![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Toe Marina vra of sy haar derde roman in die stilte van die bos op sy
plaas kan kom skryf, sê Hugo ja. Marina was altyd ’n vaal meisietjie
met haar neus in die boek, maar dit pas hom.
Ná trauma en verlies vlug Kayla na Dwarskersbos om rigting te soek.
Jack kom ook na die vissersdorpie om oor sy toekoms te besluit. Op die
strand sien Kayla hom elke dag op die rotse, maar steur haar nie aan
hom nie. Toe sy haar voet sny, moet sy Jack se
Chloe Basson is bang vir rillers en spoke. Nou moet sy die bekroonde
skrywer Zack Basson by ’n verlate kasteel op Lesotho se grens ontmoet.
Jong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in ’n hysbak vasgevang ná ’n
ontploffing. Hulle leer mekaar in daar die put van vrees en pyn ken.
Alexa en Bryan is van dag een af soos olie en water. Hy is openlik
gekant daarteen dat ’n vr ou sy seun se rugbysp an afrig. Alexa skrik
egter nie vir die dodelike aantreklike en bedonderde man nie. Sy is
immers die dogter van ’n oud-Springbok en het self ook op die veld
gedraf.
Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor
dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in
Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor
is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit
was ondenkbaar dat ’n geestelike leier soos sy, wat ’n enorme impak op
haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word.
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas.
Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk,
maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou.
Samantha, ’n kunstenaar, woon met haar hond op Kruisklipbaai ná haar
verloofde se dood. Sy stel glad nie in ’n verhouding belang nie. Staan
sy egter ’n kans teen die ernstige man wat haar en Wolf een oggend uit
die seestroom red?
Lienke Botha: 23 jaar oud, hoof van Openbare Betrekkinge, honneursgraad in Kommunikasiekunde, praat Xhosa vlot en is rekenaarvaardig. Lienke Botha se sorgvrye lewe verander ingrypend toe sy vir die eerste keer werklik haar hart verloor. Sy gee haarself oor aan 'n allesoorheersende verliefdheid op die aantreklike dokter Gerhard Deetlefs. Sonder om aan die gevolge te dink, laat Lienke toe dat sy gelei word van die een verkeerde besluit na die volgende. Teen die tyd wat haar 'regmaak' plan in werking tree, is daar min oor van die gesonde verwysingsraamwerk waarmee sy as plaaskind grootgeword het. Haar selfopgelegde pad na vergifnis is besaai met uitdagings. Sy groei as nuutgebore mens, maar haar diepgesetelde liefde vir Gerhard, wat haar uit haar lewe verdwyn, bly onveranderd. Hoekom klou haar hart aan die krummels van herinneringe wat nie genoeg was om Gerhard se liefde te behou nie? Liefde vir Lienke is 'n geslaagde liefdesverhaal in die egte klubroman-tradisie. Dit is van die begin af vol drama. Die leser wonder heeltyd wat gaan gebeur. Situasies en die karakters se gevoelens word realisties weergegee.
Die donker het 'n manier om jou in te haal. Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.
Dis twaalf jaar vandat Anika se pa afgedank is en hulle gesin van die
Grahams se plaas af weggejaag is. Sy is seker die man wat haar as
perdetemmer aangestel het besef nie wie sy is nie, en dit is goed.
Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in
’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en
jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen
vrywillige werk by die neonatale afdeling van ’n hospitaal om die
honger na haar eie kind te stil.
Niekie Rabie is haar moeilike aktrise-suster, Irene, se oorwerkte assistent en val al jare lank vir Irene se miserabele akteur-ekse. Ná haar laaste traumatiese verhouding sweer sy alle mans af. Toe die aksieheld Ruhan Arendse op die filmstel verskyn, bly Niekie ver uit sy pad, want Irene het die man vir haarself opgeëis. Ruhan laat hom egter nie voorskryf nie en sien Niekie raak in die skadu van haar suster, en ontdek haar talent. Maar wat is sy motiewe?
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy "eie mense", in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die "barbare" nie so sleg behandel nie, nie so vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net een van hulle doodgeslaan, maar dit was lank gelede.
Eiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het
nog nooit ’n klimaks ber eik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel
verstuit.
Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis. Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wereldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self. Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.
Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n
onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld
wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma is en Kruger haar
hoërskoolliefde.
Verhale uit die hartland. Al die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste. Heerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne ’n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.
Pandora se kruik is oop ...
Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous! Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet! Liewe leser, laat ek myself voorstel: Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig. Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie. Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval. Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie. Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom. O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed. Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.
Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin. Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke. Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?
Alicia van Aarde is tuis in haar werk as bibliotekaresse en in
Amsterdam. Toe haar ma, Elizabeth, vir Alicia na haar troue uitnooi,
word hulle bande weer versterk. |
You may like...
|