![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
’n Plaaslike spioenasie wipplankrit.. Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil… Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor? Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer… Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?
Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgele; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoerskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandre van der Westhuizen. Zandre, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het ’n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, he. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.
Karla keer uit Australië na Suid-Afrika terug. Maar sy dra swaar aan haar onverwerkte skuld en woede uit die verlede. En die aantreklike Chris maak nie dinge makliker nie want hy het self ’n onverwerkte verlede.
Marco Verkerk is die seun van Nederlandse immigrante en word groot op 'n plattelandse dorpie. Hy is 'n buitestander en 'n dwelmslaaf wat, ten spyte van sy familie se ondersteuning, telkens weer terugval en desperaat soek na verlossing. Hottie kom na jare uit die tronk na sy aandeel in 'n gewapende roof. Hy dra pynlike herhinneringe van diskriminasie en onreg teen hom saam. Sam, Hottie se beskermengel in die tronk, het die doodstraf gekry het na 'n plaasmoord. Hy word op parool vrygelaat. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef. In een verskriklike nag verstrengel hierdie lewens in 'n orgie van bloed en geweld – 'n nag van katarsis vir Sam, Hottie en Marco.
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Na 'n uitval pak Donne haar tas en stuur vir haar man 'n e-pos om te se hy moenie na haar kom soek nie. Sy huur 'n meenthuis en begin met die roman wat sy so lankal wou skryf. Die probleem is dat so baie debuutromans eintlik maar outobiografies is. Dus skep sy 'n roman rondom die onbekende en afwesige vrou by wie sy die meenthuis huur. Gaandeweg word die verskil tussen werklikheid en fiksie ontstellend klein.
Hy huiwer voordat hy klop. 'n Spiertjie spring in sy wang; hy raak aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is 'n plaatjie met die woord "skoolhoof". Hy het 'n lang pad gekom. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole waar die probleme nie armoede of geweld is nie, maar iets soos eetversteurings. Hy het in 'n doolhof beland, weet hy. Moontlike antwoorde lei net na ander vraagstukke; nuwe invalshoeke ontbloot net verdere krisisse. Hy kry te doen met karakters en situasies wat die skokkende statistiek in sy leeswerk tot grieselige lewe verwek. Hy huiwer voor hy klop... Theo Kemp se debuut is 'n deurtastende ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ook 'n pakkende verhaal oor die een wat die ondersoek doen. Dis 'n reisverhaal waarin nie net 'n komplekse aktualiteit verken word nie, maar ook die lewe van die reisiger, van 'n lewe in Suid-Afrika.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Carli Botha was almost seven when her Italian-born mother, Bella, died during the birth of her malformed, brainless [anencephalitic] brother. At the childbed Carli overhears Lena, for many years the domestic at the Grootvlei farm house, saying, “It’s a cathead, Master.” Carli is left behind in the care of her dipsomaniac father, Wilhelm. Dora also helps out in the farm house at times. During the day she comes to Carli’s rescue. A strong woman, the sword dangling over the head of the master of Grootvlei is in her hands. She knows the secrets of the farm back to the days of grandpa Maans, and she would talk, that much Wilhelm Botha knows...
Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.
Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur "lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome". Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.
Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n kombinasie van erotiek en gevaar, ’n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit ’n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel ’n viering van onblusbare lewensdrif.
In hierdie vierde kortverhaalbundel verskyn 'n versameling landskappe waarin menslike ervaring uitgebeeld word binne die groter stroming van die verbygaande tyd. In hierdie landskap maak diere hulle verskyning om die skynbare orde te versteur. 'n Likkewaan skuil onder 'n dogter se bed; bosvarke versteur mensgemaakte grense; deur 'n treinvenster word 'n vasgekettingde sirkusolifant gesien. Die verhale is atmosfeerryk en vol suggestie. Dikwels is dit dit wat nie gese word nie, wat die hardste praat.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Romanse, maar vol millenniër-kinkels “Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.” “Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?” “Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.” Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae. Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad? Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.
Alma Carstens se eerste omnibus ... Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel. Kaapse draai: Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie. Tyd sal leer: Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees. Luca se obsessie: Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel. Wat het verander in die Provenkaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly? Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat – Rue de l'eglise – van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence – en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provenkaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Ryna van Rensburg vlug weg van haar verlede na Meeuland, 'n eiland aan die Weskus. Daar is dit Attie Langhans wat haar weer soos 'n vrou laat voel – al lyk hy op die oog af maar stuurs. En gou blyk dit dat die eiland se lief en leed nie los staan van die dorpslewe op die vasteland nie. Waar ontrou en menslikheid, geldgierigheid en goedheid deureengevleg is in 'n vertelling van twee gemeenskappe, wit en bruin. Twee verhale wat uiteindelik hand aan hand loop.
Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het. Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag. Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie? Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.” Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Bestemmings is 'n kortverhaalbundel met reis as sentrale tema. In feitlik al die verhale is daar karakters op reis – op reis na bestemmings binne en buite hulself. Telkens kom karakters in die vreemde tot nuwe gewaarwordinge omtrent hul bestaan. Dit is toeganklike verhale, sprankelend en sexy, en in elke storie word jy bekoor deur Van der Vyfer se vemoe om interessante, minsame, hedendaagse karakters as't ware deel van die leser se vriendekring te maak. Die bundel bied merendeels vermaak in die beste sin van die woord, maar daar is ook enkele donkerder verhale waarin onder meer die aanvaarding van die dood van 'n geliefde op 'n onthutsende en literer oortuigende wyse aangeroer word. |
You may like...
|