Brilliant Australian Caroline can command everyone except her own ghoulish mother, which means that things aren't easy for Josh and Zoe, her husband with Stravinsky-glasses and twelve-year-old daughter. Zoe reads girls' ballet books and longs for lessons; a thing denied her until a chance encounter on a school French exchange. Meanwhile, on the east coast of Africa, Hattie, Josh's first love, now writes girls' ballet books - that's when she can carve out the space between her husband and her crosspatch daughter. From far and wide, they are all drawn together: a masquerade in which things are not always what they seem. ____________________ 'This wonderful novel sparkles with Midsummer Night's Dream magic' - Daily Mail 'Beautifully structured, with flashes of wonderful eccentricity' - The Times
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Ingi Friedlander, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos die van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem. Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloe en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wereldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
Kristin Uys is a tough Roodepoort magistrate who lives alone with her cat. She is on a one-woman crusade to wipe out prostitution in the town for reasons that have personal significance for her. Although she is unable to convict the Visagie Brothers, Stevo and Shortie, on charges of running a brothel, she manages to nail Stevo for contempt of court and gives him a summary six-month sentence. From Diepkloof Prison, the outraged Stevo orchestrates his revenge against the magistrate, aided and abetted by his rather inept brother Shortie and his erstwhile nanny, Aunt Magda, who believes mass action will force the powers that be to release Stevo. Kristin receives menacing phone calls and her home is invaded and vandalised. Even her cat is threatened. The chief magistrate insists on assigning a bodyguard to protect her. To Kristin’s consternation, security guard Don Mateza moves into her home and trails her everywhere. Nor does this suit Don’s long-time girlfriend Tumi, former model and successful businesswoman, who is intent on turning Don into a Black Diamond sooner rather than later. And Don soon finds that his new assignment has unexpected complications which Tumi simply does not understand. In Black Diamond, Zakes Mda tackles every conceivable South African stereotype, skilfully (and with the lightest touch) turning them upside down and exposing their ironies, often hilariously. This is a clever, quirky novel that captures the essence of contemporary life in Gauteng and will resonate with all South Africans.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
This novel is set in the Free State town of Excelsior from the 1970s to the time of political liberation in the 1990s. In the 1970s Excelsior was notorious for a series of across-the-colour-bar sex scandals involving white men - many of them pillars of the conservative Afrikaner establishment - and black women, some of whom bore mixed-race children as a result. Mda roots his story in this period and carries it through to the social and political revolution of the 1990s. Often lyrical and sensual, and sometimes bleak and shocking, the novel is always an acute and authentic reflector of small-town South Africa and its extraordinary mix of people in the years of high apartheid and in its untidy aftermath.
Gideon Lancaster, a New Zealand soldier fighting for the British, infiltrates a Boer commando. He soon finds himself entangled in a confusion of loyalties as he becomes better acquainted with the men and, worse, falls in love with Esther Calitz, a Boer woman of considerable mettle who demands his loyalty over every other allegiance. Between Esther and Commandant Jacob Eksteen, his taciturn rival in love and a man of clear black-and-white convictions, Lancaster navigates his way only with great difficulty. So powerful are the conflicting demands of fidelity and love that he seizes a quixotic opportunity when a large British battalion is mobilised in what is to be the final triumph of the imperial forces.
Gideon Lancaster, 'n Nieu-Seelander wat vir die Britte veg, infiltreer 'n Boerekommando. Hy word gou verstrengel in verwarrende lojaliteite wanneer hy die boeresoldate beter leer ken en boonop verlief raak op Esther Calitz, 'n eiesinnige Boeremeisie wat sy trou bo alle ander eis. Tussen Esther en kommandant Jacob Eksteen, sy swygsame mededinger in die liefde en 'n man met swart-en-wit beginsels, vind hy sy weg met groot moeite. Die teenstrydige eise van trou en liefde dryf hom tot onbesonnenheid. Hy gryp die kans op 'n groot waagstuk aan toe 'n Britse bataljon gemobiliseer word om die oorlog tot 'n klinkende einde te bring. Halfpad Een Ding is 'n meesleurende leeservaring, 'n liefdesverhaal en oorlogsavontuur neergepen deur 'n ervare, subtiele skrywershand.
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas. ’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
Hierdie verhaal word deur twee vroue vertel: Miesa, dogter van ’n boer op ’n plaas naby Vryburg, en Siena, die vrou wat Miesa help grootmaak het. Na die grensoorlog keer Miesa se pa as ’n gebroke man terug. Hy sit op die stoep en drink en kaarte speel, terwyl die plaas vergaan. In die aande kom hy na Miesa se kamer, waar sy sy onmag moet ontgeld. Miesa se ma maak ’n plaaswinkeltjie oop en Miesa vind ’n mate van ontvlugting daar. Dis ook in hierdie winkel waar sy haar eerste minnaares ontmoet en haar weg na die buitewêreld vind. Wanneer sy ’n outistiese dogtertjie aanneem, begin haar lewe sin kry en vind sy uiteindelik blywende liefde.
Sister-sister is the unforgettable story of twins, Thulisile and Sindisiwe Nxumalo, set in a dystopian near-future South Africa. In childhood, gregarious Thuli and stuttering, introverted Sindi, are inseparable. But the arrival of an uncle they never knew they had sets into motion a course of events that will destroy their relationship and, eventually, their lives. In the twins' world, petrol-driven cars have been banned, and diesel pirates sell illegally distilled b-diesel to fuel junks. An unspeakable illness has run wild, disseminating populations in poverty stricken rural areas, and creating a market for untainted girls. In the townships a new religion, led by The Black Preacher, urges women to become Mothers for a New Mankind, and only those with pure blood are allowed into the Believers fold. The novel is told in five parts, interweaving present and past as the twins unwind their tragic stories and find salvation in the most unexpected of places. The second novel from the highly lauded author of Gem Squash Tokoloshe.
Amanda kry dit nie meer reg om aan Wim as net haar stiefbroer te dink nie. En as sy nie wilde hoop met moontlikhede verwar nie, is sy boonop op haar biologiese pa se spoor. Die vyfde roman in die Geur- en Seisoen-reeks.
In the wild night hours, or during the heat of the day - whenever man's thoughts whirl feverishly - then truth and fantasy, the past and the future, life and death are indiscriminately mingled on Toorberg, home of the Moolman family. So the magistrate is to learn as he investigates the strange circumstances of the death of little Noah, child of grief, who was not entirely of this world. Every day the case becomes more complex, until it challenges the very foundations of the law. It seems as if the magistrate will have to judge an entire dynasty, both the living and the dead. Everyone's guilt has to be affirmed, or denied, and this means he will have to rip open the lives of all. The Moolmans are a tribe who have long since learned how to deal with their own. Parents cut children out of their lives, shunt them aside to live as stepchildren, scrag-ends of the clan, or as city-dwellers whose names are never uttered. The Moolmans cannot forgive; not when their tribal blood is betrayed.
After an unexpected and diabolical farewell breakfast conversation with his father, Spud Milton returns to boarding school for his 1993 Matric year, his last as a schoolboy. Armed with a prefects’ tie and a raging libido, Spud soon discovers that being a large(ish) fish in a small pond has its fair share of challenges. He finds himself embroiled in fighting for his own room, directing a house play where both lead actors refuse to learn their lines, and assisting in Vern Blackadder’s dramatic return from the dead with nothing more than a drip cord and a pair of oven gloves. Amidst mounting pressure in the classroom and on the cricket field, Spud prepares to face down the most feared and dreaded challenge of them all – finding a date for the Matric dance. In this hilarious final instalment of the Spud series John van de Ruit brings to a close his savagely funny blow by blow account of the agonies of growing up. The embarrassments, the thrills, the defeats, and the sheer -absurdity of daily life are wittily recorded in Spud’s unique voice as he prepares to make his own exit, pursued by a bear.
A senior photographer introduces a young man to the intricacies of photography. 'If,' he says, 'I try to imagine the lives going on in all these houses, the domestic dramas, the family sagas, it seems impossibly complicated. How could you ever do justice to something so rich in detail? You couldn't do it in a novel, let alone a photograph.' The novel follows the young man's broken path, as he goes overseas, finds a career, and then comes back to a changed Johannesburg. In the process, the book develops an ever-widening perspective not only on change in the country, but also on questions to do with seeing and being seen. It brings into sharp focus South Africa's recent history and the difficulty of depicting it.
Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop: ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly. Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is. Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.
In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer. Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie. Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet? ’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice.
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou? En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .
A letter from Portugal makes Colette Cronjé remember everything she has spent a lifetime trying to forget. The sender is a long-lost relative, found after a decades-long search, and the letter is about saudade, the love that remains after its object has gone. It’s a love that has shaped the lives of three generations of women, trapped between leaving and staying, and between what is unbearable to remember and impossible to forget. Colette is too cautious to change her destiny, her daughter Nandi is too angry to prevent her own. Can Colette’s granddaughter, Tina, find the courage to write a redemptive ending for a family she has never known? Spanning seven decades of South Africa’s social and political evolution, recorded with insight, accuracy and humour, Forget-me-not Blues is above all a novel about family, secrets and the small falsehoods and sweeping deceptions that keep us together while they tear us apart. And memory is the sleeping dog in an unforgettable love story that makes us long to believe that even saudade can have a happy ending.
Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuïsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel. Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.
What happened to Anna the moment after she pulled the trigger? After she looked her stepfather in the eye, and shot him, the man who sexually abused her and her sister for so many years? Seven years after It’s Me, Anna, a publication sensation at the time of its release, the author revisits the story of Anna Bruwer. How does one seek forgiveness for murder? Or is retribution the only way to bring about justice? These are the questions Anna – and the writer – wrestle with. This is an excruciatingly honest depiction of Anna’s life after her stepfather’s death: a novel filled with compassion, and ultimately hope.
Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid ... Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid 'n verhoging en 'n verplasing sou insluit. kielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna. Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai. Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn... |
You may like...
Legal Tech, Smart Contracts and…
Marcelo Corrales, Mark Fenwick, …
Hardcover
R4,039
Discovery Miles 40 390
Fundamentals of Spatial Information…
Robert Laurini, Derek Thompson
Hardcover
R1,451
Discovery Miles 14 510
Handbook of Research on Cloud and Fog…
Pethuru Raj, Anupama Raman
Hardcover
R6,116
Discovery Miles 61 160
Big Data Processing With Hadoop
T. Revathi, K. Muneeswaran, …
Hardcover
R4,832
Discovery Miles 48 320
Discovering Computers - Digital…
Misty Vermaat, Mark Ciampa, …
Paperback
Discovering Computers, Essentials…
Susan Sebok, Jennifer Campbell, …
Paperback
Insight into Theoretical and Applied…
Andrzej Yatsko, Walery Suslow
Hardcover
R1,400
Discovery Miles 14 000
|