Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid ...
Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid 'n verhoging en 'n verplasing sou insluit. kielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna.
Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai.
Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!