Hy huiwer voordat hy klop. 'n Spiertjie spring in sy wang; hy raak
aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is 'n plaatjie met die
woord "skoolhoof". Hy het 'n lang pad gekom. Sy navorsing oor die
Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat
brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole waar die
probleme nie armoede of geweld is nie, maar iets soos
eetversteurings. Hy het in 'n doolhof beland, weet hy. Moontlike
antwoorde lei net na ander vraagstukke; nuwe invalshoeke ontbloot
net verdere krisisse. Hy kry te doen met karakters en situasies wat
die skokkende statistiek in sy leeswerk tot grieselige lewe verwek.
Hy huiwer voor hy klop... Theo Kemp se debuut is 'n deurtastende
ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ook
'n pakkende verhaal oor die een wat die ondersoek doen. Dis 'n
reisverhaal waarin nie net 'n komplekse aktualiteit verken word
nie, maar ook die lewe van die reisiger, van 'n lewe in
Suid-Afrika.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!