![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Fiction > Local Fiction
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ’n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik? Voeg hierby ’n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en ’n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
AN ASTOUNDING NOVEL FROM THE AUTHOR OF FRANKIE AND STANKIE AND BROTHER OF THE MORE FAMOUS JACK ____________________ 'A dazzling achievement. It's beautifully-written, deftly-plotted and moves skilfully from domestic drama to global themes and back again' - Daily Express 'Delightful and brilliantly choreographed comedy' - Sunday Times ____________________ The time is 1995, but everybody has a past. Brilliant Australian Caroline can command everyone except her own ghoulish mother, which means that things aren't easy for Josh and Zoe, her husband with Stravinsky-glasses and twelve-year-old daughter. Zoe reads girls' ballet books and longs for lessons; a thing denied her until a chance encounter on a school French exchange. Meanwhile, on the east coast of Africa, Hattie, Josh's first love, now writes girls' ballet books - that's when she can carve out the space between her husband and her crosspatch daughter. From far and wide, they are all drawn together: a masquerade in which things are not always what they seem. ____________________ 'This wonderful novel sparkles with Midsummer Night's Dream magic' - Daily Mail 'Beautifully structured, with flashes of wonderful eccentricity' - The Times
Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.
This novel is set in the Free State town of Excelsior from the 1970s to the time of political liberation in the 1990s. In the 1970s Excelsior was notorious for a series of across-the-colour-bar sex scandals involving white men - many of them pillars of the conservative Afrikaner establishment - and black women, some of whom bore mixed-race children as a result. Mda roots his story in this period and carries it through to the social and political revolution of the 1990s. Often lyrical and sensual, and sometimes bleak and shocking, the novel is always an acute and authentic reflector of small-town South Africa and its extraordinary mix of people in the years of high apartheid and in its untidy aftermath.
Ingi Friedlander, 'n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop. Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos die van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem. Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra. Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloe en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wereldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
Kristin Uys is a tough Roodepoort magistrate who lives alone with her cat. She is on a one-woman crusade to wipe out prostitution in the town for reasons that have personal significance for her. Although she is unable to convict the Visagie Brothers, Stevo and Shortie, on charges of running a brothel, she manages to nail Stevo for contempt of court and gives him a summary six-month sentence. From Diepkloof Prison, the outraged Stevo orchestrates his revenge against the magistrate, aided and abetted by his rather inept brother Shortie and his erstwhile nanny, Aunt Magda, who believes mass action will force the powers that be to release Stevo. Kristin receives menacing phone calls and her home is invaded and vandalised. Even her cat is threatened. The chief magistrate insists on assigning a bodyguard to protect her. To Kristin’s consternation, security guard Don Mateza moves into her home and trails her everywhere. Nor does this suit Don’s long-time girlfriend Tumi, former model and successful businesswoman, who is intent on turning Don into a Black Diamond sooner rather than later. And Don soon finds that his new assignment has unexpected complications which Tumi simply does not understand. In Black Diamond, Zakes Mda tackles every conceivable South African stereotype, skilfully (and with the lightest touch) turning them upside down and exposing their ironies, often hilariously. This is a clever, quirky novel that captures the essence of contemporary life in Gauteng and will resonate with all South Africans.
After an unexpected and diabolical farewell breakfast conversation with his father, Spud Milton returns to boarding school for his 1993 Matric year, his last as a schoolboy. Armed with a prefects’ tie and a raging libido, Spud soon discovers that being a large(ish) fish in a small pond has its fair share of challenges. He finds himself embroiled in fighting for his own room, directing a house play where both lead actors refuse to learn their lines, and assisting in Vern Blackadder’s dramatic return from the dead with nothing more than a drip cord and a pair of oven gloves. Amidst mounting pressure in the classroom and on the cricket field, Spud prepares to face down the most feared and dreaded challenge of them all – finding a date for the Matric dance. In this hilarious final instalment of the Spud series John van de Ruit brings to a close his savagely funny blow by blow account of the agonies of growing up. The embarrassments, the thrills, the defeats, and the sheer -absurdity of daily life are wittily recorded in Spud’s unique voice as he prepares to make his own exit, pursued by a bear.
Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop: ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly. Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is. Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas. ’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer. Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie. Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet? ’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice.
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die voormalige kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na diè van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wie vir hulle soek nie. Maar sy’t nog nooit ’n getuie soos Daniel Enslin teëgekom nie.
Karen werp haarself in ‘n binnenshuise ontwerp-wedstryd na die geboorte van haar baba, om van haar skuldgevoel oor die destydste dood van haar gestremde broer te vlug. Sy glo haar ouers neem haar steeds kwalik oor haar broer se dood en vertrou haar nie met haar eie kind nie. Sy reis met baba en al na Mali, waar sy hoop om die inspirasie vir haar wedstrydinskrywing te vind.
In the wild night hours, or during the heat of the day - whenever man's thoughts whirl feverishly - then truth and fantasy, the past and the future, life and death are indiscriminately mingled on Toorberg, home of the Moolman family. So the magistrate is to learn as he investigates the strange circumstances of the death of little Noah, child of grief, who was not entirely of this world. Every day the case becomes more complex, until it challenges the very foundations of the law. It seems as if the magistrate will have to judge an entire dynasty, both the living and the dead. Everyone's guilt has to be affirmed, or denied, and this means he will have to rip open the lives of all. The Moolmans are a tribe who have long since learned how to deal with their own. Parents cut children out of their lives, shunt them aside to live as stepchildren, scrag-ends of the clan, or as city-dwellers whose names are never uttered. The Moolmans cannot forgive; not when their tribal blood is betrayed.
Three women look back in old age at a past they shared, not always harmoniously - Emmeline Pankhurst, the formidable suffragette; her daughter Sylvia; and Helen, who was loved by Harry, the neglected son of Emmeline and beloved brother to Sylvia. Through the narrative of each woman flits the figure of Christabel, Mrs Pankhurst's favourite daughter - selfish, vain but irresistible. The three accounts, sometimes contradictory, sometimes confirmatory, reconstruct piece by piece the events surrounding Harry's death and the human entanglements behind, indeed at times driving, the public acts of the time.
In the spring of 1999, in the beautiful and seemingly tranquil hills of the KwaZulu-Natal midlands, a young white farmer is shot dead on the dirt road running from his father's farmhouse to his irrigation fields. The murder is the work of assassins rather than robbers.
A senior photographer introduces a young man to the intricacies of photography. 'If,' he says, 'I try to imagine the lives going on in all these houses, the domestic dramas, the family sagas, it seems impossibly complicated. How could you ever do justice to something so rich in detail? You couldn't do it in a novel, let alone a photograph.' The novel follows the young man's broken path, as he goes overseas, finds a career, and then comes back to a changed Johannesburg. In the process, the book develops an ever-widening perspective not only on change in the country, but also on questions to do with seeing and being seen. It brings into sharp focus South Africa's recent history and the difficulty of depicting it.
Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so 'n bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan. In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel 'n tannie hom van haar laaste dans in 1941. Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans. En 'n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.
Gebasseer op ‘n ware verhaal van geloof en oorwinning. As 16-jarige vlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, ʼn vriend van haar broer, wat haar aan ʼn bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld. Na ʼn haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na ʼn raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge. Van Skoolbank Tot Bordeelbed is ʼn spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger. In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit ʼn Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep. Dit is twintig jaar ná demokrasie, en die land neem die nuwe bedeling in oënskou. Demokrasie het vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep het dit ook beteken dat die lewe waarvoor hulle voorberei is, oornag verdwyn het. Is nostalgie vir ’n verlore wêreld hul enigste uitkoms? ’n Pakkende kontroversiële roman.
Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuïsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel. Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag. |
You may like...
|