![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter 'n vlam wat 'n vlinder se vlerkies kan skroei . . Son op die horizon: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in 'n motorongeluk. aar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik et die van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland? Haar naam was Marina Neser: 'Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat." Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het – 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.
In 1985, the city of Dallas is held in the grip of terror as a
killer prowls the night. While on a Saturday night out with friend,
Terry Donaldson, Rick May meets the mysterious Donna Leonard. So
caught up with Donna, Rick fails to learn the secret from his past
that Terry has recently discovered. Rick finds himself becoming
more intrigued by a series of brutal Dallas murders while being
drawn to Donna.
Koue water en kaviaar: Carina is gelukkig getroud, maar Tinus se prokureursklerk-salaris hou kwalik die pot aan die kook. Wanneer sy egter uitspring en werk kry by 'n uitgewery, voel Tinus in sy eer gekrenk. En boonop is die uitgewery se hoofbestuurder 'n sjarmante, aantreklike duiwel... Marietjie, Maraia, Maryne: Lugwaardin Maryne Landman kry dit hotagter. Sy het pas haar kerel afgesa, en dan word sy byna deur 'n besope passasier verwurg. Nou vrees sy boonop dat sy deur kaptein Wessel Raubenheimer afgedank gaan word, want hulle was uit die staanspoor haaks met mekaar. Onrus op Rustfontein: Wat gebeur wanneer drie pragtige niggies saamgegooi word op die ewe lieflike Laeveldplaas van hul ouma, met 'n uiters aantreklike boer op die buurplaas? Dit lei mos net tot moeilikheid...
Wanneer Lance Covington 'n baba op die agtersitplek van sy motor vind, besef hy onmiddellik wie se kind dit is – dis die pasgebore baba van 'n meisie wat verslaaf is aan tik. Hy het Jordan net probeer help, maar toe hy weer sien, word hy gearresteer en van ontvoering aangekla! Sy ma, Barbara, vra speurder Kent Harlan om hulle te help, want hy het hulle destyds gehelp om sy suster, Emily, op te spoor. So word hulle in 'n wereld van dwelmmisbruik en mensehandel gedompel. Kan Kent vir Lance help? En wat van Jordan en haar baba – of is dit reeds te laat vir hulle?
'n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel - op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, 'n verhaal wat elke leser se hart sal raak. Die jong man Sagie boer saam met sy pa op 'n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oe sien en sy lyf voel. Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.
Sandra du Toit, 'n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en in die "geheime kamer" van 'n huis by die see opgesluit. Haar ontvoerder is Gert Cloete, 'n man wat 'n obsessie ontwikkel het met die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is 'n man met vreemde dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in 'n superskoon huis. Hy glo dat hy die bose wereld sal verander deur sy verering van 'n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.
Beate is die alleenerfgenaam van 'n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie - sy gaan nie lank genoeg lewe nie.
In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .
Was daai 'n spookskip wat jy verlede somer vanaf jou handdoek op St James-strand gesien het net na jy die sand uit jou oe gevee het? Waarom wil Melbourne-rampokkers die goue seuns van Springbokrugby lewend of dood uit die span gehaal kry? Is dit sleg om lekker te voel as jy 'n vermeende verkragter se ******* met agt kilogram yster pap gemoker het? Vir antwoorde op die en talle ander tergende vrae sal jy Louis de Villiers se adrenaliengedrewe, onthutsende debuutroman moet lees. Hier is drama, humor, satire, aksie en nogmaals aksie uit die boonste rakke, maar wees gewaarsku: Die boek het 'n skop soos ’n omgesukkelde muil en is beslis nie vir sensitiewe lesers geskik nie . . .
Elke reis het 'n storie en elke storie is 'n reis. Want wat is 'n reis? Dis sekerlik wanneer 'n mens van A na B beweeg, 'n tog van een plek na 'n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer 'n mens een plek en 'n ander plek? En hoe definieer 'n mens "beweeg"? Konvensioneel gesproke beweeg 'n mens met die een of ander vorm van vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy blootgestel aan ander plekke, mense, sienswyses en gewoontes. 'n Magdom interessanthede. Interessanthede wat 'n storie word om te vertel. Dit verteenwoordig fisiese reise waar jy moet wyd kyk. Minder konvensioneel kan 'n mens ook se jy beweeg aan in jou denke. Sonder om fisiek van een plek na 'n ander te beweeg, beweeg jy in jou ervaringsveld. In jou kennis van jouself, die lewe en die mensdom om jou. Kortom, solank jy lewe, reis jy. Dis 'n reis in jou kop waar jy moet skerp kyk. En dis net so 'n goeie storie om te vertel.
Daar heers paniek en chaos in die toeristestad Brugge wanneer dit deur ’n reeks skynbaar losstaande misdade geteister word. Tussen die persoonlike besittings van ’n vermoorde Duitse sakeman word ’n vreemde foto van die madonnabeeld van Michelangelo gevind. ’n Bom verniel ’n rukkie later die standbeeld van die digter Guido Gezelle. Dit word ’n uiters moeilike opdrag vir kommissaris Pieter van In wat in hierdie warboel van misdade na die motiewe en oortreders moet soek. Wat het Michelangelo se madonna te doen met die naderende samesmelting van twee toeroperateurs? Wat is die verband tussen ’n onopgeloste bomaanval in 1967 en die skat van die Nibelungen? Die waarheid agter dié feite is gruweliker as wat enigeen kon vermoed.
Die hoofkarakter van Net 'n lewe laat 'n dagboek na waarin sy lakonies, sinies en snaaks probeer sin maak van haar lewe. Sy is tegelyk donker, grappig, robuust, boheems; hierdie sonderlinge girl van Pretoria wat nie 'n wag voor haar mond kan hou nie. Mettertyd word sy die stem van almal wat te midde van die heersende politieke woesteny hulle eie lewenstryd stry. Net 'n lewe, speel in die sosio-politieke arena van die laaste vyftig jaar af en is ’n politieke satire met sterk feministiese inslag, maar dit preek nooit nie.
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marne op Flaminke-eiland. Dis 'n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans. In Reenboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal se hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan dat sy verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz. Maar Leandri vermoed hy's eintlik verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom 'n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan...
In Londen sal sy kan vlug van alles, glo rykmansdogter Jaz. Veral van die goed wat sy wil vergeet. Fashion is haar ding, maar beslis nie skottelgoedwas in bars en loodgrys lug nie. Boonop is haar woonstelmaats nie juis waaraan sy gewoond is nie. Die flambojante Kaapse Frank staan reg om haar te help werk kry, maar watwou sal sy wat Jaz is nou waitress speel? En Annika is alte preuts - sy nooi Jaz dan glad saam na haar selgroepie! Maar nou is dit waar dat die fabulous werk in fashion nie lyk of dit gaan gebeur nie. Kinders oppas? Jaz moet dit maar 'n go gee, en die liewe klein Lily wat sy so ontmoet is 'n deel van Jaz se ontwaking tot wie sy eintlik wil wees. Haar gap-jaar word 'n tyd van leer wat sy wil doen met haar lewe, leer om op haar eie voete te staan - al is dit gillend en skreeuend - en uiteindelik ook leer wat 'n mens aan ander mense het - allerlei soorte ander mense, ook die sexy Brendan...
In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, 'n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hy verlief op Rista. In Die eerste skakel raak Tobie verlief op die skone Amanda. Daar is net een groot probleem, en dis dat die pragtige Amanda verlief en verloof is aan Vic, 'n aspirantpredikant ... En in Die Rooikop van Sonnerus raak Elise Veldman, vurige rooikoponderwyseres, se liefde vir Armand van Rijn, aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, allesoorheersend. Sy word egter getreiter deur sy reputasie as 'n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington bevind het, word met 'n fyn hand aanmekaargeweef. 'n Skrywer onthou haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth Rolland, 'n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog vroue wat hul eens op 'n tyd in Wellington bevind het.
Gracie is baie kwaad vir Ben, want hy is werkloos en het oenskynlik geen ambisie behalwe om net 'n Kung-fu musiekproduksie te skryf nie. So kwaad is sy, dat sy vir 'n ruk lank sonder Ben Jeffriesbaai toe gaan om weg te kom van hom af. Gracie is skaars weg, of tant Lien, hulle buurvrou, oortuig vir Ben om haar te help om bewyse te vind dat die Nigeriers aan wie sy 'n woonstel verhuur, dwelms verkoop. Ben willig in en dan is die gort gaar. Dit is inderdaad gevaarlike en wrede misdadigers met wie hy en tant Lien se paaie kruis. Die bloed en koeels spat en dit raak 'n hengse stryd om oorlewing vir die twee ...
Treine het nog altyd vir Marco Lange 'n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.
Van hul eerste ontmoeting was daar 'n magnetiese aantrekkingskrag tussen dokters Vasti van Vuren en Frits Spies. Maar Vasti sou dit nooit eens oorweeg om toe te gee aan die onuitgesproke gevoelens tussen hulle nie. Daarvoor gooi haar pa se siektetoestand te 'n lang skadu oor haar lewe. Daarom het sy ja gese toe dokter Jacques Hugo haar vra dat hulle verloof raak, maar sy het nie daarmee rekening gehou dat Frits Jacques se beste vriend is nie. Toe Jacques onverwags en skokkend sterf terwyl Vasti in Mosambiek noodlenigingswerk doen, is Frits die een wat tussenbeide tree. Want net hy weet van sy vriend se donker verlede, en hy is vasbeslote om Vasti daarteen te beskerm. |
![]() ![]() You may like...
The Remote Control in the New Age of…
Robert V. Bellamy, James R. Walker
Hardcover
R2,788
Discovery Miles 27 880
The Scarcity of Water - Emerging Legal…
Edward H.P. Brans, Esther J. de Haan, …
Hardcover
R8,152
Discovery Miles 81 520
SAP ERP Financials Quick Reference Guide…
Surya Padhi
Paperback
|