Alwyn Liebenberg is gekompliseerd. Enigmaties. Dit is vir hom
onaanvaarbaar dat daar in hierdie land soveel mense is wat het,
sonder om dit te verdien. Obsessief op soek na sy eie Nkandla
beplan hy haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-pas. Hy besluit
vooraf, wat ook al gebeur, hy sit nie sy voete in 'n tronk nie.
Terselfdertyd is 'n komkommerkoel polisieman besig om landwyd
opspraak te maak as die nuwe superspeurder van Nelspruit. Fritz
Moolman, eenkant, vasbeslote, bittereinder en dodelik akkuraat met
sy Z88. Hy aanvaar onder geen omstandighede die woord "onopgespoor"
op 'n dossier nie. Alwyn se pa, Ulrich, word mettertyd meedoenloos
meegesleur deur die gevolge van sy enigste seun se bisarre
persepsie van regverdigheid, 'n pion in die mallemeule van Alwyn se
surrealistiese denke. Ulrich is nie die enigste slagoffer nie, en
vir elke aksie is daar volgens die natuurwette 'n reaksie. Hoe diep
is ouerliefde? Hoe diep behoort dit wees? Daar is 'n prys om te
betaal ...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!