0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (776)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Madefu se Dieregiere en Goggageite - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sybie Kleynhans Madefu se Dieregiere en Goggageite - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sybie Kleynhans
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 18 - 22 working days
Pastoor (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Pastoor (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Jansie Ziman weet daar het iets verskrikliks met sy vrou gebeur toe sy 'n kind was. Hy weet Kleintjie het 'n berader nodig, hy kan dit insien. En hy moet toegee, sedert sy hierdie Wanda-vroumens begin sien het, lyk dit asof daar iets van die vrag op haar skouers afgelig is. En dit sal seker help as Kleintjie, soos die sielkundige voorstel, haar verhaal begin neerskryf. Hy sal help lees, ja, hy weet mos wat om te verwag. Jansie Ziman het geweet, maar ook nie geweet nie. Weekliks kry hy ’n stapeltjie papier van sy vrou. Hy sukkel aanvanklik, maar leer later haar gedagtestroom verstaan. Dit is die weergawe van Kleintjie se gesprek met die sielkundige, kan hy sien, maar dit is 'n maalkolk van 'n gesprek, 'n byna desperate skermutseling wat om en om tol om ’n donker gat, en stelselmatig in daardie donker gat afgesleur word. En daardie donker gat het ’n naam. Sy naam is Pastoor. Pat Stamatelos vertel op ’n skreiend aangrypende wyse die ware verhaal van ’n vrou wat as ’n jong kind in die hande van ’n pedofiel beland het – in die hande van ’n kerkleier wat sy duiwelswerk onder die dekmantel van jeugberading verrig. Dit is die verhaal van ’n kind wat deur haar lewensomstandighede in hierdie leeukuil gewerp is, die verhaal van ’n vrou wat stadig doodbloei aan die wond wat daardie pastoor haar toegedien het, met die hulp van haar pleegouers se ellendige onkunde. 'n Mindere skrywer sou maklik hiervan iets sensasiewekkend kon maak, maar Pat Stamatelos se hantering daarvan is ’n noukeurige studie van ’n verwonde psige, en ’n onverskrokke oopvlekking van ’n kanker aan die hart van ons samelewing. Hartverskeurend en terselfdertyd absoluut aangrypend.

Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer.

Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesę as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer.

Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie.

Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sę dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet?

’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice.

Die Man Langsaan (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Die Man Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Paloma glo nie sy’s mooi genoeg vir so ’n aantreklike, suksesvolle man nie en wil nie betrokke raak nie. Arno sien net die mooi in mense raak. Mettertyd, leer Paloma dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehę te word nie.

Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R526 Discovery Miles 5 260 Ships in 18 - 22 working days

In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp.

In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou?

En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .

Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R538 Discovery Miles 5 380 Ships in 18 - 22 working days

Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.

Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.

Stefan kon Karolien nooit heeltemal vergeet nie. Maar hy het ’n sekuriteitsfirma en ’n verhouding hou gevare in. Die vreemde motor by Karolien se blyplek bevestig dat ou vyande weer op sy spoor is.

Kan hy vir Karolien beskerm sonder om sy hart te verloor?

Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R522 Discovery Miles 5 220 Ships in 18 - 22 working days

In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ... En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.

Die Man (Afrikaans, Paperback): Pienkus du Plessis Die Man (Afrikaans, Paperback)
Pienkus du Plessis
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Die Man teken in vyf sketse 'n vreemde, afsydige wereld van mense en plekke en omstandighede wat vaagweg aan laasnag se drome herinner. Maar drome vervaag reeds vroeg-oggend en die vyf verhale bly nog lank in 'n mens se kop rondmaal. En van die sketse Die Man wat so eerlik was, was in 1964 'n gewilde kortverhaal in die tydskrif Sarie Marais terwyl twee ander aanvanklik as radio-hoorspele uitgesaai is. Die skrywer skets doelbewus die karakters en gebeure op 'n afstand, sonder detail van gevoel en meelewing. Vandaar die strak, gestroopte skryfstyl, uniek aan Pienkus, dwarsdeur hierdie afsonderlike reeks man-sketse. Die Man bewys dat Pienkus du Plessis die kuns ken om boeklesers tot in die hart van sy stories te trek en te bly boei.

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geďnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Bloed Familie (Afrikaans, Paperback): M. S. Burger Bloed Familie (Afrikaans, Paperback)
M. S. Burger
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie debuutbundel word die eenheid wat deur die onderlinge verband tussen die afsonderlike verhale geskep word, as versterkende tegniek ingespan.

Dit vorm nie net tematies ’n eenheid nie maar vertoon ’n terugkerende ooreenkoms van situasie en karakters, byvoorbeeld twee susters waarvan een mooier en inkenniger is, ’n familie se sieklik geykte uitdrukkings en maniërismes, ’n problematiese verhouding met die ma, geskeide en hertroude ouers, die ma se verknogtheid aan haar honde, lesbiese verbintenisse, mislukte of betekenislose verhoudings, siellose seksuele ervarings, onmag om deel van die konvensionele gesins- en familieopset te word.

Een keurder beskryf die verhale as stilisties en tegnies knap, met “sterk en sprankelende dialoog en beeldryke milieuskildering”.

Dis Koue Kos, Skat (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Dis Koue Kos, Skat (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R553 Discovery Miles 5 530 Ships in 18 - 22 working days
Fado vir 'n vreemdeling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Margaret Bakkes Fado vir 'n vreemdeling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Margaret Bakkes
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days
Die geheime kamer (Afrikaans, Paperback): Corlia Fourie Die geheime kamer (Afrikaans, Paperback)
Corlia Fourie
R246 Discovery Miles 2 460 Ships in 4 - 6 working days

Sandra du Toit, 'n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en in die "geheime kamer" van 'n huis by die see opgesluit. Haar ontvoerder is Gert Cloete, 'n man wat 'n obsessie ontwikkel het met die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is 'n man met vreemde dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in 'n superskoon huis. Hy glo dat hy die bose wereld sal verander deur sy verering van 'n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.

Kopreis (Afrikaans, Paperback): Gerrit Rautenbach Kopreis (Afrikaans, Paperback)
Gerrit Rautenbach
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Elke reis het 'n storie en elke storie is 'n reis. Want wat is 'n reis? Dis sekerlik wanneer 'n mens van A na B beweeg, 'n tog van een plek na 'n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer 'n mens een plek en 'n ander plek? En hoe definieer 'n mens "beweeg"? Konvensioneel gesproke beweeg 'n mens met die een of ander vorm van vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy blootgestel aan ander plekke, mense, sienswyses en gewoontes. 'n Magdom interessanthede. Interessanthede wat 'n storie word om te vertel. Dit verteenwoordig fisiese reise waar jy moet wyd kyk. Minder konvensioneel kan 'n mens ook se jy beweeg aan in jou denke. Sonder om fisiek van een plek na 'n ander te beweeg, beweeg jy in jou ervaringsveld. In jou kennis van jouself, die lewe en die mensdom om jou. Kortom, solank jy lewe, reis jy. Dis 'n reis in jou kop waar jy moet skerp kyk. En dis net so 'n goeie storie om te vertel.

Kaapstad Karma-polisie - Ontmoet Die Bokke (Afrikaans, Paperback): Louis de Villiers Kaapstad Karma-polisie - Ontmoet Die Bokke (Afrikaans, Paperback)
Louis de Villiers
R181 Discovery Miles 1 810 Ships in 4 - 6 working days

Was daai 'n spookskip wat jy verlede somer vanaf jou handdoek op St James-strand gesien het net na jy die sand uit jou oe gevee het? Waarom wil Melbourne-rampokkers die goue seuns van Springbokrugby lewend of dood uit die span gehaal kry? Is dit sleg om lekker te voel as jy 'n vermeende verkragter se ******* met agt kilogram yster pap gemoker het? Vir antwoorde op die en talle ander tergende vrae sal jy Louis de Villiers se adrenaliengedrewe, onthutsende debuutroman moet lees. Hier is drama, humor, satire, aksie en nogmaals aksie uit die boonste rakke, maar wees gewaarsku: Die boek het 'n skop soos ’n omgesukkelde muil en is beslis nie vir sensitiewe lesers geskik nie . . .

Vat 'n Gap (Afrikaans, Paperback): Jana du Plessis Vat 'n Gap (Afrikaans, Paperback)
Jana du Plessis
R194 Discovery Miles 1 940 Ships in 4 - 6 working days

In Londen sal sy kan vlug van alles, glo rykmansdogter Jaz. Veral van die goed wat sy wil vergeet. Fashion is haar ding, maar beslis nie skottelgoedwas in bars en loodgrys lug nie. Boonop is haar woonstelmaats nie juis waaraan sy gewoond is nie. Die flambojante Kaapse Frank staan reg om haar te help werk kry, maar watwou sal sy wat Jaz is nou waitress speel? En Annika is alte preuts - sy nooi Jaz dan glad saam na haar selgroepie! Maar nou is dit waar dat die fabulous werk in fashion nie lyk of dit gaan gebeur nie. Kinders oppas? Jaz moet dit maar 'n go gee, en die liewe klein Lily wat sy so ontmoet is 'n deel van Jaz se ontwaking tot wie sy eintlik wil wees. Haar gap-jaar word 'n tyd van leer wat sy wil doen met haar lewe, leer om op haar eie voete te staan - al is dit gillend en skreeuend - en uiteindelik ook leer wat 'n mens aan ander mense het - allerlei soorte ander mense, ook die sexy Brendan...

Verklikker (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Verklikker (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Treine het nog altyd vir Marco Lange 'n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie.

Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.

Tien Uit Tien (Afrikaans, Paperback): Fanus Rautenbach Tien Uit Tien (Afrikaans, Paperback)
Fanus Rautenbach
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Tien uit tien: Stories en Segoeters van Fanus Rautenbach bevat 'n keur van sy allerbeste oorspronklike vertellings wat gedurende die 1950's in Die Huisgenoot gepubliseer is. Van vermaaklike, spitsvondige stories in die Langenhoven-tradisie tot by sy bekroonde liegstorie "Die vis - en Petrus de Beer" is almal terug te vind in hierdie heerlike humoristiese bundel, saamgestel deur Danie Botha. Met as spesiale toegif ook sy ontroerende dokumenter "Die hemelkinders" wat radiogehore se harte geraak het.

Tou (Afrikaans, Paperback): Piet Steyn Tou (Afrikaans, Paperback)
Piet Steyn
R72 Discovery Miles 720 Ships in 4 - 6 working days

Meer en meer van die grutonele word ontdek, in 'n populierbos op die Vrystaatse platteland, in 'n vervalle huis in 'n Johannesburgse voorstad, dan in 'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van 'n tak of 'n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors 'n lys oortredings met daarby die embleem van 'n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem. Suspisie jeens 'n geliefde kollega is die keer superintendent Pine Pienaar se groot kopseer. Sy Goudveldse kollega Jan du Plessis s'n was 'n lang ruk 'n stywe knie, maar nou is dit die verdwyning van die een jong Goudveldse meisie na die ander, en die ontdekking op 'n plaas naby Wesselsbron van drie lyke wat van 'n boomtak hang. Iewers tussen die Goudstad se mynhope en die Goudveld se slymdamme le die antwoord op die jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.

Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lę. Maar o, daardie man wat sę hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughę nie. Sy wil net haar geld terughę en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Lig Wankelend (Afrikaans, Paperback): Gerhard Scholtz Lig Wankelend (Afrikaans, Paperback)
Gerhard Scholtz
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter van Leipzig alleen in Kaapstad-hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en 'n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriend, wat 'n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wereldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n węreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europe is sy onthuis. Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste: die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers.

Lelies vir Louisa (Afrikaans, Paperback): Rosita Oberholster Lelies vir Louisa (Afrikaans, Paperback)
Rosita Oberholster
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Kan ’n saffier mens na jou herkoms lei?

Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.

In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ’n kinderhuisstoep gelos met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie. Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.

Lammervanger (Afrikaans, Paperback): Frans van Rensburg Lammervanger (Afrikaans, Paperback)
Frans van Rensburg
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Johannes se pa het sy werk verloor en sy ma werk nou as bediende by die ryk oom Alfred Botha. Johannes sien dat oom Alfred besonder baie van hom hou en hy besef dat as hy sy kaarte reg speel, sal die oom help dat hy 'n akademiese toekoms het. Hy besef dat hy hulle armoede sal kan oorkom as hy toegeeflik is teenoor oom Alfred, en hy besluit om wel vir die oom te gee wat hy graag wil he. Maar wanneer sy ma daarvan uitvind, pleeg hy uit skaamte selfmoord. Dan vertel hy sy verhaal uit die hemel uit.

Die Grysland-Verblyf (Afrikaans, Paperback): Jaco Fouche Die Grysland-Verblyf (Afrikaans, Paperback)
Jaco Fouche
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 6 working days

Phillip is 'n skilder met een uitstalling agter die rug. Om den brode begin hy weer by 'n finansiele instelling in Bellville werk. Hy bly net om die draai en naweke neem hy die trein na die middestad om sy nuwe kunstenaarsvriende te besoek. Een oggend op die trein besef hy dat mense hom met agterdog bejeen. Ook sy buurman het 'n vendetta teen hom en daar is 'n reuk in sy woonstel wat hom telkens oorweldig . . . Die grysland-verblyf is 'n teer, onsentimentele blik op die geleidelike aftakeling van ’n man wat ly aan skisofrenie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Onsigbare
PJO Jonker Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Moederland
Madelein Rust Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Dolos
Jaco Wolmarans Paperback R360 R321 Discovery Miles 3 210
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Zeus Van Wyngaardt En Die Skrikgodin
Julio Agrella Paperback R333 Discovery Miles 3 330

 

Partners