Toe Jak Stapelberg die pos van algemene bestuurder van die Sonderkloof-
goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en
boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie.
Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steiner sy voorwaarde stel: Jak
moet doen wat hy vra, sonder teenspraak.
En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net
eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het
rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie.
Terwyl dié magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die
ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat
gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar
gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . .
Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die
1960’s in dié Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!