![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk. Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reenmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om 'n oorlede vrou se as te bere waar 'n groot vloed dit sal meesleur. "Weg … see toe." Susara Vermeulen, 'n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na 'n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het. Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheid in Afrika. Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: “Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. So word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux."
Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die Anglo-Boereoorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar wapenneerleggers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloe” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konfl ikte na die sluiting van vrede.
Die Egiptiese vrou Saleh Samir se fanatiese Moslem-familie hou haar man, Ashraf, gevange na hul bekering tot die Christendom. Sy is swanger met hul eerstelingseun en die familie dreig om die baba by haar af te neem, maar sy ontsnap. Saleh is nog jonk in die geloof en dit word ’n reis van vertroue in haar nuwe Verlosser. Deur ’n goddelike sameloop van omstandighede kruis Saleh se pad met die van Petrus Pretorius, ’n sendeling. Teen die spannende agtergrond van die rewolusie in Egipte van 2011 raak hul werelde met mekaar verweef.
Tienermeisies verdwyn die een na die ander. Hulle word gevind: eers gemartel en toe gehang. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Magson jag maak. Maar agter hom loop ’n donker spoor.
"Kerneelsie droom groot" is die tweede titel in 'Oom Vossie Vertel ...' Kinderboekreeks.Kerneelsie droom van sy geboorte af oor tye lank gelede toe varke vry in lusernlande geleef het. Van die ingehokte varkielewe binne groot geboue hou hy net mooi niks nie Lees hoe Kerneelsie se droom bewaarheid word
Damestudente loop nie meer ná skemer alleen op die kampus sedert ’n reeksmoordenaar vaardig begin raak het nie. Llyn is waaksaam, maar is sy waaksaam genoeg sedert die geheimsinnige man in die biblioteek haar pad gekruis het?
Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep. Dit is twintig jaar ná demokrasie, en die land neem die nuwe bedeling in oënskou. Demokrasie het vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep het dit ook beteken dat die lewe waarvoor hulle voorberei is, oornag verdwyn het. Is nostalgie vir ’n verlore wêreld hul enigste uitkoms? ’n Pakkende kontroversiële roman.
Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word. Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie. En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.
Christelle Contreau, wereldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wereld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christelle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?
Haar tyd op Winburg raak ’n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee. Sy verken bywonerstentedorpe ná die Anglo-Boereoorlog, kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet, hoor van die vloek wat Christiaan de Wet oor Winburg uitgespreek het. Daar is die monument wat haar ma se buurvrou en dié se seuns ná ʼn plaasmoord begin bou het – die mees onwaarskynlike monument ooit. En haar ma se oppasster, wie se grootjie in die swart konsentrasiekamp was, praat ook saam. Wanneer Yachin, Margo se Israeliese geliefde, op besoek kom om haar terug te vat na hul tuiste in Israel, is die besluit – waar hoort ek? – nie meer so eenvoudig nie. Monument is die verhaal van die Vrouemonument in Bloemfontein, en van ander monumente: dié van klip en marmer, maar ook die monumente wat Suid-Afrikaners – die vroue in die eerste plek – in mekaar se menswees gebou het.
In 'n Juffrou vir Skurwekop regeer Bertus Kruger met 'n ysterhand oor sy klein koninkryk - Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand - en inspireer hulle onwetend om 'n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. In Hard soos kameeldoringhout wonder Martie Schlage wat sy die meeste vrees - dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Sy trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa op Grootfontein uitkom. En in Sandroos uit Meob het Louw Greyling net een doel voor oë - om Braam Venter te vergeld en sy diamante terug te kry. Suster Ansa, die jong non van die verlate myndorpie Meob, is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook 'n roete na sy hart is . . .
Anderkant die spieel is ’n storie vir elke vrou wat al gewonder het hoekom sy nou eintlik haar tee swart en bitter drink as soet en melkerig soveel lekkerder is. Vir elke vrou wat al gewens het sy kon die uitgevrete rotte in haar kombuis – en huwelik – met ’n .22 wegblaas, en wat vroualleen ’n Swartwoudkoek kan baasraak. En vir elke vrou wat al op ’n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom, of waar “huis” nou eintlik is nie. Anderkant die spieel is die storie van Maggie, wat ons in Talia vat grond ontmoet het. Sy val deur die hasegat op nog ’n nuwe dorp waar gewapende, aweregse buurvroue verkykers het, en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie.
Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte. In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; ná sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree. Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.
In hierdie nuwe roman deur Connie Luyt, skrywer van Lang skaduwees in Afrika, is dit weereens die menslikheid en warmte van die vertellerstem wat mens opval. ’n Liefdesverhaal wat die nadraai van die Grensoorlog in mense se lewens en die skaduwereld van militere intelligensie ondersoek. Ben dra nog swaar aan sy ervarings tydens die grensoorlog. Hy glo hy en Alexa het die perfekte verhouding: Sy vra geen vrae oor sy verlede nie en hy vra ook nie oor hare nie. Dan daag ’n ou weermagkennis van Ben op en Alexa verdwyn sonder waarskuwing.
Twintig kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd. Die stories bied dikwels verrassende nuwe blik op ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend plaasmoorde, liefde na die dood en die paranoia van beide ’n kleindorpse en stedelike bestaan. Die skrywers op die kortlys is Solette Stander; Brian Fredericks; Willem Breyl; Tanya van Buuren; Talita van Graan; Elani Venter; Inge Lategan; Marteni Burger; Elmien de Klerk; Dalena Theron; Carla Kargaard; Frederick J. Botha; Madre Marais; Wentzel Lombard; Niel Koekemoer; Christina van Deventer & Elmarie Rossouw.
Die groot legkaart, waarin Tina Eksteen se kortstondige maar idillies gelukkige huwelik beeindig word en sy boonop van haar pasgebore seuntjie beroof word. Maar net toe dit lyk of die noodlot haar opnuut wil teister, begin die stukkies van die legkaart uiteindelik pas . . . Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . en ware liefde. En Winde van herinnering, waarin Thea Strassheim tydens haar gedwonge verblyf op die landgoed Hamilton Estate moet besluit: sal sy haar lewe op die altaar le in ruil vir kortstondige geluk saam met die man wat sy meer as haar eie lewe bemin?
Die boek bied ligte lees vermaak in Afrikaans, veral aan diegene wat wonder oor die lewe op 'n plaas. Plaasjapies aan die anderkant mag dalk terug gevoer word na hulle eie dae op die plaas en met verlange terugdink aan hulle ervarings en sorgelose tye in die platteland. Die boek is geskoei op 'n meer eenvoudige lewe rondom 'n klein plattelandse dorpie in die Riemland. Wat vroeer bietjie van 'n spotnaam was (amper soos takhaar) is deur baie boere aangeneem as hulle omgewings naam. Is die Riemland in die Oos-Vrystaat dan nie een van die mooiste dele van ons land nie? Die denkbeeldige gemeenskap van Rietfontein, iewers tussen Bethlehem en Frankfort, is 'n plattelandse dorpie waar die storie afspeel. Leer ken 'n klompie boeremense, kyk wat hulle aanvang en proe saam met hulle aan die tradisionele kos en lekkernye wat hulle geniet. Ervaar die die plaaslewe soos net Makkie dit kan vertel. Ons eerste ervaring saam met die "Riemlanders" begin duisende kilometers verder Noord in die Sahara woestyn Wes van Kairo. Twee beroemde aanvoerders het kragte gemeet naby El Alamein. Die bloed van duisende manskappe het diep in die dorre sand van Egipte ingetrek terwyl Montgomery stadig die oorhand begin kry het oor die geslepe Rommel. Die slag was van deurslaggewende belang en het gelei tot die ontrekking van die Duitsers uit Afrika. 'n Strategiese oorwinning, wat ongelukkig diep sielkundige wonde op die oorlewendes nagelaat het. Gedurende die "hel" in die woestyn, was die Riemlanders daar - dag en nag soos die kanonne en bomme wat nooit opgehou het nie. Makkie neem ons tussen hulle tente, deur die loopgrawe en tot by die veld hospitaal van die Rooi Kruis. Die lewens van talle jong mans het in daardie paar dae vir ewig verander. Makkie de Beer skryf uit haar hart uit en het 'n wye ervaring van die lewe en 'n uiteenlopende vriendekring. Haar karakters voel later soos familielede en vriende wat jy bladsy vir bladsy beter leer ken en liefkry. Hulle is nie sonder foute nie en net soos ons gewone mense, probeer hulle om 'n lewe te maak vir hulleself en hulle geliefdes. Ervaar die hartklop van 'n plaas en voel saam met hulle, in hulle menslike pogings om geluk en liefde te vind. Nader aan die grond en midde in die natuur wissel die emosies soos die seisoene - van warm luilekker somersdae tot bittere koue en 'n stryd om oorlewing vir mens en dier.
Alwyn Liebenberg is gekompliseerd. Enigmaties. Dit is vir hom onaanvaarbaar dat daar in hierdie land soveel mense is wat het, sonder om dit te verdien. Obsessief op soek na sy eie Nkandla beplan hy haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-pas. Hy besluit vooraf, wat ook al gebeur, hy sit nie sy voete in 'n tronk nie. Terselfdertyd is 'n komkommerkoel polisieman besig om landwyd opspraak te maak as die nuwe superspeurder van Nelspruit. Fritz Moolman, eenkant, vasbeslote, bittereinder en dodelik akkuraat met sy Z88. Hy aanvaar onder geen omstandighede die woord "onopgespoor" op 'n dossier nie. Alwyn se pa, Ulrich, word mettertyd meedoenloos meegesleur deur die gevolge van sy enigste seun se bisarre persepsie van regverdigheid, 'n pion in die mallemeule van Alwyn se surrealistiese denke. Ulrich is nie die enigste slagoffer nie, en vir elke aksie is daar volgens die natuurwette 'n reaksie. Hoe diep is ouerliefde? Hoe diep behoort dit wees? Daar is 'n prys om te betaal ...
Vir Ella Coetsee is die lewe op die oomblik allesbehalwe 'n fees. Haar pa en ma is by 'n huwelikskamp en sy is na Timboektoe gepos. Timboektoe! Nou ja, nie heeltemal midde-Afrika nie, maar weg van haar stadslewe voel ouma Vlooi en oupa Rupert se plaas naby Steynsrus vir haar soos die boendoes. Sy kry 'n knop op haar maag as sy daaraan dink dat haar pa en ma dalk gaan skei. As sy net selfoonopvangs gehad het, sou sy nie heeltemal so eensaam en verlore gevoel het nie. Maar dan maak blondekop Deon Loodts sy verskyning. Die sestienjarige boerseun van die buurplaas lei gou Ella se aandag af van die donker wolk wat oor haar hang en die knop op haar maag wil-wil verjaag word deur vlinders van verliefdheid. By die twee plase se gedeelde begraafplaas ontdek hulle 'n regte Krugermuntstuk ... en 'n honderd jaar oue brief wat dit duidelik maak dat ten minste een moord al oor hierdie goue munt gepleeg is. Gou besef Ella en Deon dat iemand weer op soek is na die Krugermunt.
This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. |
You may like...
Neurocritical Care, An Issue of Critical…
Cherylee W.J. Chang
Hardcover
R1,659
Discovery Miles 16 590
Big Data - Concepts, Methodologies…
Information Reso Management Association
Hardcover
R17,613
Discovery Miles 176 130
|