Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele
middeljarige wit mans: hy is afgele; hy wat in die eerste helfte
van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n
uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers
waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoerskool reeds gekies het bo sy
teenstander, Zandre van der Westhuizen. Zandre, intussen Niek se
minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n
magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper
is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy
ego het ’n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy
nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n
familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool
en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se
boyfriend, Tommie, he. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit
die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te
begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle
eiendomsagent en Niek nou die huishulp.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!