0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (27)
  • R50 - R100 (202)
  • R100 - R250 (412)
  • R250 - R500 (584)
  • R500+ (64)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Ccfawat n Wevyul (Afrikaans, Paperback): Uccen Marzuq Ccfawat n Wevyul (Afrikaans, Paperback)
Uccen Marzuq
bundle available
R227 Discovery Miles 2 270 Ships in 10 - 15 working days

Adlis-agi d win id-yessawlen tudert n umsedrar, tidyanin-agi bnant tillawt-is, llant s tidett. Yal taqbaylit,yal aqbayli yedder cwit seg-sent. Iles-iw yenna-d ayen illan, lmaena teqsed bab-is.

Metamorfose (Afrikaans, Paperback): Abraham Luna Metamorfose (Afrikaans, Paperback)
Abraham Luna
bundle available
R383 Discovery Miles 3 830 Ships in 10 - 15 working days
Ys en Vuur (Afrikaans, Paperback): Max Minnaar Ys en Vuur (Afrikaans, Paperback)
Max Minnaar
bundle available
R235 Discovery Miles 2 350 Ships in 10 - 15 working days
Monochroom Reenboog (Afrikaans, Paperback): Andre Fourie Monochroom Reenboog (Afrikaans, Paperback)
Andre Fourie
bundle available
R436 Discovery Miles 4 360 Ships in 10 - 15 working days
Tong in die kies - : lekkerlees kortverhale (Afrikaans, Paperback): Vernon Smith Tong in die kies - : lekkerlees kortverhale (Afrikaans, Paperback)
Vernon Smith
bundle available
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 10 - 15 working days
Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
bundle available
R502 Discovery Miles 5 020 Ships in 10 - 15 working days

Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands - dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat 'n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad en keer die hele saak op sy kop . . .

Volkskunde, Volumes 1904-1906 (Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.): Anonymous Volkskunde, Volumes 1904-1906 (Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.)
Anonymous
bundle available
R1,184 Discovery Miles 11 840 Ships in 10 - 15 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Katryn - Vrou van die Richtersveld (Afrikaans, Paperback): Jan Huisamen Katryn - Vrou van die Richtersveld (Afrikaans, Paperback)
Jan Huisamen
bundle available
R478 Discovery Miles 4 780 Ships in 10 - 15 working days
Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
bundle available
R527 Discovery Miles 5 270 Ships in 9 - 15 working days

Gebaseer op die treffer TV-reeks. Jacques Rynhard, een van die land se gewildste skrywers, verdwyn op die kruin van sy loopbaan. Joernalis Carina Human moet uitvind waar hy is, maar meer belangrik, hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings.

Kamphoer (Afrikaans, Paperback): Francois Smith Kamphoer (Afrikaans, Paperback)
Francois Smith
bundle available
R495 Discovery Miles 4 950 Ships in 10 - 15 working days
Witwatersrand (Afrikaans, Paperback): Wilbur Smith Witwatersrand (Afrikaans, Paperback)
Wilbur Smith
bundle available
R562 Discovery Miles 5 620 Ships in 10 - 15 working days

Op 'n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook 'n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na 'n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag 'n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie - nie 'n verwoede aanval deur 'n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie - en steeds bly Sean droom van 'n gesin en 'n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . .

Witwatersrand is the Afrikaans translation of Wilbur's first book - When the Lion Feeds.

Diepsee - 'n Keur uit die verhale van E. Kotze (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Diepsee - 'n Keur uit die verhale van E. Kotze (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze; Compiled by Suzette Kotze-Myburgh
bundle available
R484 Discovery Miles 4 840 Ships in 10 - 15 working days
The Art of Change (Afrikaans, Paperback): Kelly Andria The Art of Change (Afrikaans, Paperback)
Kelly Andria
bundle available
R637 Discovery Miles 6 370 Ships in 10 - 15 working days
Die Engel En Die Bont Bees (Afrikaans, Paperback): Johnita le Roux Die Engel En Die Bont Bees (Afrikaans, Paperback)
Johnita le Roux
bundle available
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Out of stock

Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk. Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reenmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om 'n oorlede vrou se as te bere waar 'n groot vloed dit sal meesleur. "Weg … see toe." Susara Vermeulen, 'n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na 'n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het. Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheid in Afrika. Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: “Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. So word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux."

Stiefkind (Afrikaans, Paperback): Yvette Aarons Stiefkind (Afrikaans, Paperback)
Yvette Aarons
bundle available
R391 Discovery Miles 3 910 Ships in 10 - 15 working days

Rene verdwaal hopeloos oppad na 'n nuwe tuiste en alles loop verkeerd. Haar ou lewe is verby en haar nuwe een verdwyn. Sy sit op die vlak van verlorenheid. Sy beland onverwags terug in haar verlede. Dan maak sy die beste van 'n slegte saak deur die opvoeding wat sy as stiefkind gehad het en probeer om bo uit te kom.

Di l?erra-k ay awal (Afrikaans, Paperback): Murad Irnaten Di lǧerra-k ay awal (Afrikaans, Paperback)
Murad Irnaten
bundle available
R435 Discovery Miles 4 350 Ships in 10 - 15 working days
Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Paperback): Thea Swan Vlug Van Die Vlinder (Afrikaans, Paperback)
Thea Swan
bundle available
R451 Discovery Miles 4 510 Ships in 10 - 15 working days

Christelle Contreau, wereldberoemde Franse konsertpianis, is baie meer as wat sy vir die wereld voorhou. Van kleins af glip sy skelm weg om haar oupa in sy werkswinkel te gaan help, tot groot frustrasie van haar ouers. Op twintig kwalifiseer sy as agent in 'n spioenasienetwerk waarby haar vader haar betrek het en word die berugte Vlinder: rats, kleurvol en onaantasbaar. Maar 'n kragtige bom verwoes die motor waarin haar vader en beste vriendin, Kristine, reis en moet die Vlinder uit haar geboorteland vlug. Onder verskeie skuilname en vermommings, ontduik sy die 'Insekdoders' tot haar omswerwinge haar uiteindelik na Suid-Afrika, Kristine se vaderland, bring. En dis in Kaapstad dat sy vir Jan Brand ontmoet. Eifel-toring van 'n man, wat haar voete in 'n oogwink skoon onder haar uitslaan. Vir 'n kort rukkie leef sy in 'n waas van ongekende geluk, maar dan dryf 'n tweede bom haar weer verder, weg van die man wat sy liefhet omdat sy vrees vir sy lewe ... as hy die bom oorleef het. Sal sy hom ooit weer sien? Sal sy ooit weer net Christelle Contreau wees? Sal die Vlinder se vlug ooit tot 'n einde kom?

Geskenke Vir Salomie (Afrikaans, English, Paperback): Ruth Love Geskenke Vir Salomie (Afrikaans, English, Paperback)
Ruth Love
bundle available
R407 Discovery Miles 4 070 Ships in 10 - 15 working days
Ella - Goue liefde (Afrikaans, Paperback): Karmen Wiid Ella - Goue liefde (Afrikaans, Paperback)
Karmen Wiid
bundle available
R51 Discovery Miles 510 Out of stock

Vir Ella Coetsee is die lewe op die oomblik allesbehalwe 'n fees. Haar pa en ma is by 'n huwelikskamp en sy is na Timboektoe gepos. Timboektoe! Nou ja, nie heeltemal midde-Afrika nie, maar weg van haar stadslewe voel ouma Vlooi en oupa Rupert se plaas naby Steynsrus vir haar soos die boendoes. Sy kry 'n knop op haar maag as sy daaraan dink dat haar pa en ma dalk gaan skei. As sy net selfoonopvangs gehad het, sou sy nie heeltemal so eensaam en verlore gevoel het nie. Maar dan maak blondekop Deon Loodts sy verskyning. Die sestienjarige boerseun van die buurplaas lei gou Ella se aandag af van die donker wolk wat oor haar hang en die knop op haar maag wil-wil verjaag word deur vlinders van verliefdheid. By die twee plase se gedeelde begraafplaas ontdek hulle 'n regte Krugermuntstuk ... en 'n honderd jaar oue brief wat dit duidelik maak dat ten minste een moord al oor hierdie goue munt gepleeg is. Gou besef Ella en Deon dat iemand weer op soek is na die Krugermunt.

Susanna M. Lingua Gunstelinge 3 (Afrikaans, Paperback): Susanna M. Lingua Susanna M. Lingua Gunstelinge 3 (Afrikaans, Paperback)
Susanna M. Lingua
bundle available
R387 Discovery Miles 3 870 Ships in 10 - 15 working days

Die groot legkaart, waarin Tina Eksteen se kortstondige maar idillies gelukkige huwelik beeindig word en sy boonop van haar pasgebore seuntjie beroof word. Maar net toe dit lyk of die noodlot haar opnuut wil teister, begin die stukkies van die legkaart uiteindelik pas . . . Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . en ware liefde. En Winde van herinnering, waarin Thea Strassheim tydens haar gedwonge verblyf op die landgoed Hamilton Estate moet besluit: sal sy haar lewe op die altaar le in ruil vir kortstondige geluk saam met die man wat sy meer as haar eie lewe bemin?

Sarah du Pisanie Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback): Sarah du Pisanie Sarah du Pisanie Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback)
Sarah du Pisanie
bundle available
R413 Discovery Miles 4 130 Ships in 10 - 15 working days

In 'n Juffrou vir Skurwekop regeer Bertus Kruger met 'n ysterhand oor sy klein koninkryk - Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand - en inspireer hulle onwetend om 'n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. In Hard soos kameeldoringhout wonder Martie Schlage wat sy die meeste vrees - dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Sy trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa op Grootfontein uitkom. En in Sandroos uit Meob het Louw Greyling net een doel voor oë - om Braam Venter te vergeld en sy diamante terug te kry. Suster Ansa, die jong non van die verlate myndorpie Meob, is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook 'n roete na sy hart is . . .

Elize Parker Omnibus (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Elize Parker Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
bundle available
R231 Discovery Miles 2 310 Out of stock

Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele en liefdeslewe. Daar is suksesse en teleurstellings, vreugde en hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seevier. Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ’n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
bundle available
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 12 - 17 working days

In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer.

Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer.

Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie.

Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet?

’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice.

Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
bundle available
R934 Discovery Miles 9 340 Ships in 10 - 15 working days

In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? En in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek die maatskaplike werker Lisbe Erwee 'n nuwe geval in Keerboomstraat en word onvermydelik in die wag-'n-bietjiebos van die lewe vasgevang.

Plesierengel (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Plesierengel (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
bundle available
R431 Discovery Miles 4 310 Ships in 10 - 15 working days

Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Bloedsomer
Sidney Gilroy Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050
Na 'n Plaas In Afrika
Irma Joubert Paperback R370 R318 Discovery Miles 3 180
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Die Hart Het Sy Redes
Helena Gunter Paperback R225 Discovery Miles 2 250
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Al Wat Tel
Irma Venter Paperback R330 R284 Discovery Miles 2 840
Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin
Julio Agrella Paperback R306 Discovery Miles 3 060
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140

 

Partners